Maandag 26 Januarie – Laat u koninkryk kom
Matteus 6: 5-14
Die volgende bede van die Onse Vader wat ons gaan behandel is die gebede: Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied (Matt 6: 10, AFR2020). Ons het gesê dat as ons dink aan gebed ons moet dink aan ’n selfoon. Hoe ’n selfoon gelaai moet word om te kan werk. So ook moet ons as gelowiges gelaai en herlaai word om te kan werk om ons doel as kinders van God op aarde uit te leef.
Ons dink nie baie keer dat die woorde van die Onse Vader polities gelaai kan wees nie, maar in al die Evangelies (maar veral in Matteus waar ons die Onse Vader-gebed lees) staan die koninkryk van God reglynig teenoor die koninkryk van die aarde.
Die tweede gebed van die Onse Vader is dus ’n versugting dat God se koninkryk, sy heerskappy sal inbreek in hierdie wêreld. Dat nie die wil van die keiser en magshebbers sal geskied nie, máár dat God se wil geskied. Hierdie rewolusie vind egter nie plaas deur middel van geweld nie, maar juis met die afstand doen van mag. Met Christus aan die kruis sien ons hoe totaal anders die koningskap van die Vader lyk. Sien ons hoe ons burgerskap van sy koninkryk behoort te lyk.
Te midde van die oënskynlike chaos in hierdie wêreld, is God steeds besig om sy koninkryk te bou. Ook deur ons. God bou sy koninkryk deur ons ten spyte van ons menslike swakheid, nie op ons menslike krag en selfvertroue nie.
Wanneer ons dan bid: Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, bid ons eintlik: Here, maak my hande sterk dat ek kan werk vir u koninkryk en nie my eie of die koninkryke van hierdie aarde nie. Maak my gees skerp dat ek weerstand kan bied teen die verleidelike gedagte dat ek deur eie krag my doelwitte kan bereik. Amen.
Ds Willem Dreyer, Groot Marico
Donderdag 5 Junie – My ewige meeloper
Rut 1: 16; Johannes 14: 21-25 Hoe ouer ek word, hoe meer waardeer ek die geskenk van ’n persoon se teenwoordigheid eerder as ’n tasbare geskenk. Telkens as ek ouer lidmate besoek, hoor ek hulle sê: Al wat ek wil hê, is dat jy soveel moontlik vir my moet kom kuier. Ek...
Woensdag 4 Junie – Wat ’n vriend het ons in Jesus
Johannes 14: 15-20; Johannes 15: 15 Ek het heel dikwels geluister hoe my ouma die Halleluja-lied, Wat ’n vriend het ons in Jesus, gesing het. Ek dink nie ek het altyd die diepte van die lied besef nie. Natuurlik het ek van kindsbeen af besef dat daar niks kosbaarder...
Dinsdag 3 Junie – Waarheen sou ek gaan om u Gees te ontvlug?
Psalm 139 Die wete dat God teenwoordig is in ons daaglikse werk, ons loopbane, gesinslewe en verhoudings, is ’n bron van krag en vertroosting. Op ’n dag moes ek aan jong kinders die inhoud van Psalm 139 verduidelik, en ek het die boekie The Runaway Bunny deur Margaret...
Maandag 2 Junie – Wees die lig!
Matteus 5: 14-16 In die stil fluisteringe van menswees rus daar ’n goddelike vonk – ’n flits van lig wat vir ons deur die Gees van God gegee is. Ons is draers van sy lig, geroepe om die wêreld te verlig. Net soos ’n enkele vlammetjie die duisternis kan verdryf, so...
Sondag 1 Junie (Sewende Sondag van die Opstanding) – Staan op en lewe
1 Korintiërs 15: 54-58; Johannes 11: 25 Die opstanding van Jesus Christus is nie bloot ’n gebeurtenis van die verlede nie – dit is ’n voortdurende bron van hoop en krag vir ons vandag. Dit is treffend dat Paulus sy hoofstuk oor die opstanding van Jesus afsluit met ’n...