Saterdag 3 Januarie – Voorneme om te ervaar
Hebreërs 4: 11-13 (AFR2020)
Laat ons ons dan beywer om in daardie rus in te gaan, sodat niemand dalk in dieselfde patroon van ongehoorsaamheid verval nie. Want die woord van God is lewend en kragtig, en skerper as enige tweesnydende swaard. Dit dring deur tot by die raakpunt tussen siel en gees, tussen gewrig en murg, en beoordeel die hart se voornemens en gedagtes. Ja, niks wat geskape is, is vir Hom verborge nie, maar alles is oop en bloot voor sy oë, Hom teenoor wie ons ons moet verantwoord (Heb 4: 11-13).
Heer, wanneer ek u stem vandag hoor, laat ek nie my hart verhard nie. Ek rig bewustelik my aandag op wat ek ten diepste ervaar. Hier in die diepte van my bestaan, my wese, word ek baie bewus van God se nabyheid. God sien dwarsdeur my, maar Hy kyk nie verby my nie. Ek beywer my om vandag in my diepste wese die openheid, die oneindige oorvloed van rus in God se teenwoordigheid tyd te spandeer. Hier, teenoor my God, word my swaar gevoelens van die hart sag en die dobberende gedagtes my denke stil. Ek ervaar hier God se (liefde in) oorvloed, en dit maak my stil.
My voorneme om te ervaar is om bewustelik ten diepste teenoor God in rus te wees. Dit is hier waar ek ervaar wat soms van die merk af is. Dit is hier waar ek myself verantwoord teenoor God vir Wie alles van my oop en bloot voor sy oë is. Die deernis wat in my hart leef. Die kreatiwiteit van my wete.
My voorneme om vandag só te ervaar, bring vir my versekering dat ek nie in ’n patroon van ongehoorsaamheid val nie. My Here gee vir my die moed en die krag om vandag in sy weë te wandel.
Gebed
Here, my God, laat U vrede wat my verstand te bowe gaan vandag oor my hart en gedagtes wag hou in Jesus Christus. Laat my met moed en deernis en kreatiwiteit voluit in hierdie dag lewe.
Dr Pierre Jacobs (jr), Gaborone
Dinsdag 25 November – Die laaste flardes van hoop…
Markus 5: 21-43 Hierdie is ’n besige verhaal waar Jesus op pad is om die belangrike raadslid van die sinagoge se dogtertjie te gaan genees. In die skare is daar een wat self genesing so nodig het. Een waarvan niemand weet nie. ’n Desperate vrou wat al 12 jaar lank al...
Maandag 24 November – God ontmoet ons langs die pad van moedeloosheid…
Lukas 24: 13-35 Ons lees die bekende verhaal van die twee manne wat op pad is na die dorpie van Emmaus pas ná Jesus se kruisiging en opstanding. Hulle stap van Jerusalem af en het die Vrydag se kruisiging beleef. Hulle stap terug na Emmaus toe sonder enige hoop – ’n...
Sondag 23 November (Ewigheidsondag) – Moenie net aan die vroeëre dinge dink nie…
Jesaja 43: 16-21 Die verhaal van hoe God vir Israel uit Egipte gered het, was ingeprent in die volksgeheue van Israel. Maar nou is hulle in die woestyn. Hulle word honger en dors. Hulle dink daaraan terug dat God hulle met sy groot krag en magtige dade uit Egipte...
Saterdag 22 November – Blydskap
Filippense 4: 4-7 Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat...
Vrydag 21 November – Vergifnis
Efesiërs 4: 32 Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het. Daar is min dinge wat ons lewens so gevange kan hou soos die gedagte dat ons mense wil vergeld vir wat hulle aan ons, of aan ander gedoen het....
Donderdag 20 November – Vertroue
Lukas 12: 27-28 Kyk hoe groei die lelies: hulle swoeg nie en hulle maak nie klere nie, maar Ek sê vir julle: Selfs Salomo in al sy prag was nie geklee soos een van hulle nie. As God die gras van die veld, wat vandag nog daar is en môre in die vuur gegooi word, só mooi...