Maandag 2 Februarie – Wat is liefde?

1 Korintiërs 13

Wat is liefde? Is dit ’n gevoel? Is dit iets wat jy vir ander doen? Is dit iets wat net natuurlik vir mense voorkom? Oor die eeue heen was liefde ’n bekende konsep, en dit is nog steeds. Maar almal verstaan liefde anders. Selfs mense van verskillende kulture verstaan dit anders.

In baie Westerse kulture, veral in plekke soos die VSA of Europa (en selfs hier in Suid-Afrika), word liefde geïdealiseer en word dit met individualiteit en persoonlike vervulling geassosieer. Uitdrukkings van liefde sluit dikwels groot romantiese gebare in. 

In Oosterse kulture, soos byvoorbeeld in Japan en Indië, word liefde gesien deur die lens van plig, familie en gemeenskap. Verhoudings word as interafhanklik gesien, en die welstand van die gesin word bo individuele begeertes geprioritiseer.

In baie Midde-Oosterse kulture is liefde en verhoudings diep verweef met tradisionele waardes en die familie se eer. In baie Afrika-kulture is liefde en verhoudings nou gekoppel aan gemeenskap. Liefde word beskou as ’n veelsydige konsep wat respek, sorg en wedersydse ondersteuning insluit. Maar hierdie is hoe die wêreld die liefde sien.

1 Korintiërs 13 beskryf hoe God se liefde lyk, veral soos toe Jesus onvoorwaardelik vir ons sy lewe gegee het. Elke eienskap wat daar in die teks vir liefde gegee word, is hoe Jesus se onvoorwaardelike liefde lyk: geduldig, vriendelik, nie afgunstig nie, nie grootpraterig nie, nie verwaand nie, ensovoorts. Ware Christelike liefde is die omvattendste menslike eienskap wat daar is. Dit het tot gevolg dat ’n mens onselfsugtige naastediens verrig; dit is die bewys dat jy opreg omgee. God steek ’n vlammetjie aan in die harte van sy kinders omdat Hy hulle lief het. Hulle het dan weer ander lief, en so versprei die warmte van God se liefde na alle mense.

Ds Tanya Maartens, Klerksdorp-Wilkoppies

Donderdag 17 Julie – Die krag van die Gees

Handelinge 1: 8 (AFR2020) Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle moet my getuies wees in Jerusalem, in die hele Judea en Samaria, en tot aan die einde van die aarde. Net voor sy hemelvaart bemagtig Jesus sy dissipels en gee aan...

read more

Woensdag 16 Julie – Die vrug van die Gees

Galasiërs 5: 22-23 (AFR2020) Maar die vrug van die Gees is: liefde, blydskap, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen hierdie soort dinge is daar nie ’n wet nie. Paulus onthul hier die kenmerke wat sigbaar word in die...

read more

Dinsdag 15 Julie – Die Gees en ons swakheid

Romeine 8: 26-27 (AFR2020):J  So kom die Gees ons in ons swakheid tot hulp, want ons weet nie mooi waarvoor ons behoort te bid nie; maar die Gees tree self vir ons in met versugtinge wat nie verwoord kan word nie. Hy wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van...

read more

Maandag 14 Julie – Die Gees van waarheid

Johannes 16: 13 (AFR2020) Maar wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die volle waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself praat nie, maar Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die toekomstige dinge aan julle bekend maak. Die Heilige Gees, as die...

read more

Sondag 13 Julie – Die Heilige Gees ons inspirasie

Johannes 14: 26 (AFR2020) Maar die Voorspraak, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle in alles onderrig en julle aan alles herinner wat Ek vir julle gesê het. Jesus belowe die gawe van die Heilige Gees aan sy dissipels. Hy verwys na Hom as...

read more

Saterdag 12 Julie – Kunswerk

2 Korintiërs 4: 5-10 Om te sê iemand het voete van klei, is nie ’n kompliment nie. Die beeld van klei word in verskeie Bybelverhale gebruik, soms positief, soms nie. God skep Adam uit klei – ’n verhaal van lewe. In Jeremia is God die pottebakker en die mens soos klei...

read more