Vrydag 19 Junie – Trek verder

Eksodus 14: 1-16

’n Mens kan nie help om te glimlag oor die gesprek tussen Moses en die volk in Eksodus 14 nie. Wat ’n onstuimige gesprek (of meer van ’n geskree) moes dit nie gewees het nie!

Vasgevang tussen twee gevare is daar geen pad vir Israel sigbaar nie. Vorentoe kan hulle nie, want die waters van die Rietsee doem voor hulle op. Agtertoe kan hulle ook nie, want die farao se bemanning en strydwaens kom met ’n goeie spoed agter hulle aan. In hierdie knyptangsituasie draai die volk na Moses. En Moses draai op sy beurt na God. En God antwoord Moses: Waarom roep julle so benoud na My? Sê vir die Israeliete hulle moet verder trek. En dít is die prentjie wat my so laat glimlag: Moses wat vir ’n gillende, benoude volk sê: Trek verder. Die Here sê julle moet verder trek. Ek wonder wat het die volk Moses nogal geantwoord!

Voeg daarby vorige relletjies tussen Moses en die volk oor sy roeping om die volk uit Egipte te lei en die tafel is gedek vir konfrontasie as gevaar by die Rietsee dreig.

Waarheen Here? Hoe kom ek uit hierdie gemors? Hoe trek ’n mens verder as gevaar van alle kante dreig, Here? Waar is die pad Here? Dit is waters op waters met geen sigbare uitkoms. Dit is klaar met my!

Water en watermassas kom volop in die Bybel voor as metafoor van menslike bedreigings; selfs Goddelike oordeel. Dink aan Noag en die sondvloed. Maar in die hand van die Almagtige God word water ook metafoor van ’n nuwe begin en lewe. Menslike insig is beperk. Moses sê vir die Israeliete hulle moet verder trek. Dan kloof die Here ’n pad waar die menslike oog geen pad en uitkoms sien nie. Van hierdie beperkte menslike insig en Goddelike uitkoms getuig die kruis op Golgota en die leë graf.

Maak nie saak hoe goed jou beplanning is nie; die pad van môre is vir almal onbekend. Ons wandel egter in geloof en vertroue dat die bekende God saam met ons op onbekende weë gaan.

Ds André Thomas, Oos-Moot

Vrydag 14 November – Vrugbaarheid van stiltes

1 Konings 19 Ek is nie altyd gemaklik met stiltes nie. Ek ry meestal met die motor se radio aangeskakel, of as ek alleen tuis is, moet daar die een of ander wit geruis in die agtergrond aangeskakel wees. Die stilte is soms vir my oorverdowend. Hoekom is daar talle...

read more

Donderdag 13 November – Selfgemaakte mens

1 Korintiërs 4 (AFR2020) Daar is ’n mite wat die rondte doen in ons moderne samelewing: die mite van die selfgemaakte mens. Volgens hierdie mite is alles wat ons het en alles wat ons ooit bereik het, alleenlik deur ons eie toedoen. Daar is talle selfhelpboeke wat ons...

read more

Woensdag 12 November – Buitengewoon en doodgewoon

Filippense 2: 6-8 Oor watter tipe lewens word boeke geskryf, of selfs flieks gemaak? Ons sou maklik hierdie vraag kon antwoord met: buitengewone lewens, natuurlik! Wanneer ons dink aan lewens waaroor noemenswaardige stories vertel word, is ons dikwels geneig om te...

read more

Dinsdag 11 November – Hoop in onverwagse vorm

Johannes 1: 43-51 Hoop is ’n snaakse konsep, is dit nie? Wanneer ons die woordjie hoop hoor, het ons dadelik ’n bepaalde beeld, prentjie of definisie van wat hoop is, en hoe hoop lyk. As daar gevra sou word waarop ons hoop, dan sou ons ’n duidelike prentjie van iets...

read more

Maandag 10 November – Die mat

Markus 2: 1-12 Het jy ’n kledingstuk in jou kas waarvan jy net nie ontslae kan raak nie? Nie as gevolg van ’n sentimentele houding nie, maar eerder as gevolg van die gemak wat saam met jare se dra gekom het. ’n Mat kan ook so ’n voorwerp vir ons wees. Jesus is in ’n...

read more

Sondag 9 November – Tussen eendag en vandag

Johannes 14: 1-14 Toe ons kinders was, het ons al ons toekomsdrome begin met die woorde as ek eendag groot is. Ons drome vir ons toekoms begin dalk nie meer in ons volwasse jare met hierdie woorde nie, maar elkeen van ons het steeds drome (of dalk eerder hoop) vir...

read more