Die NHSV se 49ste Nasionale Kongres wat van 14 tot 16 Junie 2020 sou plaasvind, word uitgestel na 2021. Die spesifieke datum sal later bepaal word.

Die enigste ander datum wat beskikbaar sou wees vir hierdie jaar is van 24 tot 26 September 2020 in die skoolvakansie. Weens die verlenging van die grendeltyd met twee weke tot 30 April 2020, is die Covid-19-virus se verwagte piektyd egter uitgeskuif na Augustus/September 2020, terwyl dit oorspronklik verwag is vir Junie/Julie 2020. Wanneer die grendeltyd opgehef word, sal beperkings steeds geld vir groepe wat bymekaar mag kom.

Skool- en universiteitsvakansies vir 2020 gaan boonop gewysig word om agterstallige dae in te haal. Dit kan beteken dat die Junie/Julie- en September-vakansie gaan wegval of verkort kan word.

Ook ringsvergaderings en fondsinsamelings gaan waarskynlik uitgeskuif word na later in die jaar, wat beplanning rondom die Kongres verder bemoeilik vir September 2020.

Die NHSV se tema vir 2020 – Lééf die liefde: Laat julle lig so voor die mense skyn… (Matt 5: 16) – sal nou die tema wees vir 2020 én 2021.

Share via
Copy link
Powered by Social Snap