Woensdag 7 Januarie – ’n Verbygaande spikkeltjie
Psalm 8: 1-10
Ons lees vandag weer Psalm 8, maar vanuit ’n ander perspektief. Die psalmdigter dink oor sy lewe: Here wat is die mens tog? As ek kyk na die werk van u vingers, die maan, die sterre, die groter geheel, wat is ek tog? ’n Verbygaande spikkeltjie. Die grootse geheel, die onmeetlike die grootheid van God, laat my in perspektief verklein. En wanneer ek myself so klein sien, is ek bewus van my afhanklikheid van die groter geheel en van die God in wie se teenwoordigheid ek leef.
Ons maak so maklik die fout om net in jou klein lewetjie vas te kyk, na die geskarrel en gejaag – na die ritme en polsslag van die stadslewe waar jy altyd een oog op die horlosie het, dat ’n mens verlei kan word om te dink dat dit die lewe is. Daarom is dit belangrik om Psalm 8 ook te lees vanuit die perspektief van kyk wyer, sien breër.
Die hele wêreld draai nie om my en my geskarrel nie. Ek is maar hoogstens een van die skepsels van die lewende God. Dit is juis hierdie gewaarwording wat die digter laat sê: Dankie dat U my nogtans hier gewil het. Dat U my hier voor U laat mens wees. Die profeet Habakuk klim hoog op sy wagtoring om te sien wat dit is wat die Here tot hom wou spreek. Hy onderbreek sy normale roetine om net met die Here te wees. Van Jesus lees ons in die evangelies dat Hy graag van tyd tot tyd alleen eenkant toe gegaan het om te bid.
Soms is stiltes nodig om jouself weer te vind en bewus te word van die groter geheel waarin jy beweeg – om weer mens te word, om weer jou afhanklikheid van die groter geheel te besef.
Gebed
Here, help my om in ’n besige wêreld en ’n vol program gereeld voor U stil te word om telkens weer my deel wees van die groter geheel te onthou, en hoe afhanklik ek van U is.
Dr Gerhard Nel, Horison Roodepoort
Saterdag 27 Desember – Oorgawe
’n Sewende entjie: Oorgawe (om oor te gee) is om die self holisties as geskenk aan God te gee. Hierdie oomblik van oorgawe is die beweging vanaf verbondenheid aan God na eenheid met God. Maria het hierdie oomblik ervaar toe sy in Lukas 1: 46-55 (AFR2020) haar loflied,...
Vrydag 26 Desember – Eenvoud
’n Sesde ent: Eenvoud is die integrasie van oordenking (kontemplasie) en reaksie (om te doen). Hierin gesetel is jou groeiende bevoegdheid om te lewe te midde van die wisselvalligheid van jou dag. Elke dag is daar makliker en meer uitdagende oomblikke en situasies....
Donderdag 25 Desember (Kersfees) – Stilte
Lees vandag ook Lukas 2: Geboorte van Jesus (AFR2020). ’n Vyfde ent: Stilte soos waarvan ons lees in Matteus 6: 6 (AFR2020): Maar jy, wanneer jy bid, gaan na jou binneste kamer, maak jou deur toe en bid tot jou Vader wat in die verborgenheid is, en jou Vader wat in...
Woensdag 24 Desember – Dienaarskap
’n Vierde ent: Dienaarskap word deel van jou doen en late deur die dag heen. Die Heilige Gees herinner jou aan die leer en lewe van Jesus Christus waar ook al jy gaan, nie slegs wanneer jy stiltetyd hou nie. “As julle My liefhet, sal julle my gebooie onderhou. En Ek...
Dinsdag 23 Desember – Verbondenheid
’n Derde ent: Verbondenheid (solidariteit) is die bewuswording van eenheid met die Here jou God. ’n Bewuswording van God se eenheid met die mensdom, met sy skepping. So lief het God die wëreld… In verbondenheid ervaar jy dat jy in jou stilte en afsondering nie alleen...
Maandag 22 Desember – Afsondering
Hierdie kort stappe van gebed kan jy daagliks as ’n geheel herhaal. Ons begin ons dae só in afhanklikheid, ons sluit die dag só af in dankbaarheid. ’n Tweede entjie: Afsondering (om alleen te wees) geskied veral wanneer jy stil kan word. Sodra jy die geraas van die...