Die Hervormer

Junie/Julie 2025 | Jaargang 118 | Nommer 3

Terug na die Bron

U sou geen volmag oor My gehad het as dit nie van bo aan u gegee is nie (Joh 19: 11 AFR2020). Die Allerhoogste het mag oor ’n menslike koninkryk en Hy gee dit aan wie Hy wil (Dan 4: 17, 25 en 32 AFR2020).

Lewe in oorvloed

Die Wêreldgelukkigheidsindeks wat sedert 2012 jaarliks gepubliseer word, toon aan dat Suid-Afrikaners se gelukkigheidsvlakke steeds daal. Suid-Afrika beklee die 95ste plek uit 147 lande op die 2025-indeks – met dieselfde indekstelling as Mosambiek!

"Here, gee U nie om dat ons vergaan nie?"

Markus 4: 35-41

Kom ons plaas onsself in die Bybelse toneel van Markus 4 – saam met Jesus en sy dissipels op ’n klein skuitjie in die middel van ’n storm…

Uit die Woord

U is my redding

Ons glo...

Om gelowige te wees, en om Kerk te wees, beteken dat ons glo en dat ons getuig van die geloof en die hoop wat in ons leef. Dit doen ons deur elke Sondag tydens die erediens ons geloof in God Drie-enig te bely met die woorde van die Twaalf Artikels of die Belydenis van Nicea

Stasies van die Kruis

Dit was tydens die pas afgelope Paasfees weer vir my ’n voorreg om die Stasies van die Kruis in my gemeente te besoek en te ervaar. Kerke worstel nogal met die vraag: Hoe kan lidmate ’n ou boodskap weer opnuut as betekenisvol beleef? Die Stasies van die Kruis is beslis ’n manier om gelowiges weer te inspireer.

Bediening in Kanada

Aan die einde van 2016 het ons gesin in Kanada aangeland. Ons is dus nou al byna agt en ’n half jaar woonagtig en werksaam in ’n dorp genaamd Mission. Hierdie dorp is geleë in die provinsie British Columbia in die weste van Kanada. Dit is ongeveer 70 km oos van die stad Vancouver en geleë op die oewer van die magtige Fraserrivier.

Die Ou Testament vir vandag: Deel 1 van 3. Hoekom en hoe lees ons die Ou Testament?

Baie lidmate se kennis van die Ou Testament is beperk tot die psalms en enkele verhale wat ons as kinders uit die Kinderbybel leer ken. 

“Dan loop die leë gaatjies vol.” ’n Sop-en-brood-storie!

Dit is winter en weer tyd vir trooskos – sop en brood. In die SP Engelbrecht-museum is allerlei kombuistoebehore wat die storie van kos vertel – en spesifiek winterkos. 

Doktorsgrade word toegeken

Tydens die afgelope gradeplegtigheid van die Universiteit van Pretoria het drr CB (Bernard) Prinsloo en MJ (Martin) Slabbert van die NHKA, en JS (Jack) Montja van die MRCC hul doktorsgrade ontvang.

Daar is net Een wat die toekoms bepaal

Op 13 Mei 2018 maak Gemeente Pretoria hul kanselbybel in Du Toitstraat, Pretoria toe. Sewe jaar later op 11 Mei 2025 word dié kanselbybel aan die kinders van die Gemeente Wonderboom-Suid oorhandig.

In memoriam: Ds JH Prinsloo

Ds JH (Jan) Prinsloo is op 27 April oorlede.

Stoepstories: Nagmaalwyn

Desperate diaken Dirkie van Dassiefontein vra: Beste Oupa Stoep, ek is gekies as diaken in my gemeente en toe sommer ook as voorsitter van die diakensvergadering…