Saterdag 4 Julie – Waarom roep julle so benoud na My?
Eksodus 14: 15-31
Die Israeliete was vir honderde jare slawe in Egipte. Hulle het hul identiteit verloor as die uitverkore volk van God. Moses het grootgeword as ’n Egiptenaar. Ten spyte van al die wonders in Egipte, die tien plae en selfs die wolkkolom en die Engel wat hulle gelei het, was hulle vining om God en sy dienaar, Moses, te wantrou. Hulle is dan vasgelei teen die see en die Egiptiese leërmagte was besig om vinnig die spasie tussen hulle te vernou. In paniek en angs het hulle bly roep om hulp na God. Dit is noodsaaklik om te bid, maar mens moet bid met geloof (Jak 1: 6).
Die Engel van die Here, wat dui op ’n vorm van God se sigbare teenwoordigheid, tesame met die wolkkolom, wat donker aan Egipte se kant was en lig aan die Israeliete se kant was, het tussen hulle en die vyand ingeskuif. Dit het op ’n manier die Egiptenare op ’n afstand gehou. Die Here het natuurlik nie Moses en sy staf nodig gehad om ’n wonder te verrig nie, maar het gekies om hom te gebruik om vertroue in hom as leier en geestelike gesagsfiguur te bewerkstellig.
Die see het as onmoontlike versperring voor die Israeliete uitgestrek gelê en hulle was totaal vasgekeer. Dit was egter nie vir God ’n probleem nie. Deur Moses en sy kierie te gebruik, het Hy eenvoudig die wind die hele nag laat waai en so ’n pad deur die see oopgekloof. Wat ’n nag moes dit nie gewees het nie?!
Daar is tye in ons lewens waar ons van alle kante af bedreig word en vasgekeer is. Dit is egter nie so groot probleem vir God as vir ons nie. Jesus het ons immers bevry van die slawerny van sonde en die see van die dood vir ons oopgekloof. Kom ons bid en roep maar met geloof en strek ook ons hand uit oor die see.
Ds Aniena Jansen van Rensburg, Leeudoringstad
Sondag 26 Oktober (Hervormingsfees) – Die evangelie – die krag van verlossing
Romeine 1: 16-17 Op hierdie Hervormingsfees herdenk ons die begin van die Protestantse Hervorming. Die kern van dié beweging was die herontdekking dat die evangelie die krag van verlossing bevat vir elkeen wat glo. In Romeine 1: 16 lees ons: Ek skaam my nie oor die...
Saterdag 25 Oktober – Ek as kind in God se huis
Lukas 9: 51-56 Dit is belangrik om hierdie vreemde teks se konteks te bespreek. Jesus se optrede hier is presies die teenoorgestelde van wat verwag word. Vroeër in die hoofstuk stuur Jesus die twaalf uit. Hulle moes redelik aangrypende dinge gesien en beleef het in...
Vrydag 24 Oktober – Ek as profeet in God se huis
1 Korintiërs 12: 12-31 Die beeld van die kerk as liggaam van Christus met verskeie lede word algemeen gebruik, nie net in ons tuisgemeentes nie, maar ook in die breër kerk. Ons erken daarmee dat daar plek is vir verskillende denominasies en dat elkeen se unieke nis en...
Donderdag 23 Oktober – Ek as dienskneg in God se huis
Johannes 13: 3-14 Jesus wat die dissipels se voete was, word ’n sleutelmoment wat ons leer om in diens van ander te wees. Dit is hierdie houding van Jesus wat vir die kerk die pas aangee om in die wêreld betrokke te raak. Die opdrag dat ons nodig het om te dien waar...
Woensdag 22 Oktober – Die beeld van God as Skepper van die kerk
Efesiërs 4: 11-16 God is nie net Skepper van die heelal nie, maar ook van die Kerk. Hiermee word nie bedoel God is die een wat jou naaste kerkgebou opgerig het nie, maar dat God die een is wat die geloofsgemeenskap op ’n lokale, nasionale en internasionale vlak skep....
Dinsdag 21 Oktober – Die beeld van God as Koning van die kerk
Efesiërs 1: 18-23 Die beeld van God as Koning bo alle konings en Heerser oor alles is ook ’n beeld wat welbekend is. In hierdie teks spesifiek is dit Jesus wat as hoof van die kerk aangestel is. Heersers en regeerders ken ons goed. In die meeste gevalle is die...