Vrydag 26 Junie – Vertrou die Gees

Johannes 16:  5-15

Ons leer regdeur die Bybel dat ons God mag vertrou. Ons vertrou God die Vader wat die heelal geskep het, wat sy volk laat vorm het. God wat sy volk, wat in Egipte slawe was, uit Egipte laat trek het en gebring het na hul eie land.

Ons vertrou Jesus wat vir ons gebore is. Die Christus wat vir ons sondes gesterf het en wat opgestaan het. Ons vertrou die Here sal weer kom.

Net so kan ons die Heilige Gees vertrou wat aan ons gegee is. Die Gees van die waarheid wat in ons woon en werk.

In die gedeelte wat ons saam gelees het, begin die Here Jesus om die dissipels voor te berei om te besef dat Hy nie altyd by hulle gaan wees nie. Die Here verduidelik dat wanneer Hy weggaan, sal Hy die Heilige Gees na hulle stuur.

Net soos wat die dissipels Jesus vertrou dat Hy die Gees na hulle sou stuur net so kan hulle die Heilige Gees vertrou.

Die Here leer die dissipels verder dat die Heilige Gees ook die Waarheid is en hulle in die waarheid sal lei. Die Gees van God werk nie op Sy eie nie, maar werk in verhouding met God die Vader en God die Seun.

Dit is duidelik vanuit die gedeelte dat die Vader, die Seun en die Heilige Gees saam werk. God se Raadsplan word deur elkeen uitgeleef. Jesus vertrou die Gees van God volkome om sy werk uit te leef.

Ook ek en u kan vandag die Heilige Gees vertrou. Wanneer ons in verhouding met God leef, beleef ons elke dag die werking van sy Gees in ons lewens. Ons beleef hoe die Gees saam met God maar ook saam met ons leef. 

Gebed

Here dankie dat U aan my, my lewe gegee het. Help my asseblief dat ek U elke dag meer en meer mag vertrou. Amen. 

Ds Michael A Müller, Potchefstroom-Studente

Vrydag 5 September – Nuwe lewe in die woestyn

Genesis 16: 1-16 Hagar is ’n swanger meisie in die woestyn. Haar jong en ongelukkige lewe is op ’n absolute laagtepunt. Haar lewensgeskiedenis tot op hierdie punt lees soos ’n nagmerrie: As jong, waarskynlik tienermeisie, deur haar Egiptiese ouers aan die vermoënde...

read more

Woensdag 3 September – Die krag van behalwe

2 Konings 4: 1-7 Die vrou is in die slegste moontlike posisie vir ’n vrou in die Ou Nabye Oosterse wêreld. ’n Weduwee wat op die punt staan om haar twee seuns as slawe aan skuldeisers af te staan. Sy bekla haar lot by die profeet Elisa. In die gebeure wat volg, Iê die...

read more

Maandag 1 September – Maak klaar, God wil iets nuuts doen

1 Konings 19: 19-21 Terwyl die jong Elisa besig is om te ploeg met twaalf spanne van twee, kom Elia by hom en gooi sy mantel oor Elisa. Elia dra sy rol en amp as profeet op Elisa oor. Nou wag daar ’n nuwe uitdaging. Maar eers moet Elisa afhandel en klaarmaak met dit...

read more