Woensdag 7 Januarie – ’n Verbygaande spikkeltjie

Psalm 8: 1-10

Ons lees vandag weer Psalm 8, maar vanuit ’n ander perspektief. Die psalmdigter dink oor sy lewe: Here wat is die mens tog? As ek kyk na die werk van u vingers, die maan, die sterre, die groter geheel, wat is ek tog? ’n Verbygaande spikkeltjie. Die grootse geheel, die onmeetlike die grootheid van God, laat my in perspektief verklein. En wanneer ek myself so klein sien, is ek bewus van my afhanklikheid van die groter geheel en van die God in wie se teenwoordigheid ek leef.

Ons maak so maklik die fout om net in jou klein lewetjie vas te kyk, na die geskarrel en gejaag – na die ritme en polsslag van die stadslewe waar jy altyd een oog op die horlosie het, dat ’n mens verlei kan word om te dink dat dit die lewe is. Daarom is dit belangrik om Psalm 8 ook te lees vanuit die perspektief van kyk wyer, sien breër. 

Die hele wêreld draai nie om my en my geskarrel nie. Ek is maar hoogstens een van die skepsels van die lewende God. Dit is juis hierdie gewaarwording wat die digter laat sê: Dankie dat U my nogtans hier gewil het. Dat U my hier voor U laat mens wees.  Die profeet Habakuk klim hoog op sy wagtoring om te sien wat dit is wat die Here tot hom wou spreek. Hy onderbreek sy normale roetine om net met die Here te wees. Van Jesus lees ons in die evangelies dat Hy graag van tyd tot tyd alleen eenkant toe gegaan het om te bid.

Soms is stiltes nodig om jouself weer te vind en bewus te word van die groter geheel waarin jy beweeg – om weer mens te word, om weer jou afhanklikheid van die groter geheel te besef.

Gebed

Here, help my om in ’n besige wêreld en ’n vol program gereeld voor U stil te word om telkens weer my deel wees van die groter geheel te onthou, en hoe afhanklik ek van U is.

Dr Gerhard Nel, Horison Roodepoort

Donderdag 1 Januarie – Voorneme om te luister

Spreuke 4: 20-23 (AFR2020) My seun, slaan ag op my uitsprake; spits jou ore vir my woorde. Laat hulle nie aan jou oë ontglip nie; bewaar hulle diep in jou hart. Want dit is die lewe vir hulle wat dit vind; vir die hele liggaam bring dit genesing. Bewaak jou hart meer...

read more

Woensdag 31 Desember – Oujaar – nuwe lewe

Esegiël 37: 10 Die laaste dag van die jaar vul ’n mens met dankbaarheid vir dit wat was en opgewondenheid oor dit wat voorlê. Ons oortuig onsself as’t ware dat oor minder as 24 uur die lewe meer rooskleurig gaan wees bloot omdat die laaste syfer van ons jaartal...

read more

Dinsdag 30 Desember – Spreek hoop in die laagte

Esegiël 37: 7-9 Brueggemann sê dat ons as gelowiges ’n tweeledige profetiese taak het. Dit beteken dat ons die verantwoordelikheid het om die waarheid te praat oor ons omstandighede en ons realiteit. Ons mag/moet onreg, pyn en onsekerheid by die naam noem en dus nie...

read more

Maandag 29 Desember – Ek sal my Gees in julle gee

Esegiël 37: 4-6 Ons samelewing herinner ons voortdurend dat individualisme en onafhanklikheid tekens is van ’n sterk persoon. G’n wonder ons is geneig om te dink ons het niemand anders nodig nie – soos ’n peuter wil ons eintlik skreeu: Ek kan self! Terwyl Esegiël in...

read more

Sondag 28 Desember – Here, ek voel uitgeput en droog

Esegiël 37: 2-3 Alhoewel hierdie tyd van die jaar as besig beskou word, is dit ook ’n tyd vir refleksie, afwagting en verwagting. Ons dink terug aan die afgelope jaar – die goeie en die slegte tye. Ons droom oor die nuwe jaar met al die moontlikhede wat dit inhou. Ons...

read more

Saterdag 27 Desember – Oorgawe

’n Sewende entjie: Oorgawe (om oor te gee) is om die self holisties as geskenk aan God te gee. Hierdie oomblik van oorgawe is die beweging vanaf verbondenheid aan God na eenheid met God. Maria het hierdie oomblik ervaar toe sy in Lukas 1: 46-55 (AFR2020) haar loflied,...

read more