Vrydag 26 Desember – Eenvoud

’n Sesde ent: Eenvoud is die integrasie van oordenking (kontemplasie) en reaksie (om te doen). Hierin gesetel is jou groeiende bevoegdheid om te lewe te midde van die wisselvalligheid van jou dag. Elke dag is daar makliker en meer uitdagende oomblikke en situasies. Oordenking van ’n oomblik of situasie is nie dieselfde as om aksie te neem, oftewel iets te doen nie. Hierdie twee handelinge geïntegreerd (maar nie eenders nie), bring eenvoud in jou doen en late.

’n Teksvers ten opsigte van oordenking, is 2 Korintiërs 3: 18 (AFR2020): En ons almal, terwyl ons met ontsluierde gesig die heerlikheid van die Here aanskou, soos in ’n spieël, word na dieselfde beeld verander, van heerlikheid tot heerlikheid, soos afkomstig van die Here, die Gees.

’n Teksvers ten opsigte van aksie, is Jakobus 1: 25 (AFR2020): Maar wie diep in die volmaakte wet van vryheid inkyk en daaraan hou, sal gelukkig wees in wat hy doen, omdat hy nie ’n vergeetagtige hoorder is nie, maar ’n doener.

Vir Josef en Maria was die blydskap van die geboorte van Jesus ’n diepe punt van oordenking, en die uitdaging van aksie ’n realiteit juis te midde van die uitdagings wat wag op hulle en op Jesus. Oordenking en reaksie gaan dus hand aan hand en bring eenvoud in ons handelinge, elke oomblik van elke dag.

Beoefen vandag herhaaldelik jou stappe van bewuswording as ’n geheel: stilwees, afsondering, verbondenheid, dienaarskap, in stilte en eenvoud.

Dr Pierre Jacobs (jr), Gaborone

Saterdag 4 Oktober – ’n Lewende hoop en egte geloof

1 Petrus 1: 3-9 In die teksgedeelte begin Petrus met ’n doksologie of lofprysing. ’n Lofprysing ondanks moeilike omstandighede vir sy lesers. Vir hom is die hoop te vind in die toekoms wat reeds aangebreek het in die hier en nou. Jesus het gesterf, en daarom leef daar...

read more

Vrydag 3 Oktober – Ongebottelde passie

Johannes 4: 27-42 So ’n rukkie gelede het ek saam met iemand gaan koffie drink. Ek kan hom nie anders beskryf nie as iemand met ’n ontsaglike passie vir die Here. Maar hy sê dat hy so ’n rukkie terug rock bottom geslaan het. Op hierdie harde rots of laagtepunt wat hy...

read more

Donderdag 2 Oktober – Kan ek ook deel wees?

Handelinge 8: 26-40 Though FOMO isn’t a diagnosable psychological condition – at least not yet – this phenomenon can directly impact both mental and physical health. While social media can be a big cause of FOMO, it certainly isn’t the only culprit. The feeling of...

read more

Woensdag 1 Oktober – Vuil voete

Johannes 13 Petrus het daardie eerste dag van die Pinksterfees opgestaan en begin preek. Dit het goed gelyk, daar was nogal baie mense. Hy het ’n goeie gehoor gehad, mense van orals in die bekende wêreld. Hy het ’n goeie preek gehad en toe hy klaar gepraat het, het hy...

read more

Dinsdag 30 September – ’n Telos in geloofsgroei

Matteus 14: 13 Telos beteken einddoel of hoogste doel. Vir ’n gelowige is die hoogste doel om die Here te leer ken. Ek wil nader aan God beweeg en ek wil nader aan Jesus kom. Gelowige meditasie, gebed en Bybelstudie is die algemeenste geloofsdissiplines van die...

read more