Woensdag 28 Januarie – Gee ons vandag ons daaglikse brood
Filippense 4: 4-9
Die volgende bede van die Onse Vader wat ons gaan behandel is die gebede: Gee ons vandag ons daaglikse brood (Matt 6: 11, AFR2020).
Die gebed oor ons daaglikse brood klink die heel eenvoudigste van al die gebede. Ons vra dat die Here aan ons behoeftes sal voorsien. Maar begin ons so bietjie te delf, dan wonder ’n mens: Wat beteken daagliks? Mag ons net bid vir een dag op ’n slag? In sommige gevalle is dit moeilik want sekere behoeftes is nie ’n daaglikse affêre nie. As ons bid vir ons brood beteken dit net brood? Fisiese kos? Of strek dit verder as dit. Die Griekse woord wat gebruik word vir daagliks word baie moeilik vertaal. ’n Moontlikheid is om dit te vertaal met genoegsame. Gee ons genoegsame brood. En brood verwys nie net na die fisiese brood nie. Dit verwys ook na die arbeid wat dit moontlik maak om brood te koop of te bak. Dus: Gee ons genoegsame krag om ons brood te verdien.
Die klem van die bede val eintlik op ons. Die ons behoort elkeen van ons aan te kla. Wie is ons ons. Is die boemelaar op straat ons. Of is die ons net ons naaste bure en vriende. Gun ons mekaar die kans om hul daaglikse brood te verdien? Of dalk nog meer: As die Here ons met genoegsame genade geseën om ’n voorspoedige lewe te lei, deel ons dit uit aan die ons wat nie raakgesien word nie.
Wanneer ons dus bid: Gee ons vandag ons daaglikse brood, bid ons eerder: Here help my om die genade wat u my genoegsaam van gee om elke dag te lewe ek ook aan almal rondom my sal uitdeel. Maak my hande sterk dat nie net ek genoegsame middele het nie, maar almal met wie ek in aanraking kom. Amen.
Ds Willem Dreyer, Groot Marico
Dinsdag 17 Junie – God die Seun: Die een wat die boekrol kan oopmaak!
Openbaring 5: 1-14 Aan die begin van hoofstuk 5 word die rustige toneel van hoofstuk 4 versteur. Ons sien God die Vader met ’n boekrol in sy hand. Die boekrol is voor en agter vol geskryf. Dit is met sewe seëls goed verseël. ’n Engel met ’n harde stem roep en vra of...
Maandag 16 Junie – God die Vader: Die een op die troon
Openbaring 4: 1-11 Daar is soveel materiaal en insigte oor die Drie-enige God in die laaste boek van die Bybel. Openbaring is ’n unieke boek, of brief. Die briefvorm kom die duidelikste in hoofstukke 3 en 4 aan die lig. Briewe aan die sewe gemeentes van Klein-Asië was...
Sondag 15 Junie (Drie-eenheidsondag) – Drie-eenheidsondag
Openbaring 1: 1-6 Die Drie-eenheid van God is een van die moeilikste leerstellings om te verduidelik. Hoe kan God gelyk een en drie wees? Die Drie-eenheid is ’n konsep wat onmoontlik is vir enige menslike wese om volledig te verstaan, om nie eens te praat van...
Saterdag 14 Junie – Vrede vir julle!
Johannes 20: 19-23 Ons lewe in hierdie gebroke wêreld waar daar altyd hartseer en onregverdigheid sal wees. Daar is ouers wie se kinders in motorongelukke sterf, daar is geliefdes wat koelbloedig doodgeskiet word, daar is gesinsmoorde, armoede, werkloosheid, honger,...
Vrydag 13 Junie – Die Heilige Gees is die Heer en die Lewendmaker
Esegiël 37: 1-14 Deur die Gees van die Here in besit geneem, sien die profeet Esegiël ’n skrikwekkende toneel in die gedeelte wat ons gelees het. ’n Vallei vol doodsbeendere, menslike doodsbeendere. Daar is baie bene van verskillende mense en hulle is baie droog. Die...
Donderdag 12 Junie – Die Heilige Gees pleit vir ons in ons plek by die Vader
Romeine 8: 18-30 Dalk het jy al in jou lewe ’n punt bereik waar jy besef en besluit het nou weet jy nie meer hoe verder nie. Of om dit meer presies te sê: Nou weet ek nie meer waarvoor om te bid nie. Dit gebeur met geliefdes langs ’n siekbed of sterfbed waar daar ’n...