Sondag 15 Februarie – Wag op die Here
Psalm 130
In ons verhouding met God beleef ons soms ongeduld. Veral wanneer ons wag op die verhoring van ons gebede. Ons wag dalk al so lank! Waarop en hoe wag jy? Abram en Sara het gewag om ’n kind te kry, die volk wag vir bevryding uit Egipte. Ons wag soms verkeerd. Dalk met ongeduld en onsekerheid, dalk voorskriftelik. Om op die Here te wag, vra van ons spesifieke aksie en gerigtheid.
Hierdie Psalmdigter wag geduldig op die vervulling van God se Woord. Ons word met die intrapslag ingetrek in die situasie van die Psalmdigter. Hierdie is nie ’n kitsgebed nie. Hy begin sy gebed met die woorde: Uit die dieptes roep ek na U. In vers 3 lees ons dat hy vrees dat God sy skuld in aanmerking sal neem. Hy is bewus daarvan dat sy skuld ’n inpak het op sy verhouding met God. Sonde het ’n verwoestende uitwerking op ons verhouding met God en mense. Sou hy nog kan bestaan as God sy sonde in aanmerking neem?
In die tweede gedeelte lees ons dat sy roep nie hopeloos is nie. Hy is vas oortuig van die vergiffenis van sonde. Hy stel sy vertroue in die Here en wag op die vervulling van sy Woord. Hy sê hy wag op die Here meer as die wagte op die môre.
Israel het die praktyk van nagwagte goed geken. Hulle nagte is in verskillende skoftes verdeel. Die laaste wagter se skof het van 03:00 tot sonsopkoms geduur. Dan was die nag op sy donkerste, vol gevare, maar hy het die vooruitsig gehad van die lig wat gaan deurbreek. Die Psalmdigter gebruik die beeld om te sê sy afwagting vr God se ingrype is nog groter as die wag van die nagwag. Hy weet dit sal op die bestemde tyd gebeur. Hy vertrou op die Here want by Hom is daar troue liefde.
Op die bestemde tyd het God sy Seun as Lig na die wêreld gestuur. Hy sal ook in jou omstandighede ingryp.
Ds Manda le Roux, Weskus
Vrydag 10 Oktober – God kies en roep
Genesis 12: 1-9 In die geskiedenis van die volk Israel is daar ’n klompie dinge wat gebeur het waaroor hulle skaam was. Hierdie volk het miskien, soos baie van ons vandag, gehunker na ’n oorbegin. Genesis 12 is die eerste hoofstuk van God se oorbegin met die mense van...
Donderdag 9 Oktober – Samekomste van die gemeente
Hebreërs 10: 19-25 In die alledaagse gejaag van die lewe is ons voortdurend op soek na kitsoplossings. Ons wil nie sukkel nie en alles moet so vinnig en maklik moontlik wees. Dit is ongelukkig ook ’n beginsel wat in ons geloofslewe toegepas word. Ons kies om nie meer...
Woensdag 8 Oktober – Vrye toegang
Hebreërs 10: 19-25 Broers, ons het dus nou deur die bloed van Jesus vrye toegang tot die heiligdom, en dit op ’n weg wat nuut is en na die lewe lei. Hierdie weg het Hy vir ons gebaan deur die voorhangsel heen, dit is deur sy liggaam. Die oomblik toe Jesus sy laaste...
Dinsdag 7 Oktober – Leef volgens jou status
Romeine 6 God het ons nie net vrygespreek nie, maar ook ons status verander: van sondaar na kind van God. Ongelukkig is daar steeds mense wat meen dat ons, as kinders van God, nou kan doen wat ons wil, want ons sonde is reeds vergewe. Paulus doen in Romeine 6 ’n...
Maandag 6 Oktober – ’n Lewe deur die Gees
Romeine 8: 1-11 Wanneer ons dink aan God se werk in die kerk, sien ons onwillekeurig die kerkgebou in ons geestesoog en vergeet ons dat óns die kerk is. Ja, ons met ons sonde en tekorte. Dit is ook dikwels die verskoning wat ons gebruik wanneer ons ander te na kom of...
Sondag 5 Oktober (Dankdag vir die Oes / Biddag vir die Gesaaides) – Dankdag vir die Oes
2 Korintiërs 9 Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes (2 Kor 9: 6). Dankdag vir die Oes of Biddag vir die Gesaaides gaan dikwels ongesiens verby omdat dié van ons wat nie boere is nie, dink dat ons nie aan hierdie dag deel kan hê...