Donderdag 18 Junie – Tafelgemeenskap
Lukas 15: 1-10
Op die Sondae en dae nadat ons Sondag Trinitatis gevier het, gee ons aandag aan die Christus se verkondiging. Een van die temas handel oor die ontvangs in die kerk van hulle wat positief reageer op die uitnodiging van die liefdevolle en barmhartige God.
Lukas impliseer dat Jesus hierdie gelykenis rig op die godsdienstige leiers. Hulle direkte beswaar staan in vers 2: Hierdie man ontvang sondaars en eet selfs saam met hulle. Dan vertel Jesus drie gelykenisse.
Tafelgemeenskap en die reëls van ’n ete was baie belangrik. Om aan tafel saam met ander te gaan, het beteken dat jy hulle waardes, oortuigings en sosiale klas aanvaarbaar vind en daarmee assosieer. Jesus het hiérdie reëls van tafelgemeenskap verontagsaam. Hy wil aan die godsdienstige leiers toon dat tafelgemeenskap met sondaars noodsaaklik is en dit word uit die drie gelykenisse (verlore skaap, muntstuk, seun) duidelik.
Aan die einde van die gelykenis kom die skaapwagter met die een verlore skaap terug. Hy is so bly dat hy sy vriende en bure byeenroep. En hierdie wees saam met my bly, want ek het my skaap wat weg was weer gekry, word verstaan as die skaapwagter wat saam met ander aan tafel gaan om fees te vier. In die gelykenis van die verlore muntstuk gebeur dieselfde. Wanneer die vrou die verlore silwer muntstuk vind, is haar vreugde so oorweldigend, dat sy weer aan tafel gaan saam met vriendinne en buurvroue. In die derde gelykenis word die saam feesvier tot ’n hoogtepunt gedryf. Die vader is so bly oor die jongste se terugkoms dat hy ‘n fees uitroep sodat daar saam aan tafel gegaan kan word. Dan die tragiese: Die oudste weier net soos die godsdienstige leiers tafelgemeenskap met sy vader en broer.
Wanneer Christus ons nooi om in deelgemeenskap sy liggaam en bloed te eet en te drink, dan is dit nie as ’n enkel gelowige nie. Die uitnodiging is juis om saam met ander sondaars te kom bly wees aan sy tafel. Hoekom die blydskap? Want, sê die pa van beide seuns: Hierdie broer van jou was dood, en hy lewe weer, hy was verlore, en ons het hom teruggekry.
Ds André Thomas, Oos-Moot
Sondag 20 Julie – Die swangerskap het van die Heilige Gees gekom
Matteus 1: 18-25 Soms dink ons dat die Heilige Gees eers bekend geraak het aan die mensdom ná die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag. Wanneer ons aandagtig lees, sal ons egter sien hoe dikwels daar in die Ou en Nuwe Testament van die werking van die...
Saterdag 19 Julie – ’n Verantwoordelike lewe met die Gees van God
Efesiërs 4: 30 En moenie die Heilige Gees van God bedroef nie, want Hy het julle as die eiendom van God beseël met die oog op die verlossingsdag. Die belofte dat ek gewaarmerk (beseël) is om as die eiendom van God gereken te word – in elke omstandigheid van my aardse...
Vrydag 18 Julie – Die verskeidenheid van Geestelike gawes
1 Korintiërs 12: 4-7 Daar is ’n verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees wat dit gee; daar is ’n verskeidenheid van bedieninge, maar dit is dieselfde Here wat die opdrag gee; daar is ’n verskeidenheid van kragtige werkinge, maar dit is dieselfde God...
Donderdag 17 Julie – Die krag van die Gees
Handelinge 1: 8 (AFR2020) Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle moet my getuies wees in Jerusalem, in die hele Judea en Samaria, en tot aan die einde van die aarde. Net voor sy hemelvaart bemagtig Jesus sy dissipels en gee aan...
Woensdag 16 Julie – Die vrug van die Gees
Galasiërs 5: 22-23 (AFR2020) Maar die vrug van die Gees is: liefde, blydskap, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen hierdie soort dinge is daar nie ’n wet nie. Paulus onthul hier die kenmerke wat sigbaar word in die...
Dinsdag 15 Julie – Die Gees en ons swakheid
Romeine 8: 26-27 (AFR2020):J So kom die Gees ons in ons swakheid tot hulp, want ons weet nie mooi waarvoor ons behoort te bid nie; maar die Gees tree self vir ons in met versugtinge wat nie verwoord kan word nie. Hy wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van...