BEGRAFNISFORMULIER (1)

Waar ons nou afskeid neem van NN (of geliefde, of oorledene), hoef ons nie te treur soos hulle wat geen hoop het nie.

Ons glo immers dat Jesus Christus gesterwe maar ook opgestaan het.

Net so glo ons ook dat God saam met Jesus die ontslapenes wat in hom gegelo het, na Hom toe sal neem (1 Tess 4:13-14).

Amen

BEGRAFNISFORMULIER (2)

Waar ons nou afskeid neem van NN (of geliefde, of oorledene), moet ons nie ontsteld wees nie, want Jesus Christus het gesê:

“In die huis van my Vader is daar baie woonplek. Ek gaan om vir julle plek gereed te maak … en Ek sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan

wees waar ek is” (Joh 14:1-3).

Amen

BEGRAFNISFORMULIER (3)

Waar ons nou afskeid neem van NN (of geliefde, of oorledene), hoef ons nie wanhopig te wees nie, want Jesus Christus het gesê:

“Ek is die opstanding en die lewe. Wie in my glo, sal lewe, al sterwe hy ook; en elkeen wat in my glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie” (Joh

11:25-26).

Amen

BEGRAFNISFORMULIER (4)

Ons neem afskeid van NN (of geliefde, of oorledene) in die oortuiging dat elkeen wat in Jesus glo, sal lewe, al het hy/sy gesterwe (Joh 11:25-26).

Amen

BEGRAFNISFORMULIER (5)

Elkeen wie in Jesus Christus glo, leef vir altyd in God se teenwoordigheid.

Met die sterwe van NN, (vir wie ons lief was), bely ons saam met Paulus dat ons nie onkundig hoef te wees nie, omdat God dié wie in Hom glo, na

Hom toe neem (1 Tess 4:13).

In hierdie geloof neem ons vandag afskeid van NN.

Ons lewe nou reeds in die vaste en seker hoop van die opstanding tot die ewige lewe deur ons Here Jesus Christus (Joh 5:24; 11:25).

Hy maak ons vernederde liggame aan sy verheerlikte liggaam gelyk.

Só bly ons tot in ewigheid by God.

Amen

BEGRAFNISFORMULIER (6)

Wanneer ons geliefdes sterwe, bely ons terselfdertyd dat Jesus Christus vir ons gesterf het.

Deur Christus se dood het ons saam met Hom die graf ingegaan en deur sy opstanding het ons saam met Hom die dood oorwin (Rom. 6:5).

Omdat Christus opgestaan het, is ons eie opstanding ‘n werklikheid.

Jesus was dood, en kyk, Hy lewe tot in alle ewigheid.

Hy is die Eerste en die Laaste en die Lewende.

Hy is die Oorwinnaar oor die dood (Open. 1:18).

In hierdie geloof neem ons afskeid van NN.

Amen

BEGRAFNISFORMULIER (7)

By die graf van/Met die afsterwe van NN raak ons weer opnuut bewus dat ons aardse lewe ophou (Jes 40:6, 8; 1 Pet 1:24).

Nogtans bly ons hoop op God gevestig, wat aan ons die lewe in Christus gee.

Christus is ons hoop.

Hy het vir ons gesterwe en vir ons opgestaan.

Saam met Hom oorwin ons die dood.

Daarom glo ons dat elkeen wat in Christus sterwe, ook saam met Christus sal lewe (Joh. 5:24; 1 Joh 5:13).

In hierdie geloof en vertroue begrawe/neem ons afskeid van NN.

Amen

BEGRAFNISFORMULIER (8)

Ons glo dat God die Bron van lewe is – ook van die ware en ewige lewe (2 Tim 1:1; 1 Kor 15:19).

Deur die dood van NN, ervaar ons die groot verlies, waardeur ons elkeen diep bedroef is.

Tog gee die Here self aan ons sy troos en bemoediging, sodat ons nie treur soos mense wat nie hoop het nie (1 Tes. 4:13-14).

God beloof dat ons smart verlig sal word en dat Hy ons met sy liefde en krag sal bystaan, ook op die pad wat voorlê.

Al is ons verlies groot, hou ons vas aan die genade van God wat steeds groter is.

Amen

BEGRAFNISFORMULIER (9)

(Kan onder andere gebruik word in die geval van selfmoord)

Met die skielike en onverwagte afsterwe van NN, (vir wie ons lief was), kom ons te staan voor die werklikheid dat ons aardse lewe nie vir altyd hou

nie (Jes 40:6,8; 1 Pet 1:24).

Jesus Christus, wat genadig is, het self aan die kruis gesê:

“Dit verseker ek jou, vandag sal jy saam met my in die paradys wees” (Luk 23:43).

Christus het immers vir sondaars gesterf.

Elkeen ontvang alleen op grond van Christus se genade die ewige lewe (Ef 1:5; Tit. 1:2).

Ons begrawe/neem ons afskeid van ons geliefde NN, in die vaste en seker wete dat Jesus Christus ons enigste hoop in hierdie lewe en ook hierna is

(Kol 3:3; Ef 1:2; Heb 11:1).

Amen

BEGRAFNISFORMULIER (10)

(Kan onder andere gebruik word in die geval van ‘n onverwagte dood, byvoorbeeld ‘n jongmens se dood of iemand wat in ‘n ongeluk gesterf het)

Met die skielike en onverwagte afsterwe van NN, (vir wie ons lief was), kom ons te staan voor die werklikheid dat ons aardse lewe nie vir altyd hou

nie (Jes 40:6, 8; 1 Pet 1:24).

Nogtans bly ons hoop op God gevestig, wat aan ons die lewe in Christus gee.

Christus is ons hoop.

Hy het vir ons gesterwe en vir ons opgestaan, sodat ons saam met Hom die dood kan oorwin.

Elkeen wat in Christus sterwe, sal ook saam met Christus lewe, “ … want om te lewe is vir my Christus en om te sterwe, is vir my wins” (Fil 1:21).

In hierdie geloof en vertroue begrawe ons/neem ons afskeid van NN.

Amen

BEGRAFNISFORMULIER (11)

(Kan onder andere gebruik word in die geval van ‘n onverwagte dood van ‘n baba)

Ons leer uit God se Woord dat Hy ons ken en liefhet nog voordat ons gebore is (Ps 139).

Of ons dan lewe en of ons sterwe, dié seker wete en dié vaste geloof mag ons altyd hê dat God ons God is.

Jesus Christus is nie net ons Vriend in hierdie lewe nie, maar is ook ons Vriend dwarsdeur dood.

“Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê” (Joh. 15:13).

Al brand ons harte in verslaendheid en pyn, leer ons by die graf van Lasarus dat ons pyn ook God se pyn is (Joh. 11:33, 35).

Al het ons as gelowiges nie al die antwoorde nie, begrawe/neem ons afskeid van ons ons baba/kind NN, in afwagting op God wat troostend deur sy

Gees ons bystaan.

Amen

Share via
Copy link
Powered by Social Snap