Sondag 19 Julie – Pinkstertyd – Koninkrykstyd!

Handelinge 2: 1-13

Ons is tans in die Pinkstertyd! Die woord pinkster is afgelei van die Griekse woord pentekoste wat letterlik vyftigste dag beteken.

Pinkster word sedert die 3de eeu as ’n Christelike fees gevier en is gegrond op die Joodse tradisie van die Wekefees (Hebreeus: Sjavuot), wat vyftig dae na die Pasgafees (Hebreeus: Pesach) gevier word. Sjavuot beteken letterlik weke en verwys na die sewe weke na die Pesach-fees, wat op die vyftigste dag voltooi is. Pinkstersondag vind vyftig dae na die opstanding van Jesus Christus plaas of dan tien dae na sy hemelvaart.

Ons lees in Handelinge 2 dat die Gees op die dissipels tydens Pinksterfees gekom het. Die mense het die geluid van ’n stormwind gehoor en gesien hoe tonge soos vuur op die gelowiges gekom het. Die dissipels wat aan die treur was oor Jesus se weggaan, is op daardie dag vervul met blydskap en het dadelik begin om die nuus van Jesus se opstanding in die wêreld in te dra. Na aanleiding van Petrus se preek op daardie dag is ’n groot oes vir die koninkryk ingesamel. Omtrent 300 mense is op daardie dag gedoop.

Waar mense die Gees van God ontvang, kom daar ’n verandering van hart wat uitspeel in ’n verandering in lewe. Wanneer ’n mens die Gees van God ontvang hoef dit nie altyd ’n ekstatiese, betowerende, oorweldigende gebeurtenis te wees nie. Wat Pinkster egter wel sê, is dat die resultaat van die ontvangs van die Gees in die mens se lewe oorweldigende en ongelooflike resultate behoort te hê soos dit in die lewens van die dissipels gehad het.

Die Pinkstertyd is daarom tradisioneel ’n tyd van geestelike vernuwing. ’n Tyd van suiwering, ’n tyd vir selfrefleksie, ’n tyd van soeke na die Heilige Gees.

’n Uittreksel uit ’n gedig van Ruben Venter lees:

Soos tonge van vuur het Sy Gees van bo

op sy dissipels gedaal sodat ander ook kan glo.

Die ou mens, klipharde hard en selfsugtig gesentreer

Het gesterf en dra nou heilsaam vrug tot Sy eer

Mag jy God in hierdie Pinkstertyd 2026 soek en ontmoet.

Ds Lydia Miller, Villiers

Maandag 26 Januarie – Laat u koninkryk kom

Matteus 6: 5-14 Die volgende bede van die Onse Vader wat ons gaan behandel is die gebede: Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied (Matt 6: 10, AFR2020). Ons het gesê dat as ons dink aan gebed ons moet dink aan ’n selfoon. Hoe ’n selfoon gelaai moet word om te kan...

read more

Saterdag 24 Januarie – Steeds is daar geen einde nie

Matteus 8: 5-13 (AFR2020) God werk nie net in Suid-Afrika nie. Gister het ons gesien selfs in Aram een van Israel se aartsvyande gebruik Hy ’n Israelitiese dogter. Matteus vertel weer vandag van Jesus wat in Kapernaum besig was. Daar is eintlik drie verhale waar Jesus...

read more

Vrydag 23 Januarie – Moenie twyfel aan sy liefde nie

2 Konings 5: 9-15 (AFR2020) God werk nie net binne die grense van die gemeente waaraan ons behoort nie. Hy is orals teenwoordig. Selfs in Aram, een van Israel se tradisionele vyande, is Hy werksaam. ’n Israelitiese dogter wat slagoffer van een van die Aramese...

read more

Woensdag 21 Januarie – God se liefde het nie brieke nie

Johannes 4: 5-42 (AFR2020) Jesus, ’n Joodse man in Samaria, is moeg en dors. Sy dilemma: Hy het géén skepding vir drinkwater byderhand nie. Jesus is egter die bron van Lewende Water. Die Samaritaanse vrou is tuis. Sy het ’n skepding en het dus toegang tot die water...

read more