Vrydag 30 Januarie – Laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die bose
Kolossense 1: 9-20
Die volgende bede van die Onse Vader wat ons gaan behandel is die gebede: en laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose (Matt 6: 13).
Wat is die Bose? Die Bybel verkeer onder geen twyfel dat daar bose geeste en magte en kragte is wat ’n invloed kan uitoefen op ’n mens se lewe nie. Daarom dat die Apostel Petrus sê die duiwel loop rond soos ’n brullende leeu (1 Pet 5: 8). Ons in ons moderne rasionele wêreld maak maklik die invloed van die bose magte af as kinderstories wat daar was om mense deur vrees in bedwang te hou. Ons grap maklik oor die duiwel van die Kinderbybel met sy stert en vurk.
In die vroeë kerk was die oudste verstaan van ons verlossing egter die sogenaamde Christus Victor. Christus as oorwinnaar oor die alle magte en kragte. Ons vind die verlossingsverstaan baie sterk in Kolossense. Ons as gelowiges (ja selfs modernes) moet dus die vraag na die bose ernstig neem.
Of jy glo in die letterlike verstaan van die bose magte of eerder die siening huldig dat dit personifieer alles wat boos is aan die mens maak eintlik nie saak nie. Die Kolossense 1: 13 bevestig dat die bose onder die heerskappy van God staan. Dat deur Christus aan die kruis ons uit die mag van die duisternis weggeruk is.
Wanneer ons dus bid: Laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose, bid ons eerder: Here, maak my geloof sterk dat ek kan glo en bely u Seun het die bose oorwin en daarom hoef ek nie die bose om my en in my eie hart te vrees nie. Herlaai my geloofsbattery dat ek eerder as ’n engel optree wat die goeie nuus bring en as ’n duiwel wat iemand anders in versoeking stel nie. Amen.
Ds Willem Dreyer, Groot Marico
Sondag 29 Junie – Geesdriftig toegerus (1) – gesalf deur die Heilige Gees
1 Johannes 2: 18-27 Julle is egter deur die Heilige Gees gesalf, en julle ken almal die waarheid (1 Joh 2: 20). Wat beteken dit as iemand gesalf is? In die Ou Testament is profete, priesters en konings gesalf met ’n reukolie wat nie net op ’n persoon se kop geplaas is...
Saterdag 28 Junie – Ook in Afrikaans hoor ons die Woord
Handelinge 10: 34-48 Taal word beskou as die belangrikste kenmerk van die mens en sy bestaansgang. Ons ganse bestaan met sy instellings word aan die hand van taal ingerig, of dit nou skoolonderrig, die kerklike verkondiging of die staat se wette en prosesse is. Taal...
Vrydag 27 Junie – Die Gees omvorm die chaos
Genesis 1: 1-2 Verdeeldheid en verwarring is kenmerkend van ons ons tyd en wêreld. Enersyds is ons daagliks getuie van die verdeeldheid tussen volke en state, godsdienste en selfs kerke. Van ’n verbrokkelende wêreld neem ons eweneens kennis. Die stryd tussen...
Donderdag 26 Junie – Ons Helper leer ons
Johannes 14: 15-26 Ongeveer 60 jaar na Jesus Christus se aardse werk klink die Evangelie van Johannes en die vraag: Wie is Jesus? Hierop volg ’n erkenning of ontkenning dat Jesus die Messias is. Vir gelowiges is dit nie maklik om aan die belydenis getrou te bly nie,...
Woensdag 25 Junie – Gees van Christus
Johannes 20: 19-31 Ontvang die Heilige Gees! (Joh 20: 22). Dié woorde van Jesus Christus volg op sy verskyning aan die dissipels in Jerusalem. Dit is woorde wat Hy as opgestane Here aan ’n klein groepie manne rig. Wie die woord spreek, wie dit ontvang en wat gesê is,...
Dinsdag 24 Junie – Heer en Lewendmaker
1 Petrus 1: 3-11 1 700 jaar gelede in Nicea, sowat 50 km van Konstantinopel, het afgevaardigdes van die kerk besin oor God Drie-enig. Die aanleiding hiervan was die dwaalleer van Arius. Sy uitspraak oor Jesus Christus dat daar ’n oomblik was toe Hy nie was nie,...