Donderdag 16 Julie – Maar ek sal vertrou op die Here
Miga 7: 1-7
Die situasie van Miga en sy landgenote is baie beroerd. Dit het generasies vantevore al begin toe Israel in twee geskeur het – die Noordryk en die Suidryk. Van toe af was daar rusie en wantroue onder die twee geskeurde dele van die Israel. Op ’n stadium sou hulle saamstaan teen die oorheersende mag van die tyd, die Assiërs, maar toe trek die een kop uit en die ander een is kwaad vir hulle en wil hulle gaan straf. Daarom dat Miga die beroerde situasie beskryf waar gesinslede nie eens mekaar kan vertrou nie. Kan jy jouself indink hoe spanningsvol so ’n lewe moet wees? Die heeltyd wonder jy wanneer en hoe gaan iemand jou kul of seermaak. Jy voel nie eers veilig in jou eie huis of land nie! Alles en almal is jou vyand!
In hierdie hele deurmekaarspul het nie die Noorde of die Suide eers daaraan gedink om vir die Here om hulp te vra nie! Dit is die grootste hartseer van hierdie hele verhaal. Hulle het op hul eie planne vertrou eerder as om op die Here te vertrou. Mettertyd het hul waardes en sedes agteruitgegaan en het hulle glad nie meer aandag aan God gegee nie. Hulle het al hoe meer agter aardse dinge aangehardloop, veral geld, en hulle het net omgesien na hul eie belange. Terwyl al die mense en die samelewing in so ’n bose situasie ondergaan, is dit die gelowiges wat staande bly en nie saam ondergaan nie.
Gelowiges hou vas aan dit wat die Bybel vir hulle leer en daarmee saam hul toekomshoop! Die hoop dat geregtigheid wel eendag sal geskied deur ons regverdige God. Die Here bly altyd getrou. Gelowiges vertrou nie op hulself nie, maar eerder op God. Hy help dat ons nie ingetrek en meegesleur word deur die wêreld se wantroue en selfsug nie. Mag ons Christus se gesindheid van nederigheid voor God en sy selfopoffering aanneem. Dan kan ons saam met Miga sê: Maar ek sal vertrou op die Here, ek sal wag vir die God wat my red. My God sal my gebed verhoor.
Ds Waldo Pretorius, Ventersdorp
Donderdag 8 Januarie – Die hemel getuig van die mag van God
Psalm 19: 1-15 Hierdie psalm is nog ’n pragtige poëtiese natuurpsalm. Dit verteenwoordig ’n interpretasie van die skepping. Daar is drie duidelike onderdele en dit is juis in die samehang tussen die dele waar ons die treffende boodskap van die psalm vind. In verse 2...
Woensdag 7 Januarie – ’n Verbygaande spikkeltjie
Psalm 8: 1-10 Ons lees vandag weer Psalm 8, maar vanuit ’n ander perspektief. Die psalmdigter dink oor sy lewe: Here wat is die mens tog? As ek kyk na die werk van u vingers, die maan, die sterre, die groter geheel, wat is ek tog? ’n Verbygaande spikkeltjie. Die...
Dinsdag 6 Januarie (Epifanie – Verskyningsfees) – Die skepping bring ons tot verwondering
Psalm 8: 1-10 Hier is iemand aan die woord wat baie duidelik nog homself aan die skepping kan verwonder. Ons wonder dadelik hoeveel van hierdie verwondering nog by ons leef. Ons samelewing het in ’n groot mate verwonderingsarm geword. Ons programme is vol, ons is...
Maandag 5 Januarie – Die wyfie moet jy laat wegvlieg
Deuteronomium 22: 6-7; Matteus 10: 29 Een van die wonderlikste eienskappe van God is dat Hy wat die Grote en Almagtige God is, Homself ter wille van ons ook so klein kan maak. Dit gebeur wanneer Hy intens en volledig by die klein detailtjies van ons lewens betrokke...
Sondag 4 Januarie – Die natuur – spieëlbeeld van God se werking met ons
Jesaja 11: 1-9 In hierdie tyd van Epifanie kyk ons na die impak wat Jesus se lewe en bediening op die gelowiges van sy tyd en alle eeue gehad het. Jesus vernuwe ook ons denke oor die skepping van God. Dit is ons tema vir hierdie week. Die wisseling van seisoene, en...
Saterdag 3 Januarie – Voorneme om te ervaar
Hebreërs 4: 11-13 (AFR2020) Laat ons ons dan beywer om in daardie rus in te gaan, sodat niemand dalk in dieselfde patroon van ongehoorsaamheid verval nie. Want die woord van God is lewend en kragtig, en skerper as enige tweesnydende swaard. Dit dring deur tot by die...