Vrydag 24 Julie – Kar-kategismus
Deuteronomium 6: 4-9
Ons gesin bly ’n hele entjie van die skool af en baie kosbare tyd word daagliks in die kar spandeer. Ek lees nou die dag dat ’n bekende skrywer van kar-kategismus praat. My kinders was baie verbaas toe ek hulle oortuig het dat kar-kategismus sy oorsprong in die Bybel het.
Deuteronomium 6: 4 en 5 lees: Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag. Hierdie gedeelte word die Sjema genoem. Die Hebreeuse woord Shema kan vertaal word met hoor of luister.
Die Shema is ’n gebed wat daagliks twee keer gebid is. Vir die Jode was die opdrag so belangrik dat hierdie woorde in ’n boksie (mezuzah) langs ’n deur gesit word om hulle aan die Shema te herinner elke keer as hulle by die deur ingaan. Deuteronomium 6: 7 gaan voort deur te sê: Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan.
Die doel van die Shema was onder andere om die goeie gewoonte van die oordenking van God se Woord in te skerp. Ons kan die alledaagse roetine van ons daaglikse lewe inspan om God se Woord te oordink en God altyd in ons kinders en gesinne se gedagtes te hou.
Reistyd is ook ’n wonderlike tyd vir gebed (solank jy net nie jou oë toemaak as jy bestuur nie!). In die Psalmboek is daar 15 gebede wat pelgrims gesing en gebid het terwyl die pelgrims Jerusalem toe gestap het. Hierdie pelgrimsliedere kan jou padkos word as jy in ’n verkeersknoop vassit of vir kinders by die skool sit en wag. Jou kar kan ’n ruimte van afsondering en gebed word. Dit kan ’n plek van gesprek word. Dit kan ’n plek word waar jy God ontmoet.
Skakel die radio af!
Ds Lydia Miller, Villiers
Woensdag 25 Februarie – Deurleef Lydenstyd
Joël 2: 12-13 Die woestyntydperk waarin Lydenstyd ons innooi gaan gewoonlik gepaard met sekere gebruike. Hierdie tydperk nooi ons dieper en dieper in die areas van gebrokenheid en tekort in terwyl ons bewus word van Jesus se reis na die kruis toe. Dit is ’n tyd waarin...
Dinsdag 24 Februarie – Aanvaar dit
2 Korintiërs 5: 20-21 Een van die mees sinnelose gedagtes is dalk dat ek en jy versoening met God moet aanvaar. Versoening met God is tog iets wat ons graag sal aanvaar nie waar nie? Die waarheid is egter dat ons nie seker is wat om te maak met iets wat ons net kry...
Maandag 23 Februarie – Gee jouself
Romeine 12: 1-2 As die meeste mense hul dag en lewe in een woord moet beskryf, sou dit seker veeleisend wees. Dag na dag word van ons verwag om te gee. Die wêreld eis van ons soveel dat die een aspek waaraan ons probeer vashou is onsself. Ons tyd, energie, hulpbronne,...
Sondag 22 Februarie (Eerste Lydensondag) – Saam met ons in die woestyn
Markus 1: 12-13 Die woestynareas in ons lewens is gewoonlik die plekke en situasies waar ons alleen voel. Dalk selfs ietwat Godverlate voel. Die woestyntye is die seisoene en in die lewe wat ons met alle mag probeer vermy of so gou as moontlik verby kry. Lydenstyd is...
Saterdag 21 Februarie – Kennis van God verander die wêreld
Filippense 2: 5-11 Die pragtige lied in Filippense vat die boodskap wat die Christendom die wêreld wil indra, mooi saam. Hierdie lied besing die reddingswerk wat Jesus Christus vir die sondaarmens kom doen het. Die lied bely dat Jesus wat self God was, bereid was om...
Vrydag 20 Februarie – Wie sy lewe verloor, sal dit behou
Markus 8: 34 tot 9: 1 Ons word gekondisioneer om te fokus op sukses en voorspoed. Ons moet uitstyg bo ander, die hoogste sport bereik. Moenie dat ander in jou pad staan om jouself te verwesenlik nie! Staan op vir jou regte! Jy het die reg op eie geluk. …wie sy lewe...