Sondag 4 Januarie – Die natuur – spieëlbeeld van God se werking met ons
Jesaja 11: 1-9
In hierdie tyd van Epifanie kyk ons na die impak wat Jesus se lewe en bediening op die gelowiges van sy tyd en alle eeue gehad het. Jesus vernuwe ook ons denke oor die skepping van God. Dit is ons tema vir hierdie week.
Die wisseling van seisoene, en die nuwe lewe wat dit bring, verras ons. Ons bely dat hierdie gebeure nie maar net die werking van die natuur is nie – ons sien die skeppende hand van God daarin.
Die agtergrond van Jesaja 11 is die dreigende ballingskap van die volk Israel, die profeet sê dat die oordeel vir Israel onafwendbaar is. Maar selfs in hierdie aankondiging is daar ook weer reeds ’n belofte van herstel – alles gaan nie vernietig word nie. Daar is ’n oorblyfsel wat sal oorleef.
Dit is belangrik om die beskrywing van die nuwe lewe wat in die takkie kom, te verstaan. Daar is drie momente in die nuwe lewe wat in die takkie kom: die eerste is dat die takkie uitspruit, dit kom in beweging, dit kom na vore. Daar is ’n wil om weer te groei. Nadat die takkie uitspruit, skiet dit wortel en dan in die derde plek dra dit weer vrugte.
Ons leer in hierdie gedeelte dat alhoewel God ons in beweging wil bring, dit tog ons is wat moet beweeg en na vore moet kom. Vir hierdie nuwe moontlikheid op lewe moet daar nuwe vastigheid wees, moet ons weer stewige geestelike wortels hê en moet ons dan in die derde plek gaan om weer nuwe vrugte te dra sodat almal die nuutheid wat God in ons bewerk, kan sien.
Gebed
Here, dankie dat ek ook altyd weer nuut en herskep kan wees net soos wat U telkens in die natuur nuwe lewe kan bring. Help my om te verstaan dat ek na vore moet kom om u nuutheid te aanvaar, sterk geestelike wortels moet hê en vrugte moet dra.
Dr Gerhard Nel, Horison Roodepoort
Sondag 30 November (Eerste Adventsondag) – Die God wat gee
Johannes 3: 16-21 Advent 2025 is hier. Ons betree nou die tyd waarin ons as gelowiges ons voorberei vir die geboorte van Jesus Christus, ons Verlosser en Heer. Dié tydperk herinner ons ook weer opnuut aan die verwagte wederkoms van Jesus. Advent begin vier Sondae voor...
Saterdag 29 November – Die strome van die lewe…
Esegiël 47: 1-12 Die beskrywing van die water se sterkte in dié Skrifgedeelte is geen toeval nie. Eers enkeldiepte, dan kniediepte, dan heuphoogte, en dan moet Esegiël swem in hierdie stroom se rigting, want dit is gewoon te diep. Mag dit wees dat Esegiël voel hy word...
Vrydag 28 November – Ek is die weg en die waarheid en die lewe…
Johannes 14: 1-12 Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie. As julle My ken, sal julle my Vader ook ken. En van nou af ken julle Hom en sien julle Hom.” (Joh 14: 6-7) Die dissipels is...
Donderdag 27 November – Die goeie Herder
Johannes 10: 1-21 In die Bybelse tyd moes boere dieselfde doen as wat die meeste boere vandag in Suid-Afrika moet doen om hul skape veilig te hou: Jy moet jou skape kraal. Hierdie skaapkrale was gereeld in die middel van ’n familie se grondgebied met die familie se...
Donderdag 27 November – Die goeie Herder
Johannes 10: 1-21 In die Bybelse tyd moes boere dieselfde doen as wat die meeste boere vandag in Suid-Afrika moet doen om hul skape veilig te hou: Jy moet jou skape kraal. Hierdie skaapkrale was gereeld in die middel van ’n familie se grondgebied met die familie se...
Woensdag 26 November – Van droë bene tot lewende liggaam…
Esegiël 37: 1-14 Israel ontvang hierdie profetiese woorde aan hulle tydens ’n bittere laagtepunt in die volk se lewe. Hulle is deur die Babiloniërs ingeneem. Hulle word weggevoer na ’n vreemde land. Hul lewe word ontwortel en hulle voel dit is die einde van die pad....