Sondag 12 Julie– Gees van God wat in my woon

Handelinge 2: 1-24 en 32-36

Petrus verduidelik aan die omstanders dat wat hier gebeur het die werk van die Heilige Gees is en nie dronkenskap is nie. Dit is sigbaar in verskeie elemente. Vuur, wind of harde geluide was geassosieer met God se teenwoordigheid. Die Pinkstergebeure herinner ’n mens aan die woestyntyd van Israel waar hulle by die Sinai-berg God se wet ontvang het. Daar was ook vuur en ’n harde geluid betrokke om God se teenwoordigheid bekend te maak. Die ontvangs van die tien gebooie was ’n baie belangrike gebeurtenis in Jode se geloofslewens en geloofsgeskiedenis. En hier, ’n hele paar eeue later, gebeur iets soortgelyk. G’n wonder die Jode het saamgedrom om te kyk wat aangaan nie.

Daar is egter ’n verskil tussen hierdie gebeurtenis en die gebeurtenis by Sinai. By Sinai was God bo-op die berg en Moses was die boodskapper tussen God en sy volk. Daar was ’n duidelike skeiding tussen God en mens. Om in verhouding te wees met God moes mense die wette nakom, maar hulle het gesukkel. Boonop was God se teenwoordigheid gevaarlik. Die volk kon vanweë God se heerlikheid nie sy aangesig of teenwoordigheid aanskou nie. Op Pinkster in Jerusalem het daar egter ’n verandering gekom. God het neergedaal tot die gelowiges. Die skeiding tussen God en mense is nou oorbrug. Noudat Jesus Christus die dood oorwin het, is ’n nabye verhouding met God moontlik. Hy is die Een wat na ons uitreik omdat ons menslikheid ons verhoed om ons tot Hom te keer. Hierdie is wonderlike nuus dat die Almagtige God op dié manier verseker dat ons ’n lewende verhouding met Hom kan hê!

Voor die Pinkstergebeure het die Heilige Gees net in sekere mense gewerk waar hulle dan iets groot of belangrik gedoen het, soos Simson in die Ou Testament. Noudat die skeiding oorbrug is, is alle gelowiges gevul met die Heilige Gees! In hierdie tyd waar ons die werking van die Heilige Gees herdenk, is ons dankbaar dat God in en deur elkeen van ons werk. Wat ’n voorreg!

Ds Waldo Pretorius, Ventersdorp

Maandag 15 Desember – Afwagting vra geduldige volharding

Jakobus 5: 7-10 Ongeduld is deel van die mens se lewe. Om te wag, kalm te bly en gemaklik te wees met tyd wat verby gaan, is moeilik. Geduldig wag is nie iets wat ons ken nie. Ons is haastig, wil onmiddellik reaksie hê, raak ontsteld as iemand te lank neem om ons te...

read more

Saterdag 13 Desember – Dit gaan sleg met God se mense

Jesaja 62: 1-12 Dalk kom dit vir jou as ’n bietjie van ’n skok as jy hier lees dat dit sleg gaan met God se mense. Mense raak nie siek omdat hulle groter sondaars is as ander nie. Hulle kom nie ongelukke oor omdat hulle swakker gelowiges is nie. Die waarheid is: Ook...

read more

Donderdag 11 Desember – Leef in vreugde terwyl jy wag

Filippense 4: 2-9 Filippense 4 is waarskynlik een van die bekendste en mooiste tekste in die Bybel wat handel oor blydskap. Dit is tog jammer dat spanning binne die gemeente hierdie vreugde en blydskap steel. Euodia en Sintige is in onvrede met mekaar. Daarom vermaan...

read more