Hulpbronne vir gemeentes
Kategese in inperkingstyd
Hulpbronne vir die geloofsvorming van kinders en jongmense (kategesemateriaal)
Tydens verskeie gesprekke met gemeentepredikante en jeugwerkers, veral by die 2023-Jeugberaad, het die SGB se Jeugbedieningskomitee diep onder die indruk gekom van die innoverende jeugbedieningspraktyke in verskeie gemeentes. Dit is belangrik dat hierdie innovasies en hoopvolle stories met die Kerk gedeel word om mekaar te inspireer en te versterk in die belangrike taak van geloofsvorming. Daarom is ’n omsendskrywe met ’n vraelys in April 2024 uitgestuur om meer inligting oor gemeentes se jeugwerkpraktyke in te win.
’n Merkwaardige 91 voltooide vraelyste is terug ontvang, en die data is nou verwerk. Hier is die eerste vrug van daardie proses: ’n opsomming van die hulpbronne wat deur byna ’n derde van ons gemeentes gebruik word. Hierdie hulpbronne word aangewend om kategese- en jeugbediening te verryk, sodat die geloofsvorming van kinders en jongmense in gemeentes kan floreer. Die Jeugbedieningskomitee hoop dat dit van hulp sal wees terwyl julle na aanvullende materiaal soek vir die 2025-kategesejaar.
Die SGB bied ook graag finansiële hulp aan vir die verkryging van enige van hierdie hulpbronne. Gemeentes wat belangstel, kan ds Rue Hopley (rue@pretoriaoos.com) kontak vir verdere reëlings in dié verband. Geloofsvorming bly een van die Kerk se grootste roepings, en ons wil gemeentes graag hierin op enige moontlike wyse ondersteun.
Gebruik asseblief hierdie hulpbronne na goeddenke. Elke hulpbron het ’n kort opsomming van die inhoud met skakels na die webblad, bestellingsblad of kontakpersoon. Daar is ook ’n leeslys om denke oor jeugbediening te stimuleer, soos voorsien deur die terugvoer uit die vraelyste. Dit is die Jeugbedieningskomitee se droom om binnekort relevante, kerkeie jeugbedieningshulpbronne vir gebruik in alle tipe gemeentes beskikbaar te stel. Tot dan verskaf ons wat tans tot ons beskikking is.
Die skakel na die hulpbronne is https://sites.google.com/pretoriaoos.com/nhka-jeug/kategese?authuser=0.
Die Hervormer – ’n Bybelse tydlyn

Tydlynplakkaatreeks bladsye 1 tot 3
PDF vir algemene gebruik (6,2 MB)
PDF vir A2 hoëkwaliteitdruk (42 MB)
Kennisgewingborde vir gebruik in gemeentes
Storie-Ark: Josef en sy drome
Dit is vandag broodnodig dat ons ons kinders moet monitor in terme van wat hulle op sosiale media sien. Dis ons verantwoordelikheid as ouers om seker te maak dat wat hulle kyk nie ’n negatiewe impak op hul welstand het nie.
Om kinders met Christelike inhoud groot te maak, is soos om vir hulle ’n padkaart te gee vir die lewe. So sal hulle nie net altyd hul pad terugvind na God nie, maar hulle sal goeie verspreiders wees van God se Woord.
In hierdie episode van Storie-Ark leer oom Schallie die maatjies van Josef en sy drome. Dit handel oor hoe Josef se boeties jaloers was op hom, en hoe hulle hom dan in ’n gat gooi en jok vir hul pa. Die maats sien hoe belangrik dit is om jou boetie en sussie lief te he en nie te jok vir jou mamma of jou pappa nie. Die episode wys ook hoe belangrik dit is om dankbaar te wees vir ’n boetie, sussies, mamma en pappa of geliefdes na wie hulle kan draai in tye van nood. Dit het ’n positiewe les wat die kinders wys hulle moenie lelik wees met hul boeties of sussies nie. Inderdaad ’n les wat in hierdie tyd van by die huis sit baie belangrik is.
Vir meer gratis Christelike inhoud met oulike lessies soos hierdie een vir jou en jou kinders, besoek gerus ons webtuiste by glomedia.tv. Christelike inhoud vir jou hele gesin!
Storie-Ark: Almal is genoeg
Sosiale media vorm dikwels ons kinders se waardesisteme en beïnvloed hul denkwyses. Statistieke wys dat geweld op sosiale media ons kinders van ’n jong ouderdom af daarvoor vatbaar maak om meer aggressief op te tree teenoor ander, minder empatie te toon en onnodige vrees vir die werêld daar buite te hê. Maar nie alle inhoud op sosiale media hoef ’n negatiewe impak op jou kind te hê nie.
Met gesonde sosialemedia-inhoud kan jy jou familie se verhoudings versterk, nuwe gesprekke stimuleer en kinders voorsien van prettige platforms wat opvoedkundig is. Dis waarvoor die GLOmedia-netwerk hier is. Christelike inhoud vir die hele gesin wat jou en jou kinders nie net positief beïnvloed nie, maar julle ook motiveer om meer te leer van die Bybel.
In hierdie episode van Storie-Ark vertel tannie Anel ons van Johannes die Doper en leer die maatjies dat almal goed genoeg is. Ons volg die storie van Johannes wat ’n belangrike opdrag gehad het. Die maatjies leer dat hulle net soos Johannes uniek en besonders is. Help jou kind om te leer dat hy of sy uniek is en meer as genoeg is vir Jesus. In ’n tyd soos hierdie waar die nood druk, kry ons ’n positiewe les uit die Bybel. Ons leer dat ons op die aarde geplaas is om ’n verskil te maak in ons naastes se lewens.
Skakel gerus in op glomedia.tv om jou gesin toegang te gee tot insiggewende inhoud. GLOmedia se webtuiste het ’n verskeidenheid gratis inhoud wat nou beskikbaar is vir jou. Moet dit nie misloop nie!
Ander hulpbronne
Vertel weer wat vertel was!
Die Biblioteek (Bybel) beskik oor kosbare verhale met onskatbare wonders, wat mense eeue lank aan mekaar vertel het.
Paasweek (9-12 April)
Geliefdes, dit is ‘n groot voorreg om in hierdie Lydenstyd terug te dink aan wat die Kruis van Jesus Christus vir ons elkeen beteken.
Huisgodsdiens vir die Groot Lydensweek
Ons leef nou in ingrypende omstandighede en tye – tye en omstandighede wat elkeen van ons op ‘n unieke manier raak…
Covid-19-hulplyn vir lidmate en predikante
Dr Frikkie Labuschagne, direkteur van die SGB, rig hierdie skrywe aan ons lesers. Ons verkeer almal in isolasie!