Maandag 5 Januarie – Die wyfie moet jy laat wegvlieg
Deuteronomium 22: 6-7; Matteus 10: 29
Een van die wonderlikste eienskappe van God is dat Hy wat die Grote en Almagtige God is, Homself ter wille van ons ook so klein kan maak. Dit gebeur wanneer Hy intens en volledig by die klein detailtjies van ons lewens betrokke raak. Ons gelese gedeelte illustreer dit mooi. Die God van hemel en aarde, wat planete en sterrestelsels in sy hand hou, is so besorg oor die lewe van ’n wyfievoël wat op haar eiers sit, dat daar in die wet van Moses ’n verwysing is: moet nooit ’n wyfievoël doodmaak nie.
Dit gaan waarskynlik hier oor ’n goeie ekologiese beginsel dat selfs al vang jy klein voëltjies en jy laat die wyfievoël leef, daar later weer eiers in ’n nessie en nuwe voëltjies sal wees. Maar tog gaan dit ook oor meer. Dit gaan ook oor ’n God wat begaan is oor lewe en wat selfs die mees onbenulligste van sy skepping raaksien en beskerm.
Die opdrag oor die wyfievoël word deur ’n belofte gevolg, …dan sal dit goed gaan met jou en sal jy ’n lang lewe hê. Die uitdaging van hierdie teks is duidelik: Kan jy ook klein word en die nederigste van God se skepping na waarde ag en oppas? As jy so kan klein word, as jy die waarde van nederigheid kan aanleer, dan eers is jy gereed om die seën van die Here te ontvang.
Sal ons in onsself al kleiner word om soos God te wees, die God wat gesê het: Nie ’n mossie sal op die grond val sonder julle Vader nie..: Selfs nie ’n klein mossie se dood vind plaas sonder dat God daarvan bewus is nie.
Gebed
Grote God, dankie dat U ter wille van ons soms klein kan word en betrokke is by die klein besonderhede van ons lewens. Help my ook Here om in myself al kleiner te word en selfs die kleinste in u skepping te versorg en dan in u wonderlike seën deelagtig te word.
Dr Gerhard Nel, Horison Roodepoort
Woensdag 10 Desember – Laat jou lewe die pad na die Here vir ander gelykmaak
Johannes 1: 19-28 Die naamborde wat ons vandag langs die pad kry, is groen borde waarop die dorpe se name met wit letters aangebring is. Ná die naam van die dorp staan hoeveel kilometers dit tot daar is. Vroeër jare het die borde anders gelyk. Party was net so ’n...
Dinsdag 9 Desember – Jou God is Koning
Jesaja 52: 7-12; Lukas 2: 8-14 Dit is wonderlik om weer die ou verhaal te hoor, die ou liedere te sing, en te hoor hoe die engel ons kom verseker van die vrede van God wat hierdie Kindjie bring. En tog is dit nie altyd maklik nie. Hoe praat jy oor vrede op aarde,...
Maandag 8 Desember – Laat ons sing
Psalm 146: 5-10 Prys die Heer met blye galme, o my siel, daar’s ryke stof! ’k Sal, solank ek leef, my psalme vrolik toewy aan sy lof. Ek wonder of jy al daar was? Daar waar jou lied van jou weggeneem is? Toe jou woorde en drome opgedroog het? Was jy al daar, of is jy...
Sondag 7 Desember (Tweede Adventsondag) – Waag ’n slag!
Jesaja 7: 1-14; Matteus 1: 23 Staan God op ’n afstand en kyk na wat met ons gebeur? Die vraag is miskien eeue oud, maar steeds relevant. God bly nie iewers daarbo nie. Hy hou ons nie maar net dop van ver af nie. Hy is Immanuel. God by ons. So sê God wanneer Hy belowe...
Saterdag 6 Desember – Dink terug en kyk vorentoe
Matteus 1: 18-25 Advent is ’n vreemde tyd van die jaar. Daar heers ’n stukkie opgewondenheid, maar tog ook angs oor die jaar wat aan die uitloop is. Wanneer ons terugdink aan die geboorteverhaal, staan die belofte van “Immanuel God met ons” kop en skouers uit. God is...
Vrydag 5 Desember – Sy genade is vir ons genoeg
Efesiërs 2: 1-10 ’n Pa en seun het pragtige skilderye van bekende kunstenaars versamel. Toe word die seun opgeroep vir diens in die weermag. Enkele weke daarna is hy in ’n kruisvuur gedood. Een oggend klop daar iemand aan die man se deur, hy stel homself voor as die...