Sondag 5 Julie – U het my die paaie van die lewe geleer

Handelinge 2: 25-28; 13: 35; Psalm 16: 8-11

U het my die paaie van die lewe geleer; u teenwoordigheid sal my met vreugde vul (Hand 2: 28)

Tydens Petrus se toespraak op Pinksterdag en ook gedurende Paulus se besoek aan Pisidië maak hulle beide daarvan gebruik om gedeeltes van Dawid uit Psalm 16 aan te haal.

Net soos Dawid, Petrus en Paulus en so ook vele ander voor en na hulle, ervaar ons God se genadewerk in ons lewe. Ons kan saam met hulle daarvan getuig dat ons eie lewe met tye ’n goeie mengsel van vreugdes en teleurstellings bevat.

Dawid is deur Samuel gesalf nadat die Here aan hom gesê het om dit te doen en Petrus is deur Jesus aangewys as die rots op wie Hy sy gemeente sou bou. Saulus, of te wel Paulus soos hy later sou bekend staan, is met die Heilige Gees vervul sodat hy sou begin verkondig dat Jesus die Seun van God is. As ons mooi daaroor dink, dan besef ons dat hulle almal beslis deur God se genadewerk iets van die paaie van die lewe geleer het. En dit te midde van vele tekortkominge en foute.

Alhoewel Dawid afvallig geraak het, het hy erken dat hy gesondig het. Petrus het vir Jesus drie keer verloën en drie keer het Jesus hom na sy opstanding gevra of hy Hom liefhet. Telkens antwoord Petrus bevestigend: U weet dat ek U liefhet. Sodoende ontvang hy ook sy opdrag: Laat my lammers wei, pas my skape op en laat my skape wei. Paulus, met sy bekendstellingsbriewe in sy sak en op reis na Damaskus, se lewenskoers verander wanneer hy in ontmoeting met Jesus kom en dan ook ook later by Ananias hoor dat die Here hom gestuur het om weer te kon sien en met die Heilige Gees vervul kan word.

Die paaie van die lewe kan met tye vreemde draaie met ons loop. Die tye, plekke en gebeurtenisse in ons lewe getuig daarvan. Ons besef opnuut dat God ons medereisiger is en dat Hy ons in liefde en deernis oor die paaie van die lewe leer. En saam kan ons dan bely dat ons die Here altyd voor oë en het en sy teenwoordigheid vul ons met vreugde.

In die welbekende woorde van Koos du Plessis hoor ons iets van die broosheid van ons menswees en die grootheid van ons God: Elke afdraaipaadjie ken ek, elke keer het ek gedwaal, elke keer het U my iewers kom haal.

Ds Jaco Vogel, Rooihuiskraal

Vrydag 31 Oktober – Verbondenheid aan Christus

Johannes 15: 5 Ons afhanklikheid van Christus is fundamenteel vir ons geloof en ons werk in die kerk. Sonder Hom kan ons niks doen nie, maar in verbondenheid met Hom dra ons baie vrug. Hierdie beeld van die wingerdstok en lote herinner ons daaraan dat ons lewenskrag...

read more

Donderdag 30 Oktober – Die Groot Opdrag

Matteus 28: 19-20 Die kerk het die groot opdrag ontvang om die evangelie aan alle nasies te verkondig en dissipels te maak. Hierdie sending is nie net vir ’n paar uitgesoekte individue nie, maar vir die hele kerk. Ons is almal geroep om deel te neem aan die Groot...

read more

Woensdag 29 Oktober – Die rykdom van Christus se Woord

Kolossense 3: 16 Die rykdom van Christus se Woord is die bron van ons geloof en lewe. Wanneer ons die Woord van God in ons harte laat woon, vorm dit ons denke, houdings en dade. Dit gee ons wysheid en lei ons op die weg van die waarheid. Die Woord van Christus is nie...

read more

Dinsdag 28 Oktober – Die gemeenskap van gelowiges

Handelinge 2: 42 In Handelinge 2: 42 lees ons van die vroeë kerk: Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels en die onderlinge verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede. Hierdie teks beskryf die hart van die gemeenskap van gelowiges...

read more

Maandag 27 Oktober – Toegeruste heiliges vir dienswerk

Efesiërs 4: 11-12 Die kerk is nie net ’n gebou of institusie nie, maar ’n lewende liggaam van gelowiges, toegerus vir dienswerk. Die teks onderstreep dat elke gelowige ’n rol het in die bediening. Die leiers in die kerk is nie daar om al die werk self te doen nie,...

read more

Maandag 27 Oktober – Toegeruste heiliges vir dienswerk

Efesiërs 4: 11-12 Die kerk is nie net ’n gebou of institusie nie, maar ’n lewende liggaam van gelowiges, toegerus vir dienswerk. Die teks onderstreep dat elke gelowige ’n rol het in die bediening. Die leiers in die kerk is nie daar om al die werk self te doen nie,...

read more