Maandag 13 Julie–– Gefokus op die klein dingetjies?
Matteus 23: 23-39
Die Fariseërs het gedink hulle is goeie gelowiges. Jesus beskryf dan op ’n paar treffende maniere hoe hulle die punt heeltemal gemis het. Hulle wou die wet van God nakom, maar selektief. Jesus begin deur te sê dat hulle die muggie uit hul beker wou haal, maar dan op die ou end die kameel insluk. Die muggie wat ’n klein onrein gogga was, wat hulle onrein sou maak as hulle dit drink, maar dan sluk hulle ’n kameel in wat ’n massiewe onrein dier was om te eet.
Jesus sê dat hulle so op die fynste details fokus, dat hulle die belangrike dinge mis. Hulle het so gefokus op hul eie reinheid en moraliteit, dat hulle vergeet het dat geloof nie net ’n individuele pad is nie. ’n Deel van geloof gaan oor hoe jy as ’n enkele persoon God dien, maar die groter deel gaan oor jou verhouding met God en jou naaste. Om dit anders te stel, geloof is nie ’n enkel sport nie, maar ’n spansport. As dit net oor myself gaan, dan is dit maklik. Dit raak moeiliker wanneer ons ander mense as God se kinders moet behandel. Veral as ons nie met hulle saamstem of nie van hulle hou nie. Dit dreineer jou emosionele energie om minder bevoorregtes te help, vriendelik te wees en om te gee. Tog sien ons regdeur die Bybel hoe verhoudings nog altyd vir God uiters belangrik is. Deur goeie verhoudings met ons medemens te handhaaf, verkondig ons nie net God se liefde nie, maar groei ons in werklikheid ook nader aan God.
Jesus herinner die Fariseërs dat dit nie help dat jy net die uiterlike aspekte van die wet nakom, maar binne jou het jy geen begeerte om God te dien nie. Die gevaar van ’n geloof waar dit net oor myself en die uiterlike gaan, is dat jy soos ’n beker is wat mooi skoon aan die buitekant is, maar vuil in die binnekant.
Ds Waldo Pretorius, Ventersdorp
Sondag 21 Desember (Vierde Adventsondag) – Stilwees
Hierdie week stap ons saam ’n paadjie waarin elkeen toegee aan God se teenwoordigheid en werking in ons. Voltooi die week met deeglikheid: Lees, leer, beoefen. In die Kerstyd is dit opvallend hoe bewus ons raak van die Seun van die mens wat vir ons gebore word (Joh 3:...
Saterdag 20 Desember – ’n Loflied oor God se onferming
Lukas 1: 47-55 Maria sing in haar loflied dat God mense raaksien en dat God op mense se nood en behoeftes reageer. Verder dat God getrou bly aan Homself en bevryding bring vir elkeen wat in afhanklikheid van God leef. God moet geloof word, want Hy gryp in en bring...
Vrydag 19 Desember – Nie net nog ’n baba nie
Miga 5: 2-5 God se liefde kan nie uitgewis word nie. In Miga 5 lees ons van die Here se beloftes tot by Christus se koms. Lukas 1: 39-45 beskryf hoe Johannes die Doper reeds voor sy geboorte reageer oor die koms van Christus. Johannes maar ook sy ma, Elisabet, Maria...
Donderdag 18 Desember – God laat dit weer met ons goed gaan
Psalm 80: 1-7 en 17-19 God se beloftes gaan in vervulling met die geboorte van Jesus. Psalm 80 vertel van die volk wat staatmaak op die Here se goedheid en guns. Hulle bid en herinner die Here aan sy goedheid, hulle dink aan al die beloftes en vra dat Hy sy...
Woensdag 17 Desember – Die dag van die Here het gekom en kom weer!
Sefanja 3: 14-20 Sefanja beskryf die teenwoordigheid van die Here met ’n pragtige belofte: Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou. Dit is ’n belofte wat vir elke...
Dinsdag 16 Desember – Bekering! Ernstig en dringend
Lukas 3: 7-18 Vandag se teks nooi ons uit om te dink oor die waarde van ’n nuwe lewe deur ons verbintenis aan God. Die enigste manier om die oordeel wat kom vry te spring, is om die nuwe lewe in God aan te gryp. ’n Lewe wat getuig van God se regering en koningskap....