Webwerf Privaatheidsbeleid (Toepaslik op die Suid-Afrikaanse grondwet)
Die doel van hierdie privaatheidsbeleid is om te voldoen aan die wetlike vereistes soos vasgestel in die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPIA) sowel as ander toepaslike grondwette soos die Elektroniese Kommunikasie en Transaksies (Wet 25 van 2002). Meer spesifiek is dit gerig op die webwerf se slimfoon applikasie. Die volgende gedeeltes kom uit navorsing vanaf ‘n bron sowel as aangepaste teks uit reedsbestaande beleidsdokumente.
Die webwerf se privaatheidsbeleid is geskep om in lyn te wees met die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, ook geken as POPIA. Die privaatheidsbeleid is om vas te stel dat die NHKA en die webwerf ten volle ooreenstem met die POPIA wetgewing. ‘n Groot deel van die nakoming van hierdie wetgewing is om gebruikers te verseker dat data nie gebruik word vir enige ander funksie as wat dit oorspronklik voor ingesamel is nie.
Die doel van ‘n privaatheidsbeleid is om vir gebruikers uiteen te sit hoe die NHKA se webwerf data versamel, hanteer en verwerk. Dit word uitgelê watter inligting word vertroulik gehou en watter inligting is gedeel met derde partye. Let asb daarop dat geen inligting aan derde partye verskaf of verkoop word nie
Let ook asb daarop dat u ‘n intekenaar moet wees van die NHKA se webwerf om alle inligting te sien soos byvoorbeeld onder ‘Amptelik’. Indien u nie ‘n intekenaar is nie of sukkel om ‘n intekenaar te word kan u my gerus kontak met die besonderhede aan die einde van hierdie dokument.
Die wetlike vereistes van ‘n webwerf privaatheidsbeleid:
- Wie is die NHKA? Dit moet behels wat die kontakbesonderhede is soos gestel in die Elektroniese Komminukasie en Transaksies Wet 25 van 2002.
Kyk gerus na die teks van die webwerf oor ‘Wie is ons’. U kan ook kyk na gemeentes se adresse en kontakbesonderhede kyk op die webwef. Indien u nie regkom met die kontakinligting nie kan u my kontak (sien my besonderhede aan die eiende van hierdie dokument). Daar is belangrike dokumente onder ‘amptelik’. Gaan gerus ook na die ‘kontak ons’ blad om kontakbesonderhede te kry. U kan ook ‘n boodskap daar los wat ek outomaties sal ontvang en antwoord.
- Watter persoonlike inligting word versamel en wat word daarmee gedoen?
Internet Protokol adresse, blaaier-inligting, soekterme en soekresultate word deur die NHKA se webwerf gebruik om ‘n algoritme via Google Analytics te hardloop vir analise doeleindes. Webwerf analise is in plek gestel om na die verkeer van die webwerf te kyk en om die verrigting van die webwerf te bestuur. Hierdie gereedskap word nie gebruik om na besoekers se private inligting te kyk of om dit te verwerk en vry te stel nie. Die webwerf versamel nie epos adresse om publikasies soos Die Hervormer of Die Blitspos aan u te verskaf nie. Hierdie is ‘n aparte proses wat u toestemming vra. Indien u die Blitspos of Hervormer wil ontvang (of nie meer wil ontang nie) is u welkom om my te kontak.
U kan te eniger tyd u persoonlike inligting regstel of laat verwyder deur hier te klik en die toepaslike vorm in te vul. U kan ook beswaar maak teen die verwerking van u persoonlike inligting deur hier te klik. U kantoestemming verleen dat u persoonlike inligting vir die doel van kerklike kommunikasie gebruik word deur hier te klik en die toepaslike vorm in te vul.
Daar is ook ’n dokument op die webwerf van die NHKA wat die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA) verduidelik. Klik hier om meer uit te vind.
Alle versoeke vir meer inligting kan aan die Inligtingsbeampte gestuur word by data@nhk.co.za.