Donderdag 29 Januarie – Vergewe ons skulde net soos wat ons skuldenaars vergewe
Efesiërs 4: 30; 5: 2
Die volgende bede van die Onse Vader wat ons gaan behandel is die gebede: En vergeef ons ons skulde, soos ook ons hulle vergewe wat teenoor ons skuldig staan (Matt 6: 12, AFR2020). Ons het gesê dat as ons dink aan gebed ons moet dink aan ’n selfoon. ’n Selfoon moet ingeprop en gelaai word om te kan werk. So ook moet ons as mense gelaai word om die werk wat ons hier op aarde moet doen te kan verrig. Ons word gelaai deur gebed.
In hierdie bede vra ons dat die Here ons eie sondes sal vergewe, maar die vergifnis wat ons medemens verskuldig is word as vanselfsprekend aanvaar. Tog weet ons dat dit nie so vanselfsprekend is nie. Vergifnis is een van die moeilikste opdragte wat die Here Jesus ons oplê.
Die sleutel tot vergifnis vind ons in Efesërs 5: 2: Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as ’n offergawe gegee. Die besef dat Christus uit liefde vir ons sondes gesterf het, motiveer ons om ander ook te vergewe. Ons besef dat ons nie vergifnis werd is nie, maar dit nogtans uit genade ontvang het. Dit motiveer ons om die persoon wat voor ons staan, ’n sondaar net soos ons, met daardie selfde genade en vergifnis te hanteer.
Maar vergifnis is vreesaanjaend. Wat as die persoons ons weer teleurstel of seermaak? Gelukkig het ons die versekering dat ons ’n Vader in die Hemel het wat vir sy kinders wil sorg, wat ons sal beskerm en sal dra wanneer ons hierdie groot geloofsprong maak.
Wanneer ons dus bid: En vergeef ons ons skulde, soos ook ons hulle vergewe wat teenoor ons skuldig staan, bid ons eerder: Here herlaai my batterye, maak my geloof sterk om ander te kan sien soos wat U my sien. Om ander te sien as ’n sondaarmens wat vergifnis werd is. Amen.
Ds Willem Dreyer, Groot Marico
Maandag 23 Junie – Getuienis teen die wêreld
Johannes 16: 7-15 Nadat Jesus sy weggaan vir die dissipels aankondig, verduidelik Hy die rede daarvoor. Dit moet gebeur sodat die Heilige Gees uitgestort word. Die gelowige word deur die Heilige Gees in die verlossingswerk van Jesus Christus ingetrek, of anders...
Sondag 22 Junie – Die Trooster
Johannes 16: 7-15 Afskeid neem is meestal nie maklik nie. Veral wanneer onsekerheid die pad vorentoe versluier. Hierdie onsekerheid wek vrae: Wat wag vir ons? Waarheen is ons op pad? Hoe gaan ons sonder mekaar oor die weg kom? Sulke vrae woel in ons gees en gemoed....
Saterdag 21 Junie – God die Heilige Gees neem die boodskap van God na die uithoeke van die wêreld
Openbaring 1: 4; 3: 1; 4: 5; 5: 6 Ons reis met die Drie-enige God in Openbaring was ’n moeilike en soms onduidelike reis met onbekende plekke en simboliese taal. Vandag staan ons vir ’n kort rukkie stil by wat Openbaring vir ons van die Heilige Gees leer. Die...
Vrydag 20 Junie – God die Seun: Die lewende Heer, wat tussen die kandelare staan
Openbaring 1: 12; 2: 1; 3: 19 Openbaring praat op verskillende manier uitgebreid oor die Seun van God. Vandag leer ons dat Jesus ná sy hemelvaart nie weg is nie. Sy Naam is Immanuel en Hy beloof om vir ewig by ons te wees (Ef 4: 10). In Openbaring 1 en 2 word hierdie...
Donderdag 19 Junie – God die Seun: Die geloofwaardige Getuie
Openbaring 1: 1-5; 3: 14; 12: 11; 22: 6 Openbaring noem God die Seun die Geloofwaardige Getuie, die Ware Getuie, en elders bloot net Getuie. Dit is uniek aan Openbaring. In hoofstukke 2 en 3 leer ons wat God van die kerk verwag: getuienis. Johannes noem God die Seun...
Woensdag 18 Junie – God die Seun: Die Leeu en die Lam
Openbaring 5: 1-14 Openbaring is vol openbarings oor hoe die Seun van God lyk. Een van die Openbaring se groot verrassings is om te leer dat die Seun van God in werklikheid die Leeu en die Lam is. Dit is bykans onbegryplik. Terwyl Johannes nog huil oor geen mens die...