Maandag 22 Junie – Ontvang die Gees

Handelinge 2: 1-13

Van die begin van die skepping af ontvang die mens die Gees van God en is die mens gevul met die Gees van God.

Daarom is dit belangrik om te besef dat mense reeds in die Ou Testament die Gees van God ontvang het. So word Josua genoem in Numeri 27: 18. Sommige van die Rigters word genoem onder andere Rigters 14: 6 en ook van die konings, Dawid word in 1 Samuel 16: 13 genoem.

Ons lees vroeg in die evangelies dat nadat Jesus gedoop is, het die Heilige Gees sigbaar op Hom neergekom. So word aan die mense wat dit aanskou het, bevestig dat Jesus die Gees van God ontvang.

In Handelinge 1: 5 en vers 8 sê Jesus aan die dissipels dat ook hulle die Heilige Gees sal ontvang. In Handelinge 2 se eerste verse gebeur dit presies so. Die dissipels ontvang die Heilige Gees.

Dit is opmerklik dat die dissipels nie dieselfde bly nie. Daar kom verandering, verbetering en vernuwing die oomblik wat hulle die Gees van God ontvang.

Vervul met die Heilige Gees is die dissipels toegerus vir die werk wat hulle moet doen. Die groot opdrag om die Blye Boodskap van God aan alle mense te verkondig.

Die Gees van God lei mense en ook ons wat die Gees van God ontvang het om daadwerklik op te tree en die wil van die Here uit te leef.

Dit is ook belangrik om na te dink oor die woorde van vers 13. Daar was steeds mense wat gespot het. Daar was steeds mense wat, alhoewel hulle gesien het, nie geglo het nie. In hierdie wêreld sal daar altyd die wees wat nie glo nie. Deur die werking van die Heilige Gees bly dit voortdurend ons as gelowiges se taak om God se liefde en genade aan elkeen te verkondig en aan hulle te deel.

Gebed

Here dankie dat ook ek u Heilige Gees ontvang het. Dankie dat ek mag leef met die wete dat u Gees in my leef en deur my werk. Amen. 

Ds Michael A Müller, Potchefstroom-Studente

Maandag 11 Augustus – God kom naby ons

Psalm 73: 1-3, 15-28 Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees (vers 28). Daar is een groot geheim van die lewe: om naby God te wees. As jy naby God is, maak jou lewe sin ongeag die omstandighede waarin jy jou bevind. Maar dit is nie so maklik nie;...

read more

Sondag 10 Augustus – Get up, dress up, show up

Efesiërs 6: 10-18 Ons het altyd as studente wanneer ons ’n moeilike vak soos Grieks geskryf het, mooi aangetrek vir die eksamen. Dit klink dalk soos iets dom om te doen, maar wanneer ’n mens in die lewe met iets wat nie baie lekker is nie gekonfronteer word, voel ’n...

read more

Saterdag 9 Augustus – Gevolg

Handelinge 2: 37-47; Efesiërs 6: 10-20 As ons ons gemeentewees, ons kerkwees, só gaan aanpak soos wat ons in die Skrifgedeelte gelees het, kan ek u waarborg, gaan u en ek elkeen God se teenwoordigheid by ons ervaar. Dit beteken nie dat God se teenwoordigheid by ons...

read more

Vrydag 8 Augustus – Alles is nodig

Handelinge 2: 37-47 Dit is ongelukkig so dat verskillende kerke een of twee van die vier elemente partykeer oorbeklemtoon en die ander bietjie eenkant toe skuif. In die Hervormde Kerk was ons soms geneig om die saak van beperkte verkondiging uit te lig as die...

read more