Vrydag 10 Julie – Wat staan ons te doen?

Handelinge 2: 37-41; Jakobus 2: 14 en 26

By die aanhoor hiervan is die mense diep getref en hulle vra: Wat moet ons doen? (Hand 2: 37).

In Jakobus 2: 14 word die vraag gevra hoe iemand kan beweer om te glo, maar dit word nie deur dade bevestig nie. Jakobus gebruik ook ’n verdere beskrywing in vers 26 deur te sê dat net soos ’n liggaam wat nie asemhaal nie, dood is, net so is geloof wat nie tot dade kom nie, ook dood.

Na Petrus se toespraak op die Pinksterdag waarin hy en die dissipels getuig het dat Jesus uit die dood opgestaan het en dat die gekruisigde Jesus deur God as die Here en Christus gemaak is, word daar aan Petrus die vraag gestel oor wat nou gedoen moet word. Petrus se antwoord daarop is baie duidelik: Bekeer julle, doop julle en julle sal deur God vergewe word en die Heilige Gees as gawe ontvang. Die rimpeleffek hiervan word tot vandag nog beleef wanneer ons as kerk en as geloofsgemeenskap elke dag hierdie wonderlike gawe uitleef om as God se kinders dankbaar en diensbaar in sy koninkryk werksaam te wees.

Deur die Woord van God uit te leef en met ander te deel, is ons besig om die geskenk van die Heilige Gees wat God se lewensasem aan ons is, deur ons dade uit te dra en sigbaar te maak. Geloof is nie passief nie. Dit is nie om te sit en te wag en om te kyk wat God vir my kan doen nie, maar veel eerder om deur ons dade dit wat ons van God ontvang het, te deel met ander. Ons moet aansluit by en voortbou op die onderlinge verhouding, sorg en liefde wat daar bestaan het onder die eerste bekeerdes na die uitstorting van die Heilige Gees.

Die kosbaarheid van ons geloof en ons verhouding met God is daarin geanker dat God ons lief het. Ons tree op vanuit sy liefde vir ons en daarom is ons geloof ook nie iets wat lyk soos ’n afgesonderde eiland waar elkeen maar net aan hom of haar self dink nie. Ons fokus moet op God gerig wees en ons strewe moet wees om deur ons dade te bou aan sy koninkryk.

Die eerste gemeente wat tot stand gekom het, het deur hulle dade getuig dat die Gees van God in hul lewe en hulle het God daarvoor geprys. Die uitvloeisel hiervan was die redding van ander en die uitbou van God se gemeente. Wat staan ons te doen? Bou, voeg by, getuig en prys God, want aan Hom kom die eer toe!

Ds Jaco Vogel, Rooihuiskraal

Donderdag 4 Desember – God kom na ons toe

1 Johannes 4: 13 Ek wonder, wat as die Kersverhaal anders gelyk het? As daar niks was om na uit te sien nie? Ons het die Kersverhaal al talle kere gehoor, maar wat as Jesus nie as ’n baba in hierdie wêreld ingekom het nie? Wat as sy verhaal begin het as volwassene wat...

read more

Woensdag 3 Desember – Die Koning wat terugstaan

1 Samuel 8: 1-10 en 22 Kerstyd is ’n tyd van blydskap, maar dit is ’n blydskap wat ’n mens nederig maak. Dis ’n skaam-vreugde, veral as jy begin verstaan waaroor Kersfees regtig gaan. Ons dink baie keer ons verstaan waaroor dit gaan… Dit gaan mos oor die Seun van God...

read more

Dinsdag 2 Desember – Jesus die Lig

Jesaja 9: 1-6 In Jesaja 9 begin die skrywer deur ’n donker prentjie in te kleur. Die volk leef in donkerte. Tog, binne die donker, sien hulle hierdie groot lig. Ons weet lig verdryf die donker. Dit wat Jesaja beskryf, is egter geen klein liggie nie. Dit is ’n groot...

read more

Maandag 1 Desember – Die Lig van die Christusfees

Johannes 1: 1-16 In die Noordpool is dit vir maande lank nag. Wanneer die inwoners die aanbreek van die dag verwag, gaan die boodskappers uit na die hoogste punte om te wag vir die eerste tekens van lig. As hulle die eerste tekens van lig begin sien, gaan trek hulle...

read more

Sondag 30 November (Eerste Adventsondag) – Die God wat gee

Johannes 3: 16-21 Advent 2025 is hier. Ons betree nou die tyd waarin ons as gelowiges ons voorberei vir die geboorte van Jesus Christus, ons Verlosser en Heer. Dié tydperk herinner ons ook weer opnuut aan die verwagte wederkoms van Jesus. Advent begin vier Sondae voor...

read more

Saterdag 29 November – Die strome van die lewe…

Esegiël 47: 1-12 Die beskrywing van die water se sterkte in dié Skrifgedeelte is geen toeval nie. Eers enkeldiepte, dan kniediepte, dan heuphoogte, en dan moet Esegiël swem in hierdie stroom se rigting, want dit is gewoon te diep. Mag dit wees dat Esegiël voel hy word...

read more