Sondag 8 Februarie – Wanneer jy Jesus ontmoet
Handelinge 9: 1-19
Die verhaal van Saulus kan in met een woord opgesom word: genade.
Saulus het na Stefanus se dood die leiding geneem om Jesus se volgelinge selfs tot in die uithoeke van die aarde te soek om hulle te vervolg. Baie van Jesus se dissipels het na ander stede gevlug om die evangelie daar te verkondig. So is Saulus op pad Damaskus toe omdat hy gedink het hy sou die verspreiding van die Christendom kon keer as hy net die Christene van Damaskus kon uitwis.
God het anders besluit. Die lewende Christus het aan Saulus op sy reis na Damaskus toe verskyn. Daar en dan het hy die waarheid van die evangelie ontdek. God het op ’n kragtige manier in sy lewe ingegryp. Saulus kom nie net tot bekering nie, maar ontvang ook ’n roeping van God. God het ’n duidelike taak vir Saulus.
Saulus het Paulus geword en hy verwys kort-kort na hierdie gebeure as die begin van sy nuwe lewe in Christus. Jesus was die middelpunt van hierdie wonderlike ervaring. Daardie dag het Paulus besef dat Jesus die Here is en het hy sy lewe aan God onderwerp en besluit om Hom in alles gehoorsaam te wees.
Net soos wat God aan Saulus verskyn het en hom tot bekering geroep het, so roep Hy elkeen van ons ook om ’n lewe te leef wat vir Hom aanneemlik is. Bekering verander jou perspektief op die lewe. Skielik het Paulus anders na die volgelinge van Jesus gekyk – hulle was nie langer vyande nie, maar sy vennote in die Koninkryk van God.
Net so is ons ook vennote in God se Koninkryk, maar wat verklap ons optrede? Ondersteun ons mekaar? Is ons daar vir mekaar soos wat Annanias daar was vir Paulus, of ondermyn ons mekaar? Leef ons werklik ’n lewe van liefde, verdraagsaamheid, geduld en vergifnis volgens Jesus se voorbeeld?
Ds Marissa Kidson, Pretoria-Wes
Vrydag 22 Augustus – Die geloofsgemeenskap moet bymekaar kom
Hebreërs 10: 19-25 Daar is baie verskonings oor hoekom ons nie kan of hoef kerk toe te gaan nie, maar een van die algemeenstes: Ek gaan nie meer kerk toe nie, want daar is mense in die kerk wat my te na gekom het. Ek en my gesin dien die Here nou by die huis. Dit is...
Donderdag 21 Augustus – Die geloofsgemeenskap is ’n plek van eenheid
Efesiërs 4: 1-16 Paulus praat met die gemeente van Efese oor die eenheid in die kerk. Dit is ’n belangrike punt omdat die Heilige Gees hierdie eenheid bewerk. Hy spel dit ook duidelik uit dat die gelowiges dit kan regkry deur in al ons verhoudinge in vrede met mekaar...
Woensdag 20 Augustus – Geen plek vir jaloesie in die gemeenskap van gelowiges nie
Johannes 15: 1-8; Galasiërs 5: 13-26 Ons raak soms so maklik jaloers op mekaar, en die gawes van die Gees is iets wat soms verdeeldheid onder gelowiges kan veroorsaak. Dit is ook iets wat misbruik word om geloof te bepaal. Die aan- of afwesigheid van gawes word dan...
Dinsdag 19 Augustus – ’n Geloofsgemeenskap gaan oor ander
Filippense 2: 1-11 Die eie ek is ’n groot siekte in die mensdom van vandag se leefwyse. Dit maak dat ’n mens nie meer omgee vir ander mense se belange en behoeftes nie. Alles moet tot my eie voordeel en belang wees, en dit pla my nie meer as iemand uitgebuit word nie....
Maandag 18 Augustus – ’n Geloofsgemeenskap het struktuur
1 Timoteus 2: 1-7 Gister het ons gekyk na die doel van ’n geloofsgemeenskap, maar soos met alle dinge, is daar maar reëls om orde te handhaaf. Paulus verduidelik aan Timoteus wat die doel van ’n gemeente behels, ook hoe elke gemeente haar as gemeente van God moet...
Sondag 17 Augustus – Die doel van ’n ware geloofsgemeenskap
Romeine 12: 9-13 Wat is ’n ware geloofsgemeenskap? Ons lees aan die einde van die Nagmaalformulier dat die gemeenskap van gelowiges sigbaar word wanneer ons van die brood eet en die wyn drink. Dit beeld simbolies uit dat ons elkeen deel het aan die brood en wyn, en so...