Dinsdag 17 Februarie – God ondersoek die gesindheid van die hart
Jesaja 1: 2-20
God en sy volk Israel is hier in ’n hofgeding. Deur die profeet Jesaja word die volk aangekla van al hulle misdade teen God. Die hemel en aarde word opgeroep as getuies om te kom luister na die klag wat teen hulle gelê word. God het sy volk soos kinders grootgemaak maar hulle het teen Hom in opstand gekom. Hy het met hulle ’n verbond gesluit wat Hy nooit verbreek het nie. Hy was altyd getrou en sy beloftes aan hulle het waar geword. Die volk aanbid ander gode en pleeg sosiale ongeregtighede. Die Here los hulle nie net nie. Deur die profete roep Hy hulle op om hulle te bekeer.
Dan kom hulle met hul verdediging. Hulle hou alles voor wat hulle reg gedoen het. Hulle vra wat van hul getroue brandoffers? Wat van die feeste wat gereeld plaasvind? Hulle kom gereeld na die tempel toe om God te aanbid. Maar dit beïndruk God glad nie. Dit walg Hom want hulle doen al hierdie dinge, maar leef soos heidene. Hulle aanbid Hom maar hul hande is met bloed bevlek. Hy kla hulle aan van skyngodsdiens.
Dan gebeur die ondenkbare in hierdie hofgeding. Die Here sê Hy sal alles vergeet wat hulle gedoen het ten spyte van hul skuld as hulle net terugkeer na Hom toe. Al was hulle skarlakenrooi, Hy sal hulle so wit soos sneeu maak. Die rooi kleurstof van daardie tyd was kleurvas en het nie uitgewas nie. Tog sê Hy dat Hy hulle so wit soos sneeu sal maak. Hy verwag net dat hulle sy aanbod van genade sal aanneem.
Dit is wat die Here ook weer aan ons kom bewys het met die dood van sy Seun aan die kruishout. Hy skep ’n nuwe ooreenkoms met ons en belowe ook genade en verlossing aan ons deur geloof alleen.
Hy het vir ons die Pleitbesorger gestuur. Die Gees en die Seun tree op as ons voorspraak by die Vader. Kom ons gaan leef in hierdie verbondsverhouding.
Ds Manda le Roux, Weskus
Woensdag 22 Oktober – Die beeld van God as Skepper van die kerk
Efesiërs 4: 11-16 God is nie net Skepper van die heelal nie, maar ook van die Kerk. Hiermee word nie bedoel God is die een wat jou naaste kerkgebou opgerig het nie, maar dat God die een is wat die geloofsgemeenskap op ’n lokale, nasionale en internasionale vlak skep....
Dinsdag 21 Oktober – Die beeld van God as Koning van die kerk
Efesiërs 1: 18-23 Die beeld van God as Koning bo alle konings en Heerser oor alles is ook ’n beeld wat welbekend is. In hierdie teks spesifiek is dit Jesus wat as hoof van die kerk aangestel is. Heersers en regeerders ken ons goed. In die meeste gevalle is die...
Maandag 20 Oktober – Die beeld van God as Priester van die kerk
Hebreërs 4: 14-16 Die beeld van Jesus as ons Hoëpriester is welbekend maar het dalk nie die grootste impak nie omdat die Christelike geloof nie juis praktiese voorbeelde het van hoëpriesters nie. Dalk is die beeld van ’n geestelike leier wat die kerk vooruitgaan in...
Sondag 19 Oktober – Die beeld van God as Herder van die kerk
Esegiël 34: 11-31 Die beeld van God as herder is nie onbekend vir die meeste gelowiges nie. Die teks wat gewoonlik geassosieer word met hierdie herderbeeld, is Psalm 23. In die teks van vandag word dieselfde beeld gebruik vir God se volk: God as herder oor God se...
Saterdag 18 Oktober – Kennis van God verander die wêreld
Handelinge 4: 1-22 Hier ontmoet ons twee eenvoudige vissers met geen geleerdheid wat groot opslae veroorsaak in Jerusalem. Eers het hulle een nag te midde van geweldige rukwinde en vuurtonge, in al die tale van die mense in Jerusalem gepraat. Daardie nag raak hulle...
Vrydag 17 Oktober – Jesus is die opgestane Heer
Handelinge 2 Regdeur Jesus se bediening duik die vraag op: Wie is hierdie Jesus? Ons ken Petrus se antwoord toe Jesus vir sy dissipels gevra het: Maar julle, wie, sê julle, is Ek? (Matt 16: 15). Petrus antwoord: U is die Christus, die Seun van die lewende God. Ons...