In opdrag van God Lees: 1 Timoteus 1:1-2 “Hier is ek, apostel, in opdrag van God.” Vraag 1: As daar staan Paulus is die skrywer, maar navorsing wys dit is waarskynlik nie so nie – wat maak ’n Bybelleser daarvan? Vraag 2: Dink jy die skrywer se identifisering as apostel het te doen met dwaalleraars in die gemeente? Vraag 3: Dink jy dat jy ook ’n roeping van God ontvang het? Wat sou dit wees? Vraag 4: Wat sou die verwysing na Christus ons Hoop vir die skrywer persoonlik beteken het? Vraag 5: Hoekom dink jy sou ’n ouer apostel soos Paulus en ’n jong leier soos Timoteus soveel vir mekaar kon beteken? Vraag 6: Kan hul verhouding ’n voorbeeld wees vir hoe ouer en jonger lidmate in ’n gemeente saamwerk? Vraag 7: Hoekom is dit belangrik om altyd bewus te wees dat ons van die Here se genade afhanklik is? Stuur antwoorde na hierdie e‑posadres: Stuur Antwoorde