Woensdag 16 September – Vind rus in God

Matteus 6: 25-34

Hoe belangrik is dit vir jou om te rus, om te herlaai? Hierdie kan dalk klink na ’n maklike vraag met ’n maklike antwoord, maar in die tyd waarin ons leef raak dit al hoe belangriker en ongelukkig al moeiliker. In ’n wêreld waar uitslae, status en prestasie belangriker is as mense se eie welstand is dit maklik om meegesleur te word daarin en op daardie trein te klim net om êrens te kom in die lewe. Om anders as die wêreld te leef beteken ook om te kies vir wat werklik belangrik is en dit geld ook vir jou tyd.

Wat DOEN jy om jou batterye te herlaai? Net soos enige elektroniese toestel nie gaan laai as jy hom net bietjie laat lê vir ’n rukkie nie, gaan dit jou ook nie veel help nie. Soos daardie toestel moet ’n mens iewers ingeprop wees. Dit is soms belangrik om net te lê, maar ons moet die bietjie tyd wat ons het om te rus ook regtig goed gebruik en moet daarom dinge doen wat ons werklik energie gee.

Ons kyk maklik die mooi in die lewe, die gawes uit die Here se Hand, mis. Daarom is dit nodig om elke dag moeite te doen om iets besonders raak te sien, en te onthou alles kom van God af en Hy sorg elke dag vir jou. Hierdie gaan nie net daaroor om lekker te rus en mooi dinge te beleef sodat ons net lekker kan voel nie. Dit gaan ook daaroor om weer op God te fokus. Om te onthou dat Hy die Middelpunt, die Skepper, die Gewer van alles is.

Daar gebeur ’n belangrike ding wanneer ons na die wilde voëls en die veldlelies kyk. Ons moet raaksien dat die Here vir ons gee wat ons nodig het en dat Hy vir ons sorg. Maak vandag moeite om dít raak te sien.

Gebed

Dankie dat ons ons rus in U mag vind. Amen.

Ds Liza Jansen, Witbank-Suid

Dinsdag 23 Junie – Ken die Gees

Galasiërs 5: 13-26 Wanneer ons die Heilige Gees ontmoet en ontvang, beleef ons die werking van die Gees van God in ons lewens. Nou is dit tyd om die Gees van God te leer ken. Ons sal die Gees van God nooit ten volle kan ken nie, maar elke dag wat ons in verhouding met...

read more

Maandag 22 Junie – Ontvang die Gees

Handelinge 2: 1-13 Van die begin van die skepping af ontvang die mens die Gees van God en is die mens gevul met die Gees van God. Daarom is dit belangrik om te besef dat mense reeds in die Ou Testament die Gees van God ontvang het. So word Josua genoem in Numeri 27:...

read more

Sondag 21 Junie – Ontmoet die Gees

Genesis 1: 1-5 Wanneer ons as gelowiges aan die Heilige Gees dink, dink ons graag aan die Nuwe Testament. Ons dink graag aan die Gees van God wat tydens die doop van Jesus Christus in die vorm van ’n duif beskryf word. Ons dink graag aan die Pinkstergebeure waar die...

read more

Saterdag 20 Junie  Wie is soos U, Here!

Eksodus 15: 1-21 Wie van die wal af in die sloot beland, bid hoogstens. Maar wie uit die sloot tot op die wal gebring word, sing van blydskap. Op die wal oorkant die Rietsee sing Moses en die Israeliete die pryslied tot eer van God. Hulle sing oor die Reddergod wat...

read more

Vrydag 19 Junie – Trek verder

Eksodus 14: 1-16 ’n Mens kan nie help om te glimlag oor die gesprek tussen Moses en die volk in Eksodus 14 nie. Wat ’n onstuimige gesprek (of meer van ’n geskree) moes dit nie gewees het nie! Vasgevang tussen twee gevare is daar geen pad vir Israel sigbaar nie....

read more

Donderdag 18 Junie – Tafelgemeenskap

Lukas 15: 1-10 Op die Sondae en dae nadat ons Sondag Trinitatis gevier het, gee ons aandag aan die Christus se verkondiging. Een van die temas handel oor die ontvangs in die kerk van hulle wat positief reageer op die uitnodiging van die liefdevolle en barmhartige God....

read more