Dinsdag 6 Januarie (Epifanie – Verskyningsfees) – Die skepping bring ons tot verwondering
Psalm 8: 1-10
Hier is iemand aan die woord wat baie duidelik nog homself aan die skepping kan verwonder. Ons wonder dadelik hoeveel van hierdie verwondering nog by ons leef. Ons samelewing het in ’n groot mate verwonderingsarm geword. Ons programme is vol, ons is altyd haastig en het daarby geleer om krities te wees. Sy verskyning in ons wêreld en ook in die natuur laat ons selde meer oopmond en blinkoog onder God se sterrehemel staan.
Die digter van Psalm 8 sit heel waarskynlik op die plat dak van sy nederige huisie iewers in Palestina. Bokant hom is daar ’n duisend miljoen Melkwegstelsels. Vir die digter is dit nie bloot net ’n skitterende speldepatroon nie, maar hy herken dit as die vingerafdrukke van God, die werk van sy vingers.
Hy verwonder hom verder oor God se skepsels, in besonder die mens. Dan verruil die digter sy teleskoop vir ’n mikroskoop. Hy kyk nie net bo nie, hy kyk ook na binne en sy verwondering groei steeds. Die dieptepunt van sy verwondering oor God is egter oor sy optrede teenoor die mens. Toe ons ons hoë roeping as mense gefaal het. Toe ons klaaglik daarin misluk het. Toe ons in sonde as sy skepsels van Hom weggedraai het. Toe het God ons herskep.
Die hart van die psalm is dat dit nie die grotes en magtiges wat goed genoeg is om die grote en magtige God te prys nie. Dis ’n gawe wat aan kinders en suigelinge gegee word. Sommige uitleggers sien in laasgenoemde beskrywing nie werklike kinders nie, maar eerder die volk Israel wat in ballingskap is.
Gestroop van alle aardse sekerhede, gebroke en verstote, wat aan die einde van hul kragte gekom het. Dit is juis sulke mense, wat weet hoeveel die Here vir hulle doen, wat hulle oor God se grootheid kan verwonder.
Gebed
Here, ons verwonder ons aan u handewerk, maar meer as dit aan u genade vir ons as wat dikwels faal in die taak wat U aan ons opdra.
Dr Gerhard Nel, Horison Roodepoort
Dinsdag 16 Desember – Bekering! Ernstig en dringend
Lukas 3: 7-18 Vandag se teks nooi ons uit om te dink oor die waarde van ’n nuwe lewe deur ons verbintenis aan God. Die enigste manier om die oordeel wat kom vry te spring, is om die nuwe lewe in God aan te gryp. ’n Lewe wat getuig van God se regering en koningskap....
Maandag 15 Desember – Afwagting vra geduldige volharding
Jakobus 5: 7-10 Ongeduld is deel van die mens se lewe. Om te wag, kalm te bly en gemaklik te wees met tyd wat verby gaan, is moeilik. Geduldig wag is nie iets wat ons ken nie. Ons is haastig, wil onmiddellik reaksie hê, raak ontsteld as iemand te lank neem om ons te...
Sondag 14 Desember (Derde Adventsondag/Gelofteviering) – Sy koms bring blydskap
Jesaja 61: 1-4 en 8-11 Op die derde Sondag van Advent word die Adventkers, wat vreugde of blydskap simboliseer, aangesteek. Die koms van Christus wek inderdaad blydskap en opgewondenheid by ons en vra vir uitbundige lofprysing ten spyte van ’n gebroke wêreld. Jesaja...
Saterdag 13 Desember – Dit gaan sleg met God se mense
Jesaja 62: 1-12 Dalk kom dit vir jou as ’n bietjie van ’n skok as jy hier lees dat dit sleg gaan met God se mense. Mense raak nie siek omdat hulle groter sondaars is as ander nie. Hulle kom nie ongelukke oor omdat hulle swakker gelowiges is nie. Die waarheid is: Ook...
Vrydag 12 Desember – Watter geskenke gee ons hierdie Kersfees vir mekaar?
Filippense 1: 3-11 Die kenmerk van ’n gesonde gesin met geloofswaardes is dat so ’n gesin se lewenswandel met die evangelie van Christus ooreenstem. Dit is waartoe Advent die kerk van Christus oproep: om uit dankbaarheid vir wat Christus gedoen het, eensgesind te...
Donderdag 11 Desember – Leef in vreugde terwyl jy wag
Filippense 4: 2-9 Filippense 4 is waarskynlik een van die bekendste en mooiste tekste in die Bybel wat handel oor blydskap. Dit is tog jammer dat spanning binne die gemeente hierdie vreugde en blydskap steel. Euodia en Sintige is in onvrede met mekaar. Daarom vermaan...