Woensdag 17 Junie –Die vyf broers
Lukas 16: 19-31
Op die Sondae ná Trinitatis konsentreer die Kerk op Jesus se verkondiging, soos sy gelykenisse. Gelowiges verwys na die gelykenis van die ryk man en Lasarus om antwoorde te kry oor hul vrae (nuuskierigheid) aangaande die lewe ná die dood. Kan die gelykenis egter iets aan ons sê oor die lewe vóór die dood? Die gelykenis is ’n waarskuwing aan ons wat voor die aangesig van God lewe.
Drie keer vra die ryk man Abraham om hulp.
Sy versoek dat Lasarus gestuur word om net sy tong af te koel, word geweier. Die deur wat die ryk man en Lasarus op aarde geskei het en die ryk man nooit oopgestoot het om hulp te verleen nie, het nou ’n onoorbrugbare kloof geword.
Sy versoek om Lasarus na sy vyf broers te stuur as waarskuwing teen die pyn word geweier. Die vyf broers het die wet en die profete wat die wil van God bekendmaak.
Sy versoek om Lasarus dan te stuur met die motivering as iemand wat uit die dood na sy broers gaan, word ook afgewys. Op ’n vaderlike wyse weier Abraham elke versoek. Hy spreek die ryk man selfs aan as my kind. Om ’n kind van Abraham te wees is geen waarborg vir redding nie.
Ons fokus gewoonlik op die ryk man en Lasarus, maar wat van die vyf broers? Hulle lewe nog immers. Daar is nog vir hulle tyd om hul oë en harte oop te maak en die woorde van die goeie God te glo wat aan hulle voorskryf hoe om naby aan God te lewe.
Ons het die woorde van die apostels en die profete wat in hoofsaak oor die Christus handel. Ons het selfs Iemand wat uit die dood opgestaan het. Vir baie is hierdie boodskap aangaande die Christus nie aanvaarbaar nie. ’n Meer aanvaarbare boodskap gaan egter nie deur ander mense en bo-natuurlike wesens gebring word nie. Ons word opgeroep om die verkondiging van Gods Woord ter harte te neem. Die oproep het met beide geloof en ons lewenswandel te make.
Ds André Thomas, Oos-Moot
Maandag 14 Julie – Die Gees van waarheid
Johannes 16: 13 (AFR2020) Maar wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die volle waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself praat nie, maar Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die toekomstige dinge aan julle bekend maak. Die Heilige Gees, as die...
Sondag 13 Julie – Die Heilige Gees ons inspirasie
Johannes 14: 26 (AFR2020) Maar die Voorspraak, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle in alles onderrig en julle aan alles herinner wat Ek vir julle gesê het. Jesus belowe die gawe van die Heilige Gees aan sy dissipels. Hy verwys na Hom as...
Saterdag 12 Julie – Kunswerk
2 Korintiërs 4: 5-10 Om te sê iemand het voete van klei, is nie ’n kompliment nie. Die beeld van klei word in verskeie Bybelverhale gebruik, soms positief, soms nie. God skep Adam uit klei – ’n verhaal van lewe. In Jeremia is God die pottebakker en die mens soos klei...
Vrydag 11 Julie – Shalom
Psalm 15 Wie bewustelik in God se nabyheid lewe en deur God aangeraak voel, ervaar ’n heel besondere soort vrede. Die Hebreeuse woord vir vrede, shalom, gaan oor méér as ’n gebrek aan stryd of konflik. Dit dui op ’n diepe vrede, rus na liggaam en siel. Dit is ’n...
Donderdag 10 Julie – Sien jy?
Matteus 14: 22-33; Handelinge 8: 14-25 Nie net jongmense het rolmodelle nodig nie, volwassenes ook. Want ons moet besluit watter soort mens ons wil wees in die lewe. Ook vir die geloofsreis soek ons rolmodelle. Hulle kan gewone mense óf karakters uit die Bybel wees....
Woensdag 9 Julie – Bedaar
Psalm 46 By die Jan Smuts-huis in Centurion, aan die begin van die wandelpad, is ’n gedenkplek gebou. ’n Plek van stilte. ’n Plek vir meditasie. Met ’n dak, pilare en sitplek, die sykante oop na die mooi natuur. Op die gedenksteen die teks uit Psalm 46: Word stil en...