Sondag 1 Februarie – Wat is hoop?
Romeine 5: 1-11
Hoop. Die lig aan die einde van die tonnel. Die lig wat in die donker skyn. Hoop. ’n Klein woordjie wat eintlik soveel waarde dra. Die woordjie hoop is ’n woord wat ons daagliks gebruik. Maar wat beteken hoop eintlik? Wat beteken die woord hoop vir jou?
Jo Black het ’n liedjie geskryf met die naam Bring die hoop weer terug en hy sê die volgende oor hoop:
Dis die wens dat die son weer opkom
Dis dat vrede by ons uit kom
Dis die samesyn voor ‘n wêreldbeker eindstryd
Dis die taal van ’n hart
Dis as ons harte na mense terugdraai.
Maar ons hoor in hierdie beskrywing slegs ’n wens…
Die hoop wat ons as Christene in God het, is nie net ’n wens nie; dit is ’n diepe innerlike oortuiging dat ons in Hom kan vertrou, selfs wanneer ons nie die uitkoms kan sien nie. In Christus het ons ’n hoop wat nie net vir hierdie lewe is nie, maar ook vir die lewe wat kom – dit is die hoop op ’n ewige lewe saam met Hom. Nou vra ek u weer: Wat is hoop?
Hoop is om van dorp na dorp te reis en mense van ware liefde te leer. Dit is om die wat deur die samelewing uitgeskuif is juis nader te roep. Dit is om 5 000 mense met twee vissies en vyf brode kos te gee. Dit is om iemand te red wanneer die storms om hulle woed en die water van alle kante af kom en hulle besig is om te sink. Maar bo alles; ware hoop is die geboorte van ’n kindjie in ’n stal, om te ly en aan ’n kruis vir die wêreld se sondes te sterf. Om na drie dae weer op te staan. Hoop is die ewige lewe wat ons as gevolg van al hierdie gebeure ontvang het. Wat is hoop? Hoop is Jesus Christus. Gister, vandag en môre…
Ds Tanya Maartens, Klerksdorp-Wilkoppies
Vrydag 11 Julie – Shalom
Psalm 15 Wie bewustelik in God se nabyheid lewe en deur God aangeraak voel, ervaar ’n heel besondere soort vrede. Die Hebreeuse woord vir vrede, shalom, gaan oor méér as ’n gebrek aan stryd of konflik. Dit dui op ’n diepe vrede, rus na liggaam en siel. Dit is ’n...
Donderdag 10 Julie – Sien jy?
Matteus 14: 22-33; Handelinge 8: 14-25 Nie net jongmense het rolmodelle nodig nie, volwassenes ook. Want ons moet besluit watter soort mens ons wil wees in die lewe. Ook vir die geloofsreis soek ons rolmodelle. Hulle kan gewone mense óf karakters uit die Bybel wees....
Woensdag 9 Julie – Bedaar
Psalm 46 By die Jan Smuts-huis in Centurion, aan die begin van die wandelpad, is ’n gedenkplek gebou. ’n Plek van stilte. ’n Plek vir meditasie. Met ’n dak, pilare en sitplek, die sykante oop na die mooi natuur. Op die gedenksteen die teks uit Psalm 46: Word stil en...
Dinsdag 8 Julie – Kragtige werkinge
1 Korintiërs 12: 4-11 Ons bely die Drie-enige God: Skepper, Verlosser en Gees. Ons lewe in die bedeling van die Gees. Paulus beskryf die gawes van die Gees ook in die vorm van ’n drie-heid en eenheid: verskillende gawes, maar een Gees; verskillende dienste, maar...
Maandag 7 Julie – Gemaak om te vlieg
Handelinge 2: 36-39 Petrus se preek raak die hoorders. Eers skrik hulle. Kyk hoe lyk die wêreld. ’n Onskuldige mens, Jesus, is doodgemaak. Het die magte van die wêreld dan gewen? Hulle vra: Wat moet ons doen? Dit verwoord hul verlange na iets anders. Dan kom hulle in...
Sondag 6 Julie – Volwasse geloof
1 Korintiërs 2: 6-16 Die Apostoliese Geloofsbelydenis beskryf God as die Skepper en brei uit oor Jesus. Dan volg net: Ek glo in die Heilige Gees. Verder niks. Selfs oor die kerk word meer gesê. Ook die Bybel vertel baie meer oor God en Jesus as oor die Gees. Daar is...