Maandag 15 Junie – Die Gees se wysheid
Handelinge 6: 8-15; 7: 51-58
Gedurigdeur word Israel herinner aan God se dade. Daar word veral na twee gebeure – nogal regdeur die Bybel – verwys om Israel te herinner dat die drie-enige God ’n getroue God is. Die een is dat God Hom telkens bekendmaak as die God van Abram, Isak en Jakob (die aartsvaders). Met ander woorde as die God wat getrou is aan sy beloftes van seën en sorg. Daarom kan Israel God vertrou met hul toekoms deur terug te kyk na die geskiedenis van God en die aartsvaders.
Die God van Abram, Isak en Jakob. Dit is so ’n belangrike verwysingspunt van God se trou dat selfs Stefanus – honderde jare daarna – na die God van die aartsvaders verwys. As die Joodse Raad wil weet wie Jesus van Nasaret is, dan hoef hulle nie verder te kyk as die God wat Homself aan Abram, Isak en Jakob kom verbind het nie (Hand 7: 32).
Die tweede gebeure wat ons regdeur die Bybel vind om te herinner aan God se trou, is dat God die Reddergod is wat Israel bevry het van slawerny vanuit Egipteland. Hiérdie reddingsdade staan geskrywe oor die hele Bybel heen. Ook wanneer Stefanus nagenoeg 1 300 jaar na die uittog teenoor die Joodse Raad getuig (Hand 7: 36).
God wil hê sy kinders moet Hom dien. Nie omdat Hy ’n tiran is nie, maar omdat Hy die Reddergod is wat in liefde vrymaak; die Verbondsgod wat getrou is aan sy beloftes. God wil hê dat sy volk Hom in hierdie vryheid wat Hy voorsien, by onder meer die Rietsee en deur die Christus op Golgota, bly vertrou en bly dien as die goeie God.
Die Heilige Gees gee aan Stefanus dié wysheid om te getuig dat die gekruisigde en opgestane Christus, die Here is (Hand 6: 10). Die Joodse Raad weerstaan egter die wysheid van die Gees. Hulle druk nie alleen hul ore toe as hulle op Stefanus afstorm nie (Hand 7: 57). Hulle is ook doof vir die Woord van God.
Ds André Thomas, Oos-Moot
Woensdag 2 Julie – Geesdriftig toegerus (4) – as koning
Hebreërs 12: 1-12 Julle het nog nie so teen die sonde weerstand gebied dat dit vir julle ’n stryd om lewe of dood geword het nie (Heb 12: 4). Wat is die take van ’n koning? ’n Koning moet met wysheid sy gebied en onderdane bestuur en beskerm. Ons Koning, Jesus...
Dinsdag 1 Julie – Geesdriftig toegerus (3) – as priester
Romeine 12: 1-8 Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen (Rom 12: 1). Priesters in die Ou Testament se taak was om te offer, te bid en die volk te seën. Dit alles was...
Maandag 30 Junie – Geesdriftig toegerus (2) – as profeet
Jeremia 1: 4-8 Toe sê die Here vir my: Jy moenie sê: “Ek is te jonk” nie. Jy moet gaan na wie toe Ek jou ook al stuur, en alles wat Ek jou beveel om te sê, moet jy sê (Jer 1: 7). Wat is ’n profeet? ’n Profeet is iemand wat deur God geroep is om sy wil en woord aan...
Sondag 29 Junie – Geesdriftig toegerus (1) – gesalf deur die Heilige Gees
1 Johannes 2: 18-27 Julle is egter deur die Heilige Gees gesalf, en julle ken almal die waarheid (1 Joh 2: 20). Wat beteken dit as iemand gesalf is? In die Ou Testament is profete, priesters en konings gesalf met ’n reukolie wat nie net op ’n persoon se kop geplaas is...
Saterdag 28 Junie – Ook in Afrikaans hoor ons die Woord
Handelinge 10: 34-48 Taal word beskou as die belangrikste kenmerk van die mens en sy bestaansgang. Ons ganse bestaan met sy instellings word aan die hand van taal ingerig, of dit nou skoolonderrig, die kerklike verkondiging of die staat se wette en prosesse is. Taal...
Vrydag 27 Junie – Die Gees omvorm die chaos
Genesis 1: 1-2 Verdeeldheid en verwarring is kenmerkend van ons ons tyd en wêreld. Enersyds is ons daagliks getuie van die verdeeldheid tussen volke en state, godsdienste en selfs kerke. Van ’n verbrokkelende wêreld neem ons eweneens kennis. Die stryd tussen...