Maandag 15 Junie – Die Gees se wysheid

Handelinge 6: 8-15; 7: 51-58

Gedurigdeur word Israel herinner aan God se dade. Daar word veral na twee gebeure – nogal regdeur die Bybel – verwys om Israel te herinner dat die drie-enige God ’n getroue God is. Die een is dat God Hom telkens bekendmaak as die God van Abram, Isak en Jakob (die aartsvaders). Met ander woorde as die God wat getrou is aan sy beloftes van seën en sorg. Daarom kan Israel God vertrou met hul toekoms deur terug te kyk na die geskiedenis van God en die aartsvaders.

Die God van Abram, Isak en Jakob. Dit is so ’n belangrike verwysingspunt van God se trou dat selfs Stefanus – honderde jare daarna – na die God van die aartsvaders verwys. As die Joodse Raad wil weet wie Jesus van Nasaret is, dan hoef hulle nie verder te kyk as die God wat Homself aan Abram, Isak en Jakob kom verbind het nie (Hand 7: 32).

Die tweede gebeure wat ons regdeur die Bybel vind om te herinner aan God se trou, is dat God die Reddergod is wat Israel bevry het van slawerny vanuit Egipteland. Hiérdie reddingsdade staan geskrywe oor die hele Bybel heen. Ook wanneer Stefanus nagenoeg 1 300 jaar na die uittog teenoor die Joodse Raad getuig (Hand 7: 36).

God wil hê sy kinders moet Hom dien. Nie omdat Hy ’n tiran is nie, maar omdat Hy die Reddergod is wat in liefde vrymaak; die Verbondsgod wat getrou is aan sy beloftes. God wil hê dat sy volk Hom in hierdie vryheid wat Hy voorsien, by onder meer die Rietsee en deur die Christus op Golgota, bly vertrou en bly dien as die goeie God.

Die Heilige Gees gee aan Stefanus dié wysheid om te getuig dat die gekruisigde en opgestane Christus, die Here is (Hand 6: 10). Die Joodse Raad weerstaan egter die wysheid van die Gees. Hulle druk nie alleen hul ore toe as hulle op Stefanus afstorm nie (Hand 7: 57). Hulle is ook doof vir die Woord van God.

Ds André Thomas, Oos-Moot

Vrydag 27 Junie – Die Gees omvorm die chaos

Genesis 1: 1-2 Verdeeldheid en verwarring is kenmerkend van ons ons tyd en wêreld. Enersyds is ons daagliks getuie van die verdeeldheid tussen volke en state, godsdienste en selfs kerke. Van ’n verbrokkelende wêreld neem ons eweneens kennis. Die stryd tussen...

read more

Donderdag 26 Junie – Ons Helper leer ons

Johannes 14: 15-26 Ongeveer 60 jaar na Jesus Christus se aardse werk klink die Evangelie van Johannes en die vraag: Wie is Jesus? Hierop volg ’n erkenning of ontkenning dat Jesus die Messias is. Vir gelowiges is dit nie maklik om aan die belydenis getrou te bly nie,...

read more

Woensdag 25 Junie – Gees van Christus

Johannes 20: 19-31 Ontvang die Heilige Gees! (Joh 20: 22). Dié woorde van Jesus Christus volg op sy verskyning aan die dissipels in Jerusalem. Dit is woorde wat Hy as opgestane Here aan ’n klein groepie manne rig. Wie die woord spreek, wie dit ontvang en wat gesê is,...

read more

Dinsdag 24 Junie – Heer en Lewendmaker

1 Petrus 1: 3-11 1 700 jaar gelede in Nicea, sowat 50 km van Konstantinopel, het afgevaardigdes van die kerk besin oor God Drie-enig. Die aanleiding hiervan was die dwaalleer van Arius. Sy uitspraak oor Jesus Christus dat daar ’n oomblik was toe Hy nie was nie,...

read more

Maandag 23 Junie – Getuienis teen die wêreld

Johannes 16: 7-15 Nadat Jesus sy weggaan vir die dissipels aankondig, verduidelik Hy die rede daarvoor. Dit moet gebeur sodat die Heilige Gees uitgestort word. Die gelowige word deur die Heilige Gees in die verlossingswerk van Jesus Christus ingetrek, of anders...

read more

Sondag 22 Junie – Die Trooster

Johannes 16: 7-15 Afskeid neem is meestal nie maklik nie. Veral wanneer onsekerheid die pad vorentoe versluier. Hierdie onsekerheid wek vrae: Wat wag vir ons? Waarheen is ons op pad? Hoe gaan ons sonder mekaar oor die weg kom? Sulke vrae woel in ons gees en gemoed....

read more