Die Hervormer

Maart 2023 | Jaargang 115 | Nommer 9

Apokalips of paradigmaskuif? Oor tegnologie, geselsrobotte en ChatGPT

Dit is Maart 2020. Die president van Suid-Afrika kondig ’n grendeltydperk vir die land aan. My derdejaarstudente sou die volgende dag ’n semestertoets geskryf het…

Die toekoms het aangebreek...

“Skryf ’n redaksionele artikel vir Die Hervormer, die amptelike mondstuk van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika.” Dit was my kort en eenvoudige opdrag aan die geselsbot ChatGPT. Lees die bot se reaksie later in hierdie artikel.

Petrus op die water

Dadelik het Jesus sy hand uitgesteek, hom gegryp en vir hom gesê: “Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?” (Matt 14: 31, AFR1983)

Uit die Woord

Jesus loop op die see

Quo vadis, gedrukte media?

By die konsep gedrukte media sluit ek die publikasies in wat tradisioneel op papier gedruk word, wat gereeld verskyn volgens ’n vaste skedule, en wat van ’n populêre aard is.

Vind vreugde in jou jeug!

Jy wat jonk is, moet vreugde vind in jou jeug en jou jong dae ten volle geniet (Pred 11: 9). En waar vind jongmense meer vreugde as wanneer hulle ontspanne saam aan die begin van ’n lewensveranderende nuwe avontuur staan! 

Wysheid as ’n vrou in die Judese geskrifte (Deel 1)

Prof Ananda Geyser-Fouché van die Universiteit van Pretoria het in September 2021 ’n tweede PhD-graad verwerf, dié keer in Semitiese Tale.

Wees deel van ’n groter narratief

Alhoewel gelowiges en ongelowiges van elke generasie weet waar die kerkgebou is, beteken dit nie noodwendig dat al die generasies saam met jou gaan aanbid nie. 

Ingebruikneming van die Dirk van der Hoffgebou

Vandeesmaand 62 jaar gelede op 8 Maart 1961, die dag voor die opening van die 53ste Algemene Kerkvergadering (AKV), is die voormalige sinodale kompleks van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA), die Dirk van der Hoffgebou, amptelik geopen.

Opening van die HTK: Het jy al Johannes die Doper hoor preek?

Die teologiestudente van die Hervormde Kerk is Woensdag 15 Februarie 2023 amptelik verwelkom by die Hervormde Teologiese Kollege (HTK) tydens ’n openingsgeleentheid.

Emerituspredikant oorlede

Emerituspredikant ds WPF (Piet) van Wyk (74) is Saterdagnag 28 Januarie in sy slaap oorlede.

Stoepstories: Uit donker dieptes roep ek...

Duister Danie van Donkerpoort vra: Beste Oupa Stoep, Oupa moet help, asseblief! Hierdie beurtkrag is besig om my onder te kry. Het Oupa dalk enige raad wat my gemoed kan lig?