Sondag 28 Junie –Die Gees herskep ons
Genesis 1: 1-2; Esegiël 36: 26-27; Matteus 3: 16-17
God se Gees bring lewe, orde en skoonheid. Die Hebreeuse woord vir gees is: ruach. Dieselfde woord beteken wind/asem. Dit dui alles op energie en krag. Soos wat die suurstof wat ons inasem ons liggame aan die lewe hou, so onderhou God se Gees alle lewe.
Die profete het verkondig dat deur die mens se ongeregtigheid daar chaos en gebrokenheid in die wonderlike skepping van God ingekom het. Hulle het gesê dat God sy Gees sal gee om die menslike hart te herskep om hulle die gawe te gee om werklik God en mekaar te kan liefhê en gehoorsaam te kan wees aan God se wil.
Die Heilige Gees kom ten tyde van Jesus se doop en rus op Hom. Hy word toegerus om die nuwe skepping te begin. Ons sien dit waar Hy mense genees en hul sonde vergewe. Hy skep lewe waar daar dood was. Deur die krag van die Gees staan Hy self op uit die dood. Nie lank na sy Hemelvaart nie kom God se Gees oor al Jesus se volgelinge sodat hulle deel kan word van die nuwe skepping en daaraan kan meewerk totdat dit sy volheid in Christus se tweede koms bereik. Die Heilige Gees bewerk in ons deur ons geloof in Jesus die nuwe lewe. Hy help ons om deel te word van die blye boodskap en dit te leef.
Vandag steeds sweef God se Gees oor donker plekke, veral in die menslike hart, en rig Hy mense na Jesus, transformeer en rus Hy hulle kragtig toe om God en mekaar werklik lief te hê. Die kragtigheid van God se Gees in ons hang af van in watter mate ons onsself aan Hom onderwerp.
Gebed
Dankie Here dat u lewegewende, transformerende, skeppende teenwoordigheid as gawe permanent oor ons uitgegiet is. Dankie Here dat u Gees daarin spesialiseer om plekke van chaos en vormloosheid te orden en goedheid en skoonheid daaruit voort te bring. Ook in ons lewens. Amen.
Ds Aniena Jansen van Rensburg, Leeudoringstad
Donderdag 18 September – Kwartels en manna is ook kos
Eksodus 16 Honger laat ’n mens vreemde dinge doen. Ook die Israeliete het iets hiervan beleef ná die euforie van die uittog uit Egipte. Skielik is die wonderwerk van God met hulle vergete. Hulle is honger en verlang na die vleispotte van Egipte. Pleks dat hulle hul...
Woensdag 17 September – Mosterdsaadgeloof
Lukas 17: 5-10 (AFR2020) Dikwels gebruik Jesus beelde vanuit die natuur wanneer Hy na geloof en navolging verwys. In Lukas 9: 57-62 reageer Jesus op die stelling Ek sal U volg. Jesus antwoord: Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel neste, maar die Seun van...
Dinsdag 16 September – Dans van die flaminke
Levitikus 11: 13-18 (AFR2020) Wie onthou die radiovervolgverhaal Dans van die flamink wat later ’n fliek geword het? Telkens kom dit by my op wanneer ek op my staptog die flambojante skouspel van die grootflaminke in die Milnerton-strandmeer sien. Die verskyning van...
Maandag 15 September – Die rooilug kondig aan…
Matteus 16: 1-4 Seelui het die gesegde: Red skies in the morning, sailors warning. Red skies at night, sailors delight. Hierdie wysheid was ook onder die Jode van die eerste eeu ná Christus bekend. Die lug is rooi in die aand wanneer stofdeeltjies in die atmosfeer...
Sondag 14 September – Branders wat breek en blaas
Psalm 93 Met trompetgeskal word die koms van die Koning aangekondig. Die dag van die Here word met die ramshoring aangekondig. In hierdie Psalm word gefokus op God as die Skepper en Onderhouer van die skepping. Hy regeer. Hy is Koning. Kenmerkend is sy majesteit,...
Saterdag 13 September – Dit is elke môre nuut
Klaagliedere 3: 22-23 (AFR53) Ons teks bring ’n boodskap van hoop en vertroosting te midde van swaarkry: ...dit is die goedertierenhede van die Here dat ons nie omgekom het nie, want sy barmhartighede het geen einde nie; hulle is elke môre nuut; u trou is groot (verse...