Vrydag 2 Januarie – Voorneme om te weet
Jakobus 1: 5-8 (AFR2020)
As enigiemand van julle wysheid kortkom, laat hy dit vra van God, wat aan almal gee, sonder voorbehoud en sonder verwyt, en dit sal aan hom gegee word. Maar hy moet in die geloof vra, sonder om enigsins te twyfel, want wie twyfel, is soos ’n golf van die see wat deur die wind rondgeruk en voortgesleep word. Want so ’n mens moenie dink dat hy enigiets van die Here sal ontvang nie. Hy is ’n dubbelhartige mens, onstandvastig in alles wat hy doen (Jak 1: 5-8).
Wanneer ek die terugkyk op 2025 en vooruitkyk na 2026 is ek baie bewus van wat ek weet. Ek weet waar ek gestruikel het. Ek weet waarin ek suksesvol was. Ek kan bewustelik ’n inventaris neem van my doen en late. Ek ken tog my realiteit, my omgewing, en ek kan weet wanneer ek angstigheid en vrees beleef. Ek het denke oor en ’n verstaan van die jaar wat verby is en waar ek myself tans bevind.
Vandag weet ek ook wat in my hart leef (sien weer gister se dagstukkie). Ek vra vir God om wysheid en raak bewus van hoe ek in geloof, met vaste vertroue, my Heer se inspraak ag in my dag. My voorneme om te weet is juis daarin omdat daar deernis in my hart is, dat ek met sekerheid kan onderskei tussen wat mý wil is en wat God se wil is.
Soms voel ek self soos ’n dobbertjie, maar vandag kies ek bewustelik om in geloof kreatief om te gaan met dit wat ek weet. Dit bring vir my nuwe energie in die take van die dag, besluite in my lewe en die pad wat ek vandag loop.
Die wysheid wat God aan my skenk, verkwik my siel. Dit vernuwe my denke en dit bring standvastigheid vir my, nie net in wat ek doen nie, maar veral in wat ek weet ek weet.
Gebed
Heer, laat u lig oor my gedagtes skyn soos dit vernuwe in hierdie dag. Amen.
Dr Pierre Jacobs (jr), Gaborone
Woensdag 19 November – Verwagting
Psalm 86: 11-13 Leer my u pad Here, ek wil wandel in u waarheid; leer my U met toewyding dien. Met my hele hart sal ek U prys, Here my God, u Naam altyd eer, want u liefde vir my was groot: uit die dieptes van die dood het U my gered. Vandag se teksgedeelte hang nou...
Dinsdag 18 November – Verwondering
Genesis 1: 31 Toe het God gekyk na alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die sesde dag. Sonder om te huiwer, bely ons dat God die Skepper van die hemel en die aarde is. Ons bely dit weekliks met...
Maandag 17 November – Volharding
Romeine 5: 3-5 Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop... Vasbyt! Dit is ’n woord wat almal van ons al ’n paar keer in die lewe gehoor het. Die hoop van...
Sondag 16 November – Vernuwing
Openbaring 21: 5 Toe sê Hy wat op die troon sit: “Kyk, Ek maak alles nuut.” Die brief in Openbaring is geskryf vir vroeë gelowiges wie se wêreld om hulle besig was om te verkrummel. God se openbaring aan Johannes het hulle gehelp om hul hede uit ’n ander (groter)...
Saterdag 15 November – Tussen is en wees
Lukas 6: 36 So, wat doen jy vir ’n lewe? Dit is die vraag wat al by menige braaivleisvuur tussen vreemdelinge gevra is. Let ’n bietjie op wat ons vra: Ons vra ’n vraag met ’n werkwoord daarin. Wat doen jy vir ’n lewe? Hoe antwoord ons egter hierdie vraag? Ons antwoord...
Vrydag 14 November – Vrugbaarheid van stiltes
1 Konings 19 Ek is nie altyd gemaklik met stiltes nie. Ek ry meestal met die motor se radio aangeskakel, of as ek alleen tuis is, moet daar die een of ander wit geruis in die agtergrond aangeskakel wees. Die stilte is soms vir my oorverdowend. Hoekom is daar talle...