Dinsdag 23 Junie – Ken die Gees
Galasiërs 5: 13-26
Wanneer ons die Heilige Gees ontmoet en ontvang, beleef ons die werking van die Gees van God in ons lewens. Nou is dit tyd om die Gees van God te leer ken. Ons sal die Gees van God nooit ten volle kan ken nie, maar elke dag wat ons in verhouding met die Gees leef en werk, sal ons die Gees beter kan leer ken.
Deur die woord van God leer ons die Here ken. Ons leer ook deur die lees van die Woord van God die Gees van God ken. Wanneer ons die Woord van die Here lees, leer ons van die verskillende mense en hoe hulle die werking van die Gees beleef het. Ons leer deur die gebeure in die mense se lewens hoe God in hul lewens gewerk het deur sy Gees en deur hulle tot ander gewerk het.
In Galasiërs leer ons die Gees van God ken deur die vrug van die Gees uit te leef. Wanneer die Gees van God in ons leef en werk sal die vrug van Hom wat in ons leef en werk duidelik sigbaar wees.
Hierdie vrug word dikwels verwoord as verskillende vrugte. Die gedagte vorm dat ons as gelowiges ’n keuse het rakende watter vrugte van die Gees ons wil uitleef en watter vrugte nie in ons lewens plek het nie.
Wanneer ons in diepte fokus op die woorde in Galasiërs sien ons dat een vrug beskryf word. Hierdie vrug kan vergelyk word met ’n nartjie. Een vrug met verskillende dele of dan ook skywe.
Ons leer die Gees van God ken deur te fokus op elkeen van die skywe van die vrug wat in Galasiërs aan ons genoem word naamlik: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid, selfbeheersing.
Laat ons as gelowiges die volledige vrug van die Gees leer ken en uitleef in hierdie honger wêreld.
Gebed
Here help my om elke dag bietjie meer van u Gees te leer ken. Help my om nader aan U te leef. Gee dat ander die vrug van u Gees in my en deur my lewe kan sien. Amen.
Ds Michael A Müller, Potchefstroom-Studente
Dinsdag 19 Augustus – ’n Geloofsgemeenskap gaan oor ander
Filippense 2: 1-11 Die eie ek is ’n groot siekte in die mensdom van vandag se leefwyse. Dit maak dat ’n mens nie meer omgee vir ander mense se belange en behoeftes nie. Alles moet tot my eie voordeel en belang wees, en dit pla my nie meer as iemand uitgebuit word nie....
Maandag 18 Augustus – ’n Geloofsgemeenskap het struktuur
1 Timoteus 2: 1-7 Gister het ons gekyk na die doel van ’n geloofsgemeenskap, maar soos met alle dinge, is daar maar reëls om orde te handhaaf. Paulus verduidelik aan Timoteus wat die doel van ’n gemeente behels, ook hoe elke gemeente haar as gemeente van God moet...
Sondag 17 Augustus – Die doel van ’n ware geloofsgemeenskap
Romeine 12: 9-13 Wat is ’n ware geloofsgemeenskap? Ons lees aan die einde van die Nagmaalformulier dat die gemeenskap van gelowiges sigbaar word wanneer ons van die brood eet en die wyn drink. Dit beeld simbolies uit dat ons elkeen deel het aan die brood en wyn, en so...
Saterdag 16 Augustus – Lê julle toe op die beste genadegawes
1 Korintiërs 12: 12-32 Paulus reageer op die selfgesentreerdheid van sekere Christene deur vir hulle op die nuutmakende werk van die Heilige Gees te wys. Die Heilige Gees spesialiseer daarin om liggame van voor af aanmekaar te sit, liggame wat uitmekaar geskeur is...
Vrydag 15 Augustus – Ons moet ons stories van hoop deel
Jeremia 29: 11 (Die Boodskap) Baie mense in ons land vra: Is daar hoop? En dit het my laat vra: Wat sien mense as hoop? Betekenisvolle gemeenskappe genereer hoop omdat daar basiese vertrouensverhoudinge tussen mense bestaan. Ons moet vir mekaar hoop gee, ons moet hoop...
Donderdag 14 Augustus – Gaan na al die nasies toe
Romeine 10: 14-15 Seker een van die bekendste skrywers in die Nuwe Testament is Paulus. ’n Man wat ná sy bekering op pad na Damaskus sy hele lewe vir God gegee het. ’n Man wat tydens drie sendingreise gemeentes gestig het, mense na God toe gelei het en deur sy briewe...