Woensdag 22 Julie – Wie was Anna?

Lukas 2: 36-40

Anna is vir verskeie redes ’n interessante karakter in die Bybel. Sy was ongeveer 84 jaar oud in ’n periode van geskiedenis toe die gemiddelde lewensverwagting maar omtrent 40 of 45 jaar was. Die teks vertel vir ons sy was sewe jaar getroud voordat haar man gesterf het. Daarna het sy die res van haar lewe, moontlik ongeveer 60 jaar, in die tempel gewoon en God gedien deur te vas en te bid. Die teks sê sy het nie van die tempel af weggegaan nie. Anna was ook die enigste vroue profetes waarvan ons in die Nuwe Testament lees.

Hoewel ons slegs in twee of drie verse in die Bybel van Anna lees, is daar baie wat ons van haar kan leer. Dis duidelik dat gebed die belangrikste element van haar lewe was. Baie van ons bid wanneer ons ’n tydjie kan afknyp of wanneer ons werklik in die moeilikheid is. Maar dis nie hoe Anna die lewe benader het nie. Anna het gebed intensioneel deel van haar lewe gemaak en haar aksies het hierdie prioriteit gereflekteer.

Henry Nouwen skryf: Although it is important and even indispensable for our spiritual lives to set apart time for God and God alone, our prayer can only become unceasing when all our thoughts – beautiful or ugly, high or low – can be thought in the presence of the One who dwells in us and surrounds us. By doing this, our unceasing thinking is converted into unceasing prayer, moving us from a self-centered monologue to a God-centered dialogue. The main question is not so much what we think, but to whom we present our thoughts.

Daar word dikwels geskryf Martin Luther se teologie is ’n teologie van gebed. Mag gebed deel word van hoe jy lewe.

Gesang 271: 2 (gedeeltelik):

Heilge Jesus, hoor my bede:

Hervorm my hart, my krag, my rede;

maak my al meer u beeld gelyk.

Vorm my wil en ook my wandel,

Dat in my denke, spreke, handel

In alles slegs u beeld sal blyk.

Ds Lydia Miller, Villiers

Vrydag 13 Februarie – Jy is Myne

Jesaja 43: 1-7 Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne (Jes 43: 1). ’n Verreikende belofte van God. Hy sê eintlik dat Hy jou twee keer besit. Die eerste keer as ons Skepper en die die tweede keer as ons Verlosser. Jy is so kosbaar vir Hom dat Hy jou nie kan laat...

read more

Donderdag 12 Februarie – Laat julle lewe aan die Here oor

Psalm 37: 1-5 en 23-26 Ons hou daarvan om in beheer te wees van ons finansies en sukses asook ons huishouding. Sommer van ons lewe. Daar is niks wat die appelkar so gou omkeer as wanneer ’n dag of selfs die lewe nie uitspeel soos ons dit beplan het nie. Dan lees ’n...

read more

Woensdag 11 Februarie – Die evangelie is vir almal wat glo

Lukas 4: 21-30 Jesus het in ’n sinagoge in Nasaret gepreek. Die mense was eers beïndruk met Jesus se prediking, maar dit het spoedig verander. Jesus se gehoor het verwag dat Hy ook vir hulle wonderwerke sal doen soos wat Hy elders gedoen het. Nie net verwag hulle dat...

read more

Dinsdag 10 Februarie – Jesus voorsien in oorvloed

Johannes 2: 1-12 Jesus, sy moeder en die dissipels is gaste by ’n bruilof in Nasaret. Iewers tydens die week se feesvieringe het die wyn opgeraak. Vir die bruidegom se vader was dit nie net ’n groot krisis nie, maar ook ’n verleentheid. Nie net sou hy sy familie in...

read more

Maandag 9 Februarie – God kies en roep

Markus 1: 16-20 Vissers was doodgewone mense wat hard gewerk het om vir hulle en hul families te kon sorg. Jesus ontmoet hulle met ’n boodskap: Volg My, en Ek sal jou ’n visser van mense maak (Mark 1: 17)! Volg my!, was die eerste opdrag. Toe Jesus vir hierdie manne...

read more

Sondag 8 Februarie – Wanneer jy Jesus ontmoet

Handelinge 9: 1-19 Die verhaal van Saulus kan in met een woord opgesom word: genade. Saulus het na Stefanus se dood die leiding geneem om Jesus se volgelinge selfs tot in die uithoeke van die aarde te soek om hulle te vervolg. Baie van Jesus se dissipels het na ander...

read more