Donderdag 1 Januarie – Voorneme om te luister

Spreuke 4: 20-23 (AFR2020)

My seun, slaan ag op my uitsprake; spits jou ore vir my woorde. Laat hulle nie aan jou oë ontglip nie; bewaar hulle diep in jou hart. Want dit is die lewe vir hulle wat dit vind; vir die hele liggaam bring dit genesing. Bewaak jou hart meer as enigiets wat bewaar word, want daaruit ontspring die lewe (Spr 4: 20-23).

Ek begin hierdie jaar vanuit die hart. Met die hart as vertrekpunt word ek opnuut bewus van wat tans in my hart is. My hart is vol emosies van die jaar wat agter my lê. Gevoelens soos dankbaarheid, tevredenheid en vergenoegdheid. Ook is daar gevoelens van verlies soos hartseer en ’n bietjie heimwee. Ek raak bewus van ’n stukkie bitterheid en moedeloosheid vanweë uitdagings in 2025.

Hierdie gevoelens is mý gevoelens. Ek kan bewustelik oplet na wat my hart ervaar. Net so kan ek ook bewustelik oplet na wat in my hart leef wat my hart waarlik wil ervaar en na smag.

My voorneme om te luister, is juis ná die wysheid verborge diep in my hart. Ek wil lewe hierdie jaar – vanuit my hart. In my hart ervaar ek waarlik deernis, goedheid, vriendelikheid, empatie – nie net vir myself nie – vir die naastes aan my. Aan dié vir wie ek ’n naaste word. Aan wie ek ’n fontein van lewe kan wees en is.

Spreuke 4 nooi my uit om te let na die wysheid wat in my hart leef. Die wysheid te ag en te onthou. Die wysheid hoog op die prys te stel. Die wysheid te omarm. Hier vanuit die hart kan ek nou my oë rig op die jaar wat voorlê. Dan lyk die vooruitsigte anders vir 2026. Ek kan vandag kies om nie links of regs af te draai nie – maar eerder die gedagtes wat in my denke leef opnuut met deernis te aanskou met die wysheid wat in my hart leef.

Gebed

Skep ’n rein hart vir my, o God. Vernuwe ’n bestendige gees in my binneste.

Dr Pierre Jacobs (jr), Gaborone

Donderdag 13 November – Selfgemaakte mens

1 Korintiërs 4 (AFR2020) Daar is ’n mite wat die rondte doen in ons moderne samelewing: die mite van die selfgemaakte mens. Volgens hierdie mite is alles wat ons het en alles wat ons ooit bereik het, alleenlik deur ons eie toedoen. Daar is talle selfhelpboeke wat ons...

read more

Woensdag 12 November – Buitengewoon en doodgewoon

Filippense 2: 6-8 Oor watter tipe lewens word boeke geskryf, of selfs flieks gemaak? Ons sou maklik hierdie vraag kon antwoord met: buitengewone lewens, natuurlik! Wanneer ons dink aan lewens waaroor noemenswaardige stories vertel word, is ons dikwels geneig om te...

read more

Dinsdag 11 November – Hoop in onverwagse vorm

Johannes 1: 43-51 Hoop is ’n snaakse konsep, is dit nie? Wanneer ons die woordjie hoop hoor, het ons dadelik ’n bepaalde beeld, prentjie of definisie van wat hoop is, en hoe hoop lyk. As daar gevra sou word waarop ons hoop, dan sou ons ’n duidelike prentjie van iets...

read more

Maandag 10 November – Die mat

Markus 2: 1-12 Het jy ’n kledingstuk in jou kas waarvan jy net nie ontslae kan raak nie? Nie as gevolg van ’n sentimentele houding nie, maar eerder as gevolg van die gemak wat saam met jare se dra gekom het. ’n Mat kan ook so ’n voorwerp vir ons wees. Jesus is in ’n...

read more

Sondag 9 November – Tussen eendag en vandag

Johannes 14: 1-14 Toe ons kinders was, het ons al ons toekomsdrome begin met die woorde as ek eendag groot is. Ons drome vir ons toekoms begin dalk nie meer in ons volwasse jare met hierdie woorde nie, maar elkeen van ons het steeds drome (of dalk eerder hoop) vir...

read more

Saterdag 8 November – Christus die Hoop

Openbaring 1: 4-8 Mense kry wêreldwyd swaar. Mense wil moed verloor. Sommige dink God is afwesig, want waar is Jesus as hulle Hom nodig het? So is daar talle mense vandag wat gewoonweg nie meer in Jesus Christus en sy wederkoms glo nie. Die gelowiges kry swaar onder...

read more