Dinsdag 9 Desember – Jou God is Koning
Jesaja 52: 7-12; Lukas 2: 8-14
Dit is wonderlik om weer die ou verhaal te hoor, die ou liedere te sing, en te hoor hoe die engel ons kom verseker van die vrede van God wat hierdie Kindjie bring. En tog is dit nie altyd maklik nie. Hoe praat jy oor vrede op aarde, terwyl ons weet dat daar in ons land en wêreld daagliks stories van geweld en onreg is? Hoe sing jy van vrede op aarde terwyl die ekonomie, politiek en onsekerhede mense ontwrig? Hoe kry jy dit reg om jou te verwonder aan wat die lied noem ons grootste Kersgeskenk is?
Dit is natuurlik nie ’n nuwe probleem nie. Jy lees baie kere daarvan in die Bybel ook. Soos die Jode hier in Jesaja 52. Alles waarin die Jode vas geglo het, het ineengestort. Hulle is God se volk, maar nou? Nou lê alles verwoes en verlate. Daar is niks oor van Jerusalem en die tempel nie.
Dan stuur God sy profeet na hulle toe. Luister! Hoor die voetstappe van een wat jou kom verseker dat God jou nie vergeet het nie, wat vir jou die goeie nuus bring dat God steeds in beheer is. Luister mooi as die stem vir jou kom sê dat hierdie gebrokenheid om ons nie die laaste woord sal hê in ons wêreld nie. Die puinhope wat eens Jerusalem was, en die onsekerhede wat ons ervaar, sal nie die laaste woord hê nie.
Want daar was ’n nag – ’n nag toe die engele op die velde buite Jerusalem gesing het. Daar was ’n engel wat kom vertel het van vrede op aarde, omdat God in mense ’n welbehae het, en van ’n Kersgeskenk in die krip wat ons vir ewig vry kom maak. En dit is waarin die wonder van Kersfees lê. Sing saam, ten spyte van al die onsekerhede waarin ons lewe. Wéét dat ons God Koning is! Weet dat hierdie Babatjie in die krip die sleutel is waarmee God die toekoms vir my en jou kom oopsluit.
Ds Frikkie van Wyk, Montana-Oos
Dinsdag 17 Junie – God die Seun: Die een wat die boekrol kan oopmaak!
Openbaring 5: 1-14 Aan die begin van hoofstuk 5 word die rustige toneel van hoofstuk 4 versteur. Ons sien God die Vader met ’n boekrol in sy hand. Die boekrol is voor en agter vol geskryf. Dit is met sewe seëls goed verseël. ’n Engel met ’n harde stem roep en vra of...
Maandag 16 Junie – God die Vader: Die een op die troon
Openbaring 4: 1-11 Daar is soveel materiaal en insigte oor die Drie-enige God in die laaste boek van die Bybel. Openbaring is ’n unieke boek, of brief. Die briefvorm kom die duidelikste in hoofstukke 3 en 4 aan die lig. Briewe aan die sewe gemeentes van Klein-Asië was...
Sondag 15 Junie (Drie-eenheidsondag) – Drie-eenheidsondag
Openbaring 1: 1-6 Die Drie-eenheid van God is een van die moeilikste leerstellings om te verduidelik. Hoe kan God gelyk een en drie wees? Die Drie-eenheid is ’n konsep wat onmoontlik is vir enige menslike wese om volledig te verstaan, om nie eens te praat van...
Saterdag 14 Junie – Vrede vir julle!
Johannes 20: 19-23 Ons lewe in hierdie gebroke wêreld waar daar altyd hartseer en onregverdigheid sal wees. Daar is ouers wie se kinders in motorongelukke sterf, daar is geliefdes wat koelbloedig doodgeskiet word, daar is gesinsmoorde, armoede, werkloosheid, honger,...
Vrydag 13 Junie – Die Heilige Gees is die Heer en die Lewendmaker
Esegiël 37: 1-14 Deur die Gees van die Here in besit geneem, sien die profeet Esegiël ’n skrikwekkende toneel in die gedeelte wat ons gelees het. ’n Vallei vol doodsbeendere, menslike doodsbeendere. Daar is baie bene van verskillende mense en hulle is baie droog. Die...
Donderdag 12 Junie – Die Heilige Gees pleit vir ons in ons plek by die Vader
Romeine 8: 18-30 Dalk het jy al in jou lewe ’n punt bereik waar jy besef en besluit het nou weet jy nie meer hoe verder nie. Of om dit meer presies te sê: Nou weet ek nie meer waarvoor om te bid nie. Dit gebeur met geliefdes langs ’n siekbed of sterfbed waar daar ’n...