Donderdag 25 Junie – Beleef die Gees
Handelinge 11: 19-30
Reg deur die Bybel kan ons keer op keer die werking van die Gees van God beleef. Die Gees van God versterk mense, lei mense en ondersteun mense. Mense kom tot geloof deur die kragtige invloed van die Heilige Gees.
Hierdie gedeelte wat ons saam gelees het begin deur te vertel van die vervolging van die vroeë gelowiges. Stefanus is gestenig weens sy geloof. Hierna beleef die vroeë gelowiges drukkende vervolging. Hulle beleef die hardheid en die wreedheid van hierdie wêreld. Die vroeë gelowiges word uitmekaar gejaag.
Van hierdie vlugtende gelowiges kom in Antiogië aan en beleef die werking van die Heilige Gees. Daar kom mense tot geloof en vorm ’n gelowige gemeenskap. Die gelowiges dien die Here met oorgawe. Vers 26 vertel vir ons dat hier in Antiogië is die gelowiges vir die eerste keer Christene genoem.
Barnabas word na Antiogië gestuur en werk voluit saam met hierdie gelowiges. Daar word aan ons gedeel dat hy vol van die Heilige Gees was. Barnabas het nie net in die gemeente nie, maar ook in sy eie lewe die werking van die Gees beleef.
Wanneer ons lees van die eerste gelowiges en die werk wat hulle gedoen het, beleef ons die duidelike werking van die Heilige Gees. Die Gees van God het saam met die gelowiges gewerk. Die Gees het die ore en die harte van de mense bereik en duisende mense het tot bekering gekom.
Selfs waar die vroeë gelowiges uitdagings beleef het, het hulle soveel te meer die werking van die Heilige Gees beleef.
Ons as gelowiges beleef ook die uitdagings van die wêreld. Ons beleef ook tye van nood, tye van druk en selfs tye hartseer. Maar soos die vroeë gelowiges het ook ons die voorreg om die Heilige Gees te beleef. Ons kan elke dag beleef dat ons God deur sy Gees in en deur ons werk.
Gebed
Here laat my asseblief elke dag die kragtige werking en leiding van u Gees beleef en laat my leef vervul met u Gees. Amen.
Ds Michael A Müller, Potchefstroom-Studente
Sondag 31 Augustus – As’t ware teruggebring uit die dood
Hebreërs 13: 20-25 Ons herdenk tans God se werk in die skepping. In sowel die Ou as die Nuwe Testament word skepping en herskepping verbind. Ons gaan vervolgens teksgedeeltes gebruik waar aspekte van ’n nuwe lewe of ’n oorbegin beskryf word, en besin oor hoe die...
Saterdag 30 Augustus – Wat gee jou hoop?
Jesaja 35: 1-10 Jesaja 35 voel so uit plek uit hier waar Jesaja 34 nog praat van die vernietiging van Edom. Dis die werklikheid van mense wat God verwerp en geen agting of aanbidding vir Hom het nie. Soos voorheen in Jesaja, is God se oordeel nie die laaste woorde wat...
Vrydag 29 Augustus – Die geleentheid/verleentheid van geloof
Handelinge 17: 22-35 ’n Mens verwag amper dat die eerste Christene, waaronder Paulus, die Christelike boodskap sou aanpas om dit moontlik te maak dat die Romeine kan glo. Dalk sou hulle die sogenaamde skerp kante van die Jesus-gebeure wegskaaf om dit vir die Romeine...
Donderdag 28 Augustus – Hoop kyk terug voordat dit vorentoe beweeg
Sagaria 9: 9-12 In Sagaria 9 kom die koning nederig en op die rug van ’n donkie as oorwinnaar na die volk toe. Die koning kies spesifiek vir die donkie. Hierdie koning kies teen die mag van die perd, strydwa, pyl en boog. Hy is ’n vredeskoning. Hy verbreek die ellende...
Woensdag 27 Augustus – Is die gejaag die moeite werd?
Lukas 12: 13-21 Hierdie boer het ’n groot probleem – sy houding is verkeerd. Dit gaan vir hom oor die ek wat dit en dat sal doen, die ek wat sal afbreek, die ek wat sal opgaar en die ek wat vir myself sal sê dit gaan goed want ek besit baie dinge. Dit gaan vir die...
Dinsdag 26 Augustus – Jy leef wat binne jou is, nie rondom jou nie
Efesiërs 5: 6-20 Paulus praat oor hoe ons moet leef. In die eerste gedeelte van die brief vertel hy wie gelowiges ís in Christus. In die tweede deel van die brief, waaruit ons teks kom, praat hy oor hoe ons moet leef. Die brief begin by ons identiteit, en gaan dan...