Dinsdag 14 Julie – Balans tussen genade en geregtigheid

Eksodus 34: 4-10

Toe Moses in die rotsskeur was, het God by hom verbygegaan en uitgeroep: Ek, die Here, is die barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou. Ek betoon my liefde aan geslagte en geslagte. Ek vergewe ongeregtigheid, oortreding en sonde, maar Ek spreek niemand sonder meer vry nie. Ek reken kinders en kleinkinders die sondes van vaders toe selfs tot in die derde en vierde geslag.

Hierdie bekende gedeelte hoor ons gereeld op Sondae wanneer die ouderling dit voorlees as deel van die Wet. Hierdie gedeelte is baie belangrik, aangesien dit een van die gedeeltes in die Ou Testament is wat die meeste aangehaal word. In die Joodse tradisie was dit die gebruik van die rabbi’s, priesters en skrifgeleerdes om skrifgedeeltes te kon opsê en aan te haal wanneer hulle gepreek het. Hierdie gedeelte het hulle gebruik wanneer hulle God beskryf het. Dit is immers God se beskrywing van Homself. Hierdie beskrywing word ongeveer 27 keer in die Ou Testament aangehaal soos wat die mense dit herinterpreteer het in hul veranderende omstandighede.

Hierdie gedeelte wys vir ons twee belangrike dinge – dat God konstant/onveranderlik is en dat God beide regverdig en genadig is. Hierdie balans is belangrik, want ons as mense neig om na een kant toe oor te lê.

Soms wonder ’n mens hoe hierdie balans werk. Aan die een kant is dit belangrik om te sien dat God se liefde die grootste is omdat dit meer is as die straf. Deel van die balans lê in ons hande. Die erfsondes van ons ouers – dis is daardie verkeerde dinge wat ’n mens by jou ouers soms leer – kan ons nie bly gebruik as verskoning vir ons eie optredes nie. Êrens moet ons self verantwoordelikheid neem vir ons dade. Tog is ons dankbaar vir Christus se versoening, aangesien ons maar almal sukkel om die balans te handhaaf. Wanneer daardie besef tot ons deurdring, is ons opnuut verwonder oor die Vader se liefde en dat Hy dit deur sy Seun aan ons openbaar het.

Ds Waldo Pretorius, Ventersdorp

Saterdag 27 Desember – Oorgawe

’n Sewende entjie: Oorgawe (om oor te gee) is om die self holisties as geskenk aan God te gee. Hierdie oomblik van oorgawe is die beweging vanaf verbondenheid aan God na eenheid met God. Maria het hierdie oomblik ervaar toe sy in Lukas 1: 46-55 (AFR2020) haar loflied,...

read more

Vrydag 26 Desember – Eenvoud

’n Sesde ent: Eenvoud is die integrasie van oordenking (kontemplasie) en reaksie (om te doen). Hierin gesetel is jou groeiende bevoegdheid om te lewe te midde van die wisselvalligheid van jou dag. Elke dag is daar makliker en meer uitdagende oomblikke en situasies....

read more

Donderdag 25 Desember (Kersfees) – Stilte

Lees vandag ook Lukas 2: Geboorte van Jesus (AFR2020). ’n Vyfde ent: Stilte soos waarvan ons lees in Matteus 6: 6 (AFR2020): Maar jy, wanneer jy bid, gaan na jou binneste kamer, maak jou deur toe en bid tot jou Vader wat in die verborgenheid is, en jou Vader wat in...

read more

Woensdag 24 Desember – Dienaarskap

’n Vierde ent: Dienaarskap word deel van jou doen en late deur die dag heen. Die Heilige Gees herinner jou aan die leer en lewe van Jesus Christus waar ook al jy gaan, nie slegs wanneer jy stiltetyd hou nie. “As julle My liefhet, sal julle my gebooie onderhou. En Ek...

read more

Dinsdag 23 Desember – Verbondenheid

’n Derde ent: Verbondenheid (solidariteit) is die bewuswording van eenheid met die Here jou God. ’n Bewuswording van God se eenheid met die mensdom, met sy skepping. So lief het God die wëreld… In verbondenheid ervaar jy dat jy in jou stilte en afsondering nie alleen...

read more

Maandag 22 Desember – Afsondering

Hierdie kort stappe van gebed kan jy daagliks as ’n geheel herhaal. Ons begin ons dae só in afhanklikheid, ons sluit die dag só af in dankbaarheid. ’n Tweede entjie: Afsondering (om alleen te wees) geskied veral wanneer jy stil kan word. Sodra jy die geraas van die...

read more