Saterdag 20 Desember – ’n Loflied oor God se onferming
Lukas 1: 47-55
Maria sing in haar loflied dat God mense raaksien en dat God op mense se nood en behoeftes reageer. Verder dat God getrou bly aan Homself en bevryding bring vir elkeen wat in afhanklikheid van God leef. God moet geloof word, want Hy gryp in en bring verandering. Watter wonderlike gedagte om te weet God nie blind is vir die nood van mense nie. God is heilig en almagtig, maar ook liefdevol en besorg. Dis ’n wonderlike troos, of dit die volk Israel was wat erge politieke of landboukrisisse beleef het, of gelowiges vandag met eiesoortige uitdagings. God kan assosieer met ons omstandighede. God is by ons. Ons word ondersteun en bemagtig, gelei deur die kragtige werk van die Heilige Gees. God is met ons, maak nie saak hoe omstandighede lyk nie. Daarom kan ons saam met Maria ’n loflied sing. Ons kan klanke maak oor hoop en vertroosting. Ons kan God in gebed aanroep en Hom herinner aan sy beloftes van barmhartigheid en teenwoordigheid.
Hierdie gedeelte maak ons harte oop en laat ons met sagte oë na die wêreld kyk. Bewus van mense in nood en pynlike omstandighede. Dat ons nie net ’n loflied tot eer van God sing oor sy betrokkenheid, goedheid, versorging en barmhartigheid nie, maar dat ons God se groot werke sal leef. Ons moet ook mense raaksien en op hul nood reageer, en hulp en bevryding kan bring. Die positiewe verandering in ’n gebroke samelewing moet by ons begin. Die kwaliteit van ons liefde en lewe word gekenmerk deur die kwaliteit van ons hulp aan ander. Die diepte en erns van my geloof word onderstreep deur my sensitiewe bewussyn van die stukkende wêreld rondom my. Is ek die hoop, omgee, antwoord, verligting, die Adventboodskap waarna die mensdom smag?
In die loflied word God as Verlosser bely vir almal, die armes, onderdruktes, hongeres. Advent handel oor die goeie nuus van God se ontferming en handelinge in elkeen se lewe. God sien ons raak, God raak ons aan.
Ds Denise Schmidt, Jeffreysbaai / Port Elizabeth
Vrydag 22 Augustus – Die geloofsgemeenskap moet bymekaar kom
Hebreërs 10: 19-25 Daar is baie verskonings oor hoekom ons nie kan of hoef kerk toe te gaan nie, maar een van die algemeenstes: Ek gaan nie meer kerk toe nie, want daar is mense in die kerk wat my te na gekom het. Ek en my gesin dien die Here nou by die huis. Dit is...
Donderdag 21 Augustus – Die geloofsgemeenskap is ’n plek van eenheid
Efesiërs 4: 1-16 Paulus praat met die gemeente van Efese oor die eenheid in die kerk. Dit is ’n belangrike punt omdat die Heilige Gees hierdie eenheid bewerk. Hy spel dit ook duidelik uit dat die gelowiges dit kan regkry deur in al ons verhoudinge in vrede met mekaar...
Woensdag 20 Augustus – Geen plek vir jaloesie in die gemeenskap van gelowiges nie
Johannes 15: 1-8; Galasiërs 5: 13-26 Ons raak soms so maklik jaloers op mekaar, en die gawes van die Gees is iets wat soms verdeeldheid onder gelowiges kan veroorsaak. Dit is ook iets wat misbruik word om geloof te bepaal. Die aan- of afwesigheid van gawes word dan...
Dinsdag 19 Augustus – ’n Geloofsgemeenskap gaan oor ander
Filippense 2: 1-11 Die eie ek is ’n groot siekte in die mensdom van vandag se leefwyse. Dit maak dat ’n mens nie meer omgee vir ander mense se belange en behoeftes nie. Alles moet tot my eie voordeel en belang wees, en dit pla my nie meer as iemand uitgebuit word nie....
Maandag 18 Augustus – ’n Geloofsgemeenskap het struktuur
1 Timoteus 2: 1-7 Gister het ons gekyk na die doel van ’n geloofsgemeenskap, maar soos met alle dinge, is daar maar reëls om orde te handhaaf. Paulus verduidelik aan Timoteus wat die doel van ’n gemeente behels, ook hoe elke gemeente haar as gemeente van God moet...
Sondag 17 Augustus – Die doel van ’n ware geloofsgemeenskap
Romeine 12: 9-13 Wat is ’n ware geloofsgemeenskap? Ons lees aan die einde van die Nagmaalformulier dat die gemeenskap van gelowiges sigbaar word wanneer ons van die brood eet en die wyn drink. Dit beeld simbolies uit dat ons elkeen deel het aan die brood en wyn, en so...