Maandag 5 Januarie – Die wyfie moet jy laat wegvlieg

Deuteronomium 22: 6-7; Matteus 10: 29

Een van die wonderlikste eienskappe van God is dat Hy wat die Grote en Almagtige God is, Homself ter wille van ons ook so klein kan maak. Dit gebeur wanneer Hy intens en volledig by die klein detailtjies van ons lewens betrokke raak. Ons gelese gedeelte illustreer dit mooi. Die God van hemel en aarde, wat planete en sterrestelsels in sy hand hou, is so besorg oor die lewe van ’n wyfievoël wat op haar eiers sit, dat daar in die wet van Moses ’n verwysing is: moet nooit ’n wyfievoël doodmaak nie.

Dit gaan waarskynlik hier oor ’n goeie ekologiese beginsel dat selfs al vang jy klein voëltjies en jy laat die wyfievoël leef, daar later weer eiers in ’n nessie en nuwe voëltjies sal wees. Maar tog gaan dit ook oor meer. Dit gaan ook oor ’n God wat begaan is oor lewe en wat selfs die mees onbenulligste van sy skepping raaksien en beskerm.

Die opdrag oor die wyfievoël word deur ’n belofte gevolg, …dan sal dit goed gaan met jou en sal jy ’n lang lewe hê. Die uitdaging van hierdie teks is duidelik: Kan jy ook klein word en die nederigste van God se skepping na waarde ag en oppas? As jy so kan klein word, as jy die waarde van nederigheid kan aanleer, dan eers is jy gereed om die seën van die Here te ontvang.

Sal ons in onsself al kleiner word om soos God te wees, die God wat gesê het: Nie ’n mossie sal op die grond val sonder julle Vader nie..: Selfs nie ’n klein mossie se dood vind plaas sonder dat God daarvan bewus is nie.

Gebed

Grote God, dankie dat U ter wille van ons soms klein kan word en betrokke is by die klein besonderhede van ons lewens. Help my ook Here om in myself al kleiner te word en selfs die kleinste in u skepping te versorg en dan in u wonderlike seën deelagtig te word.

Dr Gerhard Nel, Horison Roodepoort

Vrydag 5 Desember – Sy genade is vir ons genoeg

Efesiërs 2: 1-10 ’n Pa en seun het pragtige skilderye van bekende kunstenaars versamel. Toe word die seun opgeroep vir diens in die weermag. Enkele weke daarna is hy in ’n kruisvuur gedood. Een oggend klop daar iemand aan die man se deur, hy stel homself voor as die...

read more

Donderdag 4 Desember – God kom na ons toe

1 Johannes 4: 13 Ek wonder, wat as die Kersverhaal anders gelyk het? As daar niks was om na uit te sien nie? Ons het die Kersverhaal al talle kere gehoor, maar wat as Jesus nie as ’n baba in hierdie wêreld ingekom het nie? Wat as sy verhaal begin het as volwassene wat...

read more

Donderdag 4 Desember – God kom na ons toe

1 Johannes 4: 13 Ek wonder, wat as die Kersverhaal anders gelyk het? As daar niks was om na uit te sien nie? Ons het die Kersverhaal al talle kere gehoor, maar wat as Jesus nie as ’n baba in hierdie wêreld ingekom het nie? Wat as sy verhaal begin het as volwassene wat...

read more

Woensdag 3 Desember – Die Koning wat terugstaan

1 Samuel 8: 1-10 en 22 Kerstyd is ’n tyd van blydskap, maar dit is ’n blydskap wat ’n mens nederig maak. Dis ’n skaam-vreugde, veral as jy begin verstaan waaroor Kersfees regtig gaan. Ons dink baie keer ons verstaan waaroor dit gaan… Dit gaan mos oor die Seun van God...

read more

Dinsdag 2 Desember – Jesus die Lig

Jesaja 9: 1-6 In Jesaja 9 begin die skrywer deur ’n donker prentjie in te kleur. Die volk leef in donkerte. Tog, binne die donker, sien hulle hierdie groot lig. Ons weet lig verdryf die donker. Dit wat Jesaja beskryf, is egter geen klein liggie nie. Dit is ’n groot...

read more

Maandag 1 Desember – Die Lig van die Christusfees

Johannes 1: 1-16 In die Noordpool is dit vir maande lank nag. Wanneer die inwoners die aanbreek van die dag verwag, gaan die boodskappers uit na die hoogste punte om te wag vir die eerste tekens van lig. As hulle die eerste tekens van lig begin sien, gaan trek hulle...

read more