Vrydag 3 Julie – Gedeelde spasie

Hebreërs 9: 1-14; 10: 19-22

Die tabernakel en die tempel was die plek waar die Jode verstaan het God se teenwoordigheid is. In die allerheiligste van die tempel was daar kunstige uitbeeldings van bome, vrugte en water wat heenwys na die tuin van Eden. Eden was die plek waar God en die mens saam gewandel het voor daar verwydering tussen ons en God gekom het. In Eden was God se spasie en die mens se spasie een. Daar kom toe verwydering deur die sondeval tussen God se spasie en die mens se spasie. Die tent van ontmoeting/tabernakel en later die tempel was die plek waar God se spasie en die mense se spasie kon oorvleuel wanneer die mens in die verbondsverhouding die gebooie volg en ook die offers vir hul sondes bring. Die mens kon daar in die tempel met God rekonsilieer en die verhouding herstel. Hierdie tempelruimte het vorentoe gewys na die hoop in ’n tyd waar die verhouding tussen God en mens weer volkome herstel sou wees en waar God se spasie en die mens se spasie weer een sou word.

Toe deurbreek God se spasie die mens se spasie deur sy Seun wat mens word. Jesus word God se spasie (heilige spasie) binne die mens se spasie. Jesus word die tempel. Hy sê by sy verhoor dat Hy hulle gaan wys hoe Hy die tempel in drie dae afbreek en weer opbou. Hyself is die finale offer. Nou met sy Gees wat in die gelowige woon, word die gelowige die tempel, die plek waar God se spasie met die mens se spasie oorvleuel. Die plek waar die verhouding tussen God en die mens herstel is deur die eenheid van die mens in geloof met Christus en die Heilige Gees wat die dinge van die ewigheid in ons bewerk.

Die Gees van God woon in sy kerk as ’n kollektief. Ons is die liggaam van Christus. Die gelowiges, nie die gebou nie, die mense is die ruimte waar God se spasie en die mens se spasie oorvleuel.

Ds Aniena Jansen van Rensburg, Leeudoringstad

Saterdag 18 Oktober – Kennis van God verander die wêreld

Handelinge 4: 1-22 Hier ontmoet ons twee eenvoudige vissers met geen geleerdheid wat groot opslae veroorsaak in Jerusalem. Eers het hulle een nag te midde van geweldige rukwinde en vuurtonge, in al die tale van die mense in Jerusalem gepraat. Daardie nag raak hulle...

read more

Vrydag 17 Oktober – Jesus is die opgestane Heer

Handelinge 2 Regdeur Jesus se bediening duik die vraag op: Wie is hierdie Jesus? Ons ken Petrus se antwoord toe Jesus vir sy dissipels gevra het: Maar julle, wie, sê julle, is Ek? (Matt 16: 15). Petrus antwoord: U is die Christus, die Seun van die lewende God. Ons...

read more

Donderdag 16 Oktober – Die regte fondament vir jou lewe

Matteus 7: 24-29 Wat interessant is van die huis wat op die sand gebou is, is dat die woord wat in die oorsponklike taal gebruik is, vertaal kan word met ’n droë rivierloop. Dit wil sê, die dwase mens gaan bou sy huis op sand in ’n droë rivierloop. Wanneer die storm...

read more