Maandag 23 Februarie – Gee jouself
Romeine 12: 1-2
As die meeste mense hul dag en lewe in een woord moet beskryf, sou dit seker veeleisend wees. Dag na dag word van ons verwag om te gee. Die wêreld eis van ons soveel dat die een aspek waaraan ons probeer vashou is onsself. Ons tyd, energie, hulpbronne, geld, talente en kundigheid hou ons aan gee maar ons eie menswees probeer ons aan vasklou vir alles wat ons werd is.
Selfpreservering verwys na die gedrag wat oorlewing probeer verseker. Dit is ook juis in hierdie woestynareas van ons lewens dat ons reeds alles gegee het wat ons moontlik kan en dalk net probeer om nie onsself in die proses te verloor nie.
Hierdie teks nooi ons egter uit tot iets totaal anders. Dit daag ons nie uit om ons tyd, hulpbronne, energie, geld, kundigheid of enigiets anders te gee nie. Hierdie teks daag ons uit om die een aspek te gee waaraan ons so verbete kan vasklou – die self. Die waarheid is dat hierdie teks vir ons soms bedreigend kan wees. Dit is makliker om ons tyd te gee, of geld, of talente aan te bied. Dit is makliker om ons kundigheid te deel of energie te gee. Om die self te gee is baie gevra.
Die Romeine 12-teks nooi ons uit om oor te gee en toe te laat. Wanneer ons op hierdie manier oorgee en toelaat skep dit ruimte vir die Gees om my en jou te verander in ons denke en in ons wese. Transformasie vind nie plaas deur selfpreservering nie.
Transformasie vind plaas in die oorgee en toegee aan God. Om die kern van ons wese aan God te gee. Dalk is dit ook nodig om opnuut te besef dat my wese nie eers in my eie hande so veilig sal wees soos in die hande van my Skepper nie. Gee daarom jouself gerus oor aan God.
Ds Thomas Dreyer, Malelane
Woensdag 26 November – Van droë bene tot lewende liggaam…
Esegiël 37: 1-14 Israel ontvang hierdie profetiese woorde aan hulle tydens ’n bittere laagtepunt in die volk se lewe. Hulle is deur die Babiloniërs ingeneem. Hulle word weggevoer na ’n vreemde land. Hul lewe word ontwortel en hulle voel dit is die einde van die pad....
Dinsdag 25 November – Die laaste flardes van hoop…
Markus 5: 21-43 Hierdie is ’n besige verhaal waar Jesus op pad is om die belangrike raadslid van die sinagoge se dogtertjie te gaan genees. In die skare is daar een wat self genesing so nodig het. Een waarvan niemand weet nie. ’n Desperate vrou wat al 12 jaar lank al...
Maandag 24 November – God ontmoet ons langs die pad van moedeloosheid…
Lukas 24: 13-35 Ons lees die bekende verhaal van die twee manne wat op pad is na die dorpie van Emmaus pas ná Jesus se kruisiging en opstanding. Hulle stap van Jerusalem af en het die Vrydag se kruisiging beleef. Hulle stap terug na Emmaus toe sonder enige hoop – ’n...
Sondag 23 November (Ewigheidsondag) – Moenie net aan die vroeëre dinge dink nie…
Jesaja 43: 16-21 Die verhaal van hoe God vir Israel uit Egipte gered het, was ingeprent in die volksgeheue van Israel. Maar nou is hulle in die woestyn. Hulle word honger en dors. Hulle dink daaraan terug dat God hulle met sy groot krag en magtige dade uit Egipte...
Saterdag 22 November – Blydskap
Filippense 4: 4-7 Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat...
Vrydag 21 November – Vergifnis
Efesiërs 4: 32 Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het. Daar is min dinge wat ons lewens so gevange kan hou soos die gedagte dat ons mense wil vergeld vir wat hulle aan ons, of aan ander gedoen het....