Dinsdag 27 Januarie – Laat u wil geskied
Romeine 12: 1-2
Die volgende bede van die Onse Vader is: Laat u wil geskied (Matt 6: 10). Ons het gesê dat as ons dink aan gebed, ons moet dink aan ’n selfoon. Hoe ’n selfoon gelaai moet word om te kan werk. So ook moet ons as gelowiges gelaai en herlaai word om te kan werk. Om ons doel as kinders van God op aarde uit te leef.
Die feit dat die bede in ’n passief staan, kan ons maklik laat dink dat die werk om God se wil te laat geskied alleenlik in sy hande rus. Natuurlik is dit ook waar. God in sy almag laat sy wil geskied op ’n menige maniere. Dit hef egter nie die verantwoordelikheid op van ons as God se kinders om God se wil vir hierdie aarde meer bekend te maak nie.
Maar hoe lyk God se wil? Waar vind ons God se wil? Die antwoord natuurlik is in God se Woord. Maar daar is eintlik ’n stap wat voor dit moet gebeur. Dit is presies waarvan Romeine 12: 2 praat: …maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is. Ons as mense kan nie onderskei wat die wil van God is nie. Ons kan nie eers net die Bybel lees en daaruit die wil van God aflei nie. Immers is van die grootste vergrype in die geskiedenis afgemaak as die wil van God. Dit is alleen as die Gees van die Here ons gedagtes vernuwe dat ons as mens kan insien wat God se wil vir hierdie wêreld is.
Daarom wanneer ons bid: Laat u wil geskied, bid ons eerder: Here laat u wil geskied. Gee my die insig om te onderskei wat u wil is vir hierdie wêreld. Herlaai my pap batterye dat ons verder u wil aan die wêreld bekend kan maak. Amen.
Ds Willem Dreyer, Groot Marico
Woensdag 11 Junie – Niemand kan sê Jesus is die Here nie, behalwe deur die Heilige Gees
1 Korintiërs 12: 1-3 Om te sê en te bely dat Jesus die Here is, is om ’n kragtige geloofsbelydenis uit te spreek. Terwyl Jesus op die aarde as ’n mens geleef het, het Hy as Jesus bekend gestaan. Met verloop van tyd het sy dissipels besef dat Hy die Christus, die...
Dinsdag 10 Junie – Die groot sonde: om nie in Jesus Christus te glo nie
Johannes 16: 5-15 In Johannes 16: 9 sê Jesus vir sy dissipels: Die wêreld is skuldig aan die sonde, want die wêreld glo nie in My nie. Jesus sê dit teen die agtergrond van die Heilige Gees, die Voorspraak, wat kom om die wêreld te oortuig dat Jesus die Christus is, en...
Maandag 9 Junie – Die Heilige Gees is God se onsigbare teenwoordigheid by ons
Johannes 14: 15-31 Ons het so pas saam met die kerk van Jesus Christus oor die wêreld heen die hemelvaart van ons Heiland herdenk. Die groot gevaar is dat die dissipels kon dink dat Jesus se hemelvaart ’n wegvaart was. Dat die hemelvaart beteken dat Jesus daar ver bo,...
Sondag 8 Junie (Pinksterfees) – ’n Geweldige groot krag tot beskikking van dié wat glo
Efesiërs 1: 1-23 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is (Ef 1: 3). Hierdie lofprysing aan God Drie-enig weerklink telkens in die eerste en verdere...
Saterdag 7 Junie – Deur sy Gees laat Hy wederliefde spruit
1 Korintiërs 13: 1-13; Matteus 22: 34-40 Min dinge in hierdie lewe het ewigheidswaarde. Paulus herinner ons daaraan dat daar wel drie dinge is wat ewigheidswaarde het: geloof, hoop en liefde, en dat die grootste hiervan die liefde is. Die liefde is geduldig,...
Vrydag 6 Junie – Ingeplant in die wingerdstok
Johannes 15: 1-8; Galasiërs 5: 22-26 Galasiërs 5: 22-23 gee my geweldige hoop vir die mensdom. Dink net hoe wonderlik sou dit wees as almal so wil leef? ’n Mens kan seker redeneer dit is nie moontlik nie, want ons is maar net menslik en heel dikwels kies ons om...